Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.28 no.11 (Online Weergawe)

Page 1


Witzenberg

Man (23) aangekla

DIE man (23) wat vir die dood van ‘n 16jarige Wolseley seun verantwoordelik gehou word, moet weer op 1 April in die land-droshof verskyn.

Josua Frans van Montana word aangekla van die mesdood van Runaldo Kruger (16). Daar was blykbaar op Valentynsdag ‘n stryery tussen twee jong mans waarna Frans

vir Runaldo met ‘n mes gesteek het. Runaldo is later op 15 Februarie in die hosp-itaal oorlede.

Die polisie het Frans kort daarna gearresteer waarna hy reeds drie keer in die hof op Wolseley verskyn het.

Hy is op R1 000 borg vrygelaat en moet weer op 1 April in die hof verskyn.

Twee mans sterf na skietery in Nduli

TWEE mans is die naweek op Ceres doodgeskiet.

Die polisie ondersoek die voorval en probeer steeds vasstel wat die motief van die moorde kan wees. Die mans, wie se familie nog nie kennis dra van hulle dood nie, is Saterdagaand omstreeks 22:05 deur onbekende aanvallers in Mnandistraat, Nduli doodgeskiet.

Een van die oorledenes is ‘n paar keer raak geskiet.

Die polisie se ondersoek duur voort en geen verdagtes is nog vasgetrek nie.

Vuurwapen gevind

In ‘n ander onverwante voorval, was polisielede van Ceres en P.A. Hamlet by Ceres Caltex, toe hulle Sondagoggend omstreeks 00:24 ‘n verdagte VW Citi Golf opmerk. Terwyl hulle besig was om met die bestuurder te praat waar hy brandstof ingooi, het een van die insittendes, Zigwebule Sifile (27) van Gouda, uitgespring en weg gehardloop.

Polisiemanne het hom agterna gesit en naby Charlie Hofmyer vasgetrek met ‘n onwettige 9mm vuurwapen in sy besit.

Die ander twee Sotho mans, Nkosikhona Busman (34) en Thabiso Qwane (23), is ook gearresteer. Hulle het Dinsdag 25 Maart vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn.

Die saak is tot 1 April uitgestel.

Die drie mans bly in aanhouding.

‘n MAN (62) wat vir Oslo Fruiters op Ceres gewerk het, is Vrydag dood nadat hy deur twee mans beroof is. Volgens die polisie het die voorval omstreeks 16:40 in Retiefstraat naby Kaap Agri plaasgevind. Die slagoffer het gestap toe hy deur twee mans gekonfronteer en beroof is van sy selfoon. Die een verdagte, ‘n bergslaper wat die polisie reeds vroeg in die week geïdentifiseer het, is Dinsdag 25 Maart by sy blyplek in die berg, vastrek. Die slagoffer is met ‘n mes in die nek gesteek. Beide verdagtes het van die toneel gevlug.

POLISIELEDE van Ceres en P.A. Hamlet was Sondag 23 Maart by Ceres Caltex, toe hulle omstreeks 00:24 ‘n verdagte VW Citi Golf opmerk.’n Insittende het uitgespring en probeer weghardloop.

JOSUA Frans (23).

Ajanda verower silwer by SA kampioenskappe

LAASTEDRIF NGK primêr is ongelooflik trots op Ajanda Nel, wat die Wes-Kaap laerskole atletiekspan verteenwoordig het by die Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskappe wat 20 Maart in Germiston, Gauteng plaasgevind het. Ajanda het ‘n silwer medalje verower in die seuns o/13 verspring. By hom staan sy afrigters, mnre. Domberg en Vergotine. * Almal wat donasies gegee het, word bedank vir hul bydraes.

Mooi Uitsig neem deel aan Goudini sportdag

MOOI Uitsig primêr het Saterdag 15 Maart aan die Hoërskool Goudini sportdag deelgeneem. Hier is die o/11 rugbyspan saam met hul afrigters, Ivor Krotz en A. Muller, afgeneem.

MOOI Uitsig primêr het Saterdag 15 Maart aan die Hoërskool Goudini sportdag deelgeneem. Hier is die o/13 netbalspan met hul afrigters, Melissa Links en Nicole Swarts, afgeneem.

TANNIE Betsie Truter, ‘n inwoner van Huis Maudie Kriel, het Dinsdag 25 Maart haar 100ste verjaarsdag gevier. Tannie Betsie is sedert 1 Mei 2012 ‘n inwoner van Huis Maudie Kriel. Sy is op George gebore en was jare lank ‘n matrone by ‘n ouetehuis op George. Sy het laat getrou en het een dogter, Nelmarie

Thesnaar.

‘n SOMALIESE landsburger en eienaar van ‘n huiswinkel in Bella Vista, Habtanu Getiso (40) het verlede week gesterf na ‘n kop-aan-kop botsing met ‘n vragmotor wat vrugtekratte vervoer het. Die ongeluk het verlede Donderdag 20 Maart omstreeks 20:30 plaasgevind naby die tweede Bella Vista-kruising vanaf Ceres. Die voorste gedeelte van die Mazda is heeltemal opgefrommel en EMS-lede moes ‘n lewenskake gebruik om die bestuurder uit die wrak te haal. Hy het later in Ceres hospitaal aan sy beserings beswyk.

FOTO: Ismails

DIE vragmotorbestuurder het Vrydag 21 Maart omstreeks 10:30 beheer verloor en van die pad gery. Die voorval het in Michellspas plaasgevind. Bestuurder is nie beseer nie.

VERLEDE Donderdag is ‘n minibusbestuurder van Ceres beseer toe hy teen ‘n ligte vragmotor gebots het wat besig was om te draai. Die ongeluk het omstreeks 15:30 plaasgevind terwyl die vragmotor buite P.A. Hamlet by Fase 3 wou indraai. Die taxi het blykbaar ‘n paar voertuie verbygesteek en nie gesien die vragmotor wil draai nie. Die taxi bestuurder is na Ceres hospitaal geneem vir behandeling.

Twee broers en hul vriend weer in die hof

‘n GEWESE Springbok 7’s rugbyspeler, sy broer en hul vriend het Dinsdag weer in die Ceres landdroshof verskyn weens ‘n bakleiery en ‘n messteek-voorval op 7-8 Desember 2024.

Die eerste voorval het blykbaar in ‘n straat naby ‘n nagklub plaasgevind en die ander een by ‘n privaat woning in Ceres middedorp.

Jaiden Baron (27) Jo-Neil Baron (22) van P.A. Hamlet en Burton Zimri (21) van Ceres, het 24 Maart in die Ceres landdroshof verskyn weens ‘n aanval op Ryan Hendricks (24).

Die saak is vir verdere ondersoek en konsultasie met hul regsverteenwoordiger uitgestel na 4 Junie.

Hul borgtog van R2 000 elk, is verleng.

Volgens die polisie het die voorvalle op 78 Desember 2024 in Rooikamp plaasgevind. ‘n Groep vriende het blykbaar vroeër die aand saam in ‘n nagklub gekuier.

Hendricks en Jaiden Baron was nadat hulle weg is by die nagklub, in ‘n argument betrokke wat later in die straat op ‘n bakleiery uitgeloop het.

Volgens die klagstaat het Jaiden Baron vir Hendricks met ‘n sleutel in die gesig gesteek.

Hendriks is na die voorval na ‘n vriend se woning in die middedorp. Jaiden het nabewering sy broer, Jo-Neil, en vriende in Rooikamp gaan haal en na Hendricks begin soek. Hulle is na ‘n woning in Fabriekstraat waar hulle Hendricks na bewering aangerand en

verskeie kere met ‘n mes gesteek het. Hendricks is later na die Ceres hospitaal geneem vir behandeling.

Die polisie het Burton Zimri en Jo-Neil Baron op 8 Desember in hegtenis geneem. Jaiden Baron is vroeg op 9 Desember gearresteer voordat hy later die dag saam met sy broer en Zimri in die hof verskyn het.

Jaiden Baron word aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer asook poging tot moord.

Burton Zimri, ‘n kontrakwerker by ‘n padkontrakteur en Jo-Neil Baron wat by ‘n groot landbou-onderneming werk, word aangekla weens poging tot moord.

JO-NEIL Baron (23).
JAIDEN Baron (27).

THE Western Cape has been in the throes of a sustained fire season, with 32 187 ha of land burned from October 2024 to the end of February 2025. CapeNature-managed reserves have borne the brunt, with nearly 19 000 ha affected, while private lands and mountain catchment areas have also suffered extensive damage. The fire-ravaged Boland Mountain range continues to have the lion’s share of fires, with Limietberg Nature Reserve and Hottentots Holland Nature Reserve particularly hard hit, with 25 fires between the two reserves. Since April 2024, there have been 78 fires recorded, and emergency teams have battled flames across some of the Province’s most ecologically sensitive areas. Although CapeNature has exceeded the number of fires that it had in the 2023/24 fire season, there has been a reduction in overall hectares burnt with 78 000 ha burnt in the previous year. So far, CapeNature has spent over R12 million on combatting and preventing fire.

Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd, Suid Afrika se voorkeur produseerder en bemarker van appel- en peer konsentraat, asook ‘n reeks ander konsentrate en purees, bied die volgende geleentheid by sy fabrieksaanleg in Ceres.

KREDITEURE- / DEBITEURE KLERK

Met rapportering aan die Bestuurder: Finansies sal u verantwoordelik wees vir die verrigting van die krediteure en uitvoer debiteure funksie binne ‘n gerekenariseerde finansiële stelsel.

Die persoon sal verantwoordelik wees vir die volgende sleutelprestasie-areas:

•Rekonsiliasies van krediteure state met die krediteure ouderdom ontleding

•Prosessering van maandelikse krediteure betalings

•Ondersoek van foute en uitklaring m.b.t. krediteure administrasie

•Opvolg van fakture en state vir goedkeuring deur bestuurders

•Ooreenstem van fakture met afleweringsnotas en bestellings

•Verwerking van kredietaansoeke

•Fakturering van uitvoer debiteure

•Opvolg van debiteure betalings

•Prosessering van kredietnotas

•Bystand met jaareind oudit

Om in aanmerking te kom vir hierdie aanstelling moet applikante oor die volgende beskik:

•Graad 12 met Rekeningkunde is ‘n vereiste

•Ten minste 4 jaar toepaslike krediteure ondervinding

•Rekenaarvaardigheid (Microsoft Great Plains, MS Excel, MS Word)

•Toepaslike ondervinding t.o.v. BTW in krediteure afdeling

Stuur asseblief u CV per e-pos aan:

Die Bestuurder: Mense- en Prestasiestelsels

Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd

Posbus 366, CERES, 6835

E-pos: dlintnaar@cfp.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: 11 April 2025

THE Western Cape Department of Health and Wellness is proud to have been a key role-player in recently establishing the Witzenberg Community Safety Forum that has united multiple governmental departments and role-players.

Departments unite to improve safety in the Witzenberg

A significant milestone was reached on Tuesday 11 March when numerous governmental departments united to establish the Witzenberg Community Safety Forum (CSF) in Ceres.

The CSF aims to enhance community safety and address the root causes of crime in the Witzenberg through an integrated approach by the parties involved.

The establishment of the CSF is part of a broader initiative led by the Western Cape Department of Health and Wellness, who has the mandate to coordinate violence prevention activities within local municipal areas.

The launch of the CSF follows extensive consultations and engagements over the past two years, involving various stakeholders, including the Police Oversight Com-

mission, SAPS, NGOs, and community organisations.

The engagements focused on identifying safety priorities, developing a comprehensive safety plan and ensuring that the CSF is well-positioned to address the unique challenges faced by the Witzenberg community.

The activities of the CSF will be rooted in the Witzenberg Safety Plan, which outlines reducing drug-related crimes, addressing taxi violence, improving road safety and enhancing social cohesion.

However, community participation is crucial.

For any enquiries, contact German Lukas (Head of Law Enforcement at Witzenberg Municipality) at (023) 3161856 or german@witzenberg.gov.za

DRIE mans van Bokveldskloof in die Koue Bokkeveld is Sondag 23 Maart omstreeks 20:25 ernstig beseer toe die bestuurder van ‘n Honda Fit beheer verloor en die voertuig op sy dak tot stilstand gekom het. Die insittendes is uit die voertuig geslinger. Die ongeluk het aan die onderkant van Gydopas plaasgevind. Die beseerdes is deur die nooddienste na Ceres hospitaal geneem waar hulle vir kopen inwendige beserings behandel is.

KENNISGEWINGS VAN VERKOPE VAN RAADSEIENDOM:

Kennis word hiermee gegee ingevolge Artikel 14(5) van die Wet op Plaaslike Regering Munisipale Finansiële Bestuur, Wet 56 van 2003 en Artikel 5 van die Munisipale Bate Oordrag Regulasies, so gepubliseer onder GNR.878 in GG31346 gedateer 22 Augustus 2008, van die Raad se voornemens om die volgende erwe te verkoop:

ERF

Gedeelte van Erf 2622

(Ongeregistreerde Erf 10916)

Erf 787

Erf 935

DORP

Ceres

Tulbagh

Industrieel II

Enkel residensieël I

Industrieel II

Wolseley SONERING

DOEL

Permanente vesting van besigheid

Residensieel sowel as teel en opleidingsfasiliteit vir honde

Besigheidsdoeleindes

PRYS

Billike prys

Billike markprys

Billike markprys

Indien daar enige besware teen sodanige verkoping is, moet u skriftelike besware voor of op 2 Mei 2025 by die kantore van die Munisipale Bestuurder indien vir aandag Me. L. Nieuwenhuis, Voortrekkerstraat 50, Ceres of e-pos na liza-mari@witzenberg.gov.za

NOTICE OF SALE OF COUNCIL’S IMMOVABLE PROPERTY

Notice is hereby given in terms of Section 14(5) of the Local Government Municipal Finance Management Act 56 of 2003 and Section 5 of the Municipal Asset Transfer Regulations as published under GNR.878 in GG 31346 dated 22 August 2008, of Council’s intention to sell the following land:

ERF

Portion of Erf 2622

(Unregistered Erf 10916)

Erf 787

Erf 935 TOWN Ceres

Industrial II

Tulbagh

Wolseley

Single

I

Industrial II

PURPOSE

Permanent establishment of a business

Residential as well as a kennel and training facility for dogs

Business purposes

related price

If there is any objection to the proposed sale, such objection should be forwarded to the office of the Municipal Manager for the attention of Mrs. L. Nieuwenhuis. 50 Voortrekker Street, Ceres or e-mail to liza-mari@witzenberg.gov.za on or before 2 May 2025

Winelands Expo op 30 en 31 Mei

“OOH, kan nie wag vir die Expo nie, het so lekker gekuier by die laaste een!” het een van ons Facebook-volgers gesê. En wat is daar nie om van te hou nie?

Die Winelands Autumn Expo op 30 en 31 Mei 2025, terug by die pragtige Montana hoërskool sportgronde in Worcester.

Die sukses van die 2024 Expo was duidelik uit die aantal besoekers wat die verskillende geure en lewendige kultuur van die Kaapse Wynlande geniet het. Meer as 100 verskaffers het bekroonde wyne, spiritualieë, kulinêre lekkernye en kunswerke aangebied aan meer as 2 500 besoekers.

Daar was talle vermaak wat deur topkunstenaars soos Die Heuwels Fantasties, Jeod House, Tarryn Lamb, Emo Adams, en meer die lewewendige gehoor aan die dans gehou het.

Vir die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit en hul vennoot, Breedevallei munisipaliteit, bly die primêre doel om die diverse aanbiedinge van die Kaapse Wynlandstreek ten toon te stel en ‘n omgewing te bevorder wat bevorderlik is vir volhoubare ekonomiese groei.

Uitvoerende burgemeester Von Schlicht verduidelik, “Ons doel is om gemeenskappe op te hef en ‘n ruimte te skep waar entrepreneurs van die streek hul produkte aan die publiek kan uitstal, wat ‘n wegspringplek in hul

groei bied.” Besoekers aan die 2025 Winelands Autumn Expo kan uitsien na ‘n nog wyer verskeidenheid aanbiedinge.

Die Expo sal die beste plekke om te bly en te verken, venues om te vier, avonture om te ervaar en produkte om te proe en te geniet, ten toon stel. Groot talente word vir vermaak opgestel, met Early B deel van die program. Wonderlike pryse sal ook op die spel wees.

Die organiseerders sorg dat kinders se vermaak opwindend is, met toegewyde verhoogoptredes en stalletjies net vir die jongspan. Ouers kan hul kinders aflaai by die afgebakende kinder-vermaakarea, wat kinderoppassers en ouderdomsgepaste aktiwiteite in ‘n veilige omgewing sal bied. Dit stel ouers in staat om deur die stalletjies en uitstallings te stap en ‘n maaltyd saam met vriende te geniet terwyl hulle die vertoning kyk.

Die avontuuruitstallings sal alles insluit wat verband hou met buitelewe, avontuur en reis. Alhoewel herfs die goue seisoen in die Wynlande is, sal stalletjies en verskaffers onder dak wees, so selfs al speel die weer nie saam nie, kan besoekers steeds die stalletjies, vermaak, uitstallings en kos-waentjies geniet!

Besoek gerus die Winelands Autumn Expo Facebook-bladsy vir aankondigings, insluitend vermaak, uitstallings en kompetisies. Neem deel en staan ‘n kans om gratis kaartjies, naweekwegbreke, geskenkpakke en weggeepryse te wen.

Soek vir Winelands Autumn Expo op Facebook en maak seker jy volg hulle.

Die kaartjies, wat alle vermaak insluit, kos R100 per volwassene, R40 vir tieners en kinders onder 12 gaan gratis in. Veilige parkering is beskikbaar teen R10 per dag. Naweekkaartjies kos R160 per persoon. Koop nou jou kaartjies deur www.webtickets.co.za te besoek. Die geleentheid is kontantloos, so onthou jou kaarte en/of virtuele beursie.

Uitstallers en verskaffers wat hul produkte wil verkoop of uitstal, het tot 31 Maart 2025 tyd om hul aansoeke in te dien.

DIE Winelands Autumn Expo op 30 en 31 Mei 2025, terug by die pragtige Montana hoërskool sportgronde in Worcester.

(023) 346-6000 (023) 316-2328 (023) 316-8600 (023) 316-1997

NOODNOOD NOODNOOD NOOD of skakel 10111

Oogkundige

Kontaklenspraktisyn

Contact Lens

Practitioner

Optometrist

 (023) 312-3060

SKAKEL OF WHATSAPP: 072-951-2874 DE KEURSENTRUM 2, CERES 6835

Voortrekkerstraat 37

467, Ceres 6835

(023) 004-0595

Faks: 086-407-6707

Reg no: 2014/097150/07 BTW no: 4140265846

CONTACT DETAILS : Cornell Pieterse (TECHNICIAN) 060-560-1150 info@bdktech.co.za

Maryna de Villiers (SALES)

(023) 004-0595 ctsales@bdktech.co.za

CENTRAL CERES MOTORS

Service Center & Panelbeating

• Panelbeating •Servicing

•Auto Electrical

•Aircon regassing

Voortrekkerstr., Ceres

☎ (023) 312-1254

☎ (023) 312-1274

Ons installeer en versien alle elektroniese alarm- en kamerastelsels

classifieds

Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

DIANA & KIM

is there to help with:

•Financial assistance

•Bring back lost lovers

•Court and divorce cases

•Pay after job is done

•Delayed pension 078-283-7310

nuusbrokkies

BESTUURDER: LONE, BETALINGS & ONLINE

Vereistes: •3+ Jaar vorige ondervinding in ‘n soortgelyke admin posisie

INWONERS in die Witzenbergstreek word gevra om boeke wat nog nie teruggebring is nie, na die verskillende biblioteke in die streek terug te bring sonder om enige boete te betaal. Vanaf 21 Maart tot 21 Mei sal geen boetes op laat boeke gehef word nie.

CERES krisante skou vind Saterdag 10 Mei plaas in Ceres stadsaal. Die skou open om 11:00. Verversings en blomme sal te koop aangebied word. Vir navrae skakel André Pedro by 083-5484-851.

AND ART FRAMING

SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS

SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

STEFAN STEYN

083-227-6476

SECURE YOUR PROPERTY WITH CCTV CAMERAS and ALARM SYSTEMS

www.jptek.co.zawww.jptek.co.za www.jptek.co.za ☎☎ ☎ 023 1000 515 023 1000 023 1000 515 023 1000 1000 515 info@jptek.co.za info@jptek.co.za

Select LAUNDRY

Whatsapp of skakel 082-821-3610

Joubertstr. 16, Ceres Ma - Vry: 08:00 - 17:00 Vakansiedae: Gesluit Ons tel op en Ons op Ons tel op en Ons op lele leww eraferaf af op op op op op spesialespesiale vv verer ersoek*soek* soek* *Terme en voorwaardes geld

Ceres Alarms and Guarding Bespreek hierdie spasie in ROOI @ R190 of

Skakel Ernest (023) 316-1117

@ R230 Skakel (023) 316-2021

• Silent inverter generator • Gas geyser • 160L water tanks • 2 x Dryers All equipment included. In very good condition R120 000 o.n.c.o. Whatsapp 082-947-0734 for more information FOR SALE MOBILE DOG GROOMING BUSINESS

Bondels koerante @ R40 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.

Boland Roll on Lawn

Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” 082-859-2300

Skoonvlei Industrial Bassi Business Park 4 Edison Street, Ceres Mechanical workshop • Engine overhaul • General Services • Suspension • Brakes • and more André du PAndréP André du reezreez 082-639-2800 (023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com

Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en automation. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o.

CPH Groep. Stoorplek te huur. Voortrekkerstraat 131, Ceres. Hanlie 086-111-5193 rek C27 m.t.o.

•Graad of diploma

Stuur asb jou CV, graad, diploma of matriekpunte en dekbrief na: info@adene flowers.co.za

Koerant-bondels te koop vir die maak van papier mâché, geskenkpapier, trek, vensters was of jou babahondjies

DIE Togryers museum op Ceres het vanaf 1 April, drie EPWP posisies beskikbaar. Die volgende poste word tans geadverteer: audit-en digitaliseringspos, instandhoudingspos en erfenis-en toerismepos. Meer inligting oor elke pos asook sluitingsdatum kan verkry word op die Togryers museum se Facebook-blad.

WIE kan nou die ou watertand gunsteling - Pannekoek, weerstaan? Die Togryers museum bied ‘n fondsinsameling aan op 28 Maart en verkoop lekker pannekoek. Bestellings kan nou reeds geplaas word by 076-6892-885

SKRYF nou in vir Tulbagh Lions se gholfdag op Vrydag 4 April. Skakel Ceres gholfklub by (023) 312-3068. Inskrywings sluit 21 Maart

MATRIEKULANTE van 1995 hou hul 30 jaar reünie. Indien jy deel wil wees daarvan, skakel gerus vir Tina 073-950-7380, Yolanda 073-919-3903 of Esmerelda by 071-8668842

DIE Robertson Geskiedenis Gilde nooi belangstellendes uit na hul maandelikse byeenkoms op Donderdag 10 April om 18:00 vir 18:30 by die NG Kerk Sy Saal. Dr. Diane Ferrus is die gasspreker en haar praatjie sal handel oor: My reis met Sarah Baartman. Slegs ‘n beperkte aantal kaartjies is teen R50 p.p. beskikbaar. Kaartjies kan by die Robertson museum tussen 9:30 en 13:00 gekoop word. Vir navrae en kaartjies skakel Wyona Ramsauer by 082740-7532

DIE Robertson Geskiedenis Gilde nooi belangstellendes uit na hul maandelikse byeenkoms op Donderdag 15 Mei om 18:00 vir 18:30 stiptelik by die NG Kerk Sy Saal. Adv. Jan C. Heunis SC (seun van oud minister Chris Heunis) is die gasspreker. Sy praatjie sal handel oor: Binnekring - Skerm stories - FW, Cyril, ens. Slegs ‘n be-perkte aantal kaartjies is teen R50 p.p. beskikbaar. Kaartjies kan by die Robertson museum tussen 9:30 en 13:00 gekoop word. Vir navrae en kaartjies skakel Wyona Ramsauer by 082-740-7532

MaVryMaVry MaVryMaVry Vry: 09:00 - 16:00 SatSat Sat: 09:00 - 12:30 Ons doen ook herstelwerk aan enige kledingstukke!

ONS IS DRINGEND OP SOEK NA: • Hangers • Mansskoene • Mansklere • Skoolklere en skoolskoene

Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com

Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)

R40 PER BONDEL

(023) 316-2021

Voortrekkerstraat 17D, Ceres

IN case of emergencies, please keep the following numbers handy:

•Police Flying Squad: 10111

•Ambulance Services: 10177

•Cell Phone Emergency: 112

•Disaster Risk Management Centre: 080 911 4357 (HELP)

•Poisons Information Helpline of the Western Cape: 0861-555-777

•Childline: 116

•Lifeline: 021 461 1113

•Wilderness Search and Rescue: (021) 937-0300

DIE Togryers museum se konferensiefasiliteit is oor naweke beskikbaar vir verhuring vir klein funksies en werkswinkels/ opleiding. Skakel die museum vir meer inligting by (023) 312-2045 of stuur ‘n e-pos na togryersmuseum@gmail.com

SENSHI Dojo, ‘n karateklub op Ceres, is trots op vyf van hul karatekas wat opgeneem is in die WP-span. Baie geluk aan sensei Wayne Vermeulen, Lukas Krige, Mia Laubscher, Isak Krige en Retief Spence (afwesig). Die WP-span gaan aan die WUKF SA’s karatetoernooi deelneem wat van 3-6 April in Gqeberha (Port Elizabeth) plaasvind. Die klub wil ook hul borge bedank wat help dat hulle aan die toernooi kan gaan deelneem.

MEER kleedkamers en ’n rolbalbaan is van die drome wat Hamlet Forum het vir die uitbreiding en verbetering van die nuut opgeknapte sportfasiliteit in P.A. Hamlet. So het Danie Goosen, voorsitter van die Hamlet Forum, verlede week gesê tydens die amptelike opening van dié sportfasiliteit. Ricardo Mackenzie, Wes-Kaap minister vir kultuursake en sport en amptenare het die opening waargeneem saam met raadslede van Witzenberg munisipaliteit en die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit. AGTER: Edwahl Felix (sportonderwyser St. Marks primêr) en Deon (Lappies) Labuschagne (skoolhoof van Laerskool F.D. Conradie). MIDDEL: Liesbet Goosen (voorsitter Hamlet tennisklub), Alma Goosen (Hamlet Forum), Lorenzo Arendse (voorsitter van die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit se sportraad), rdl. Johnathan Nel (onderburgermeester), Ricardo Mackenzie (Wes-Kaap minister vir kultuursake en sport), Izak Snyders (voorsitter vlakkiekrieket), Danie Goosen (voorsitter Hamlet Forum) en rdl. Ronald Visagie. VOOR: Evadne Pieters (voorsitter netbalklub) en JP Strauss (skoolhoof van St. Marks primêr).

WITZENBERG Laerskole Rugby het Saterdag 22 Maart ‘n rugbydag by Laerskool Wolseley aangebied. Mooi Uitsig primêr se o/13 rugbyspan was een van die spanne wat deelgeneem het aan die rugbydag.

Klubkompetisie

CAREL Cronjé en Francois Engelbrecht het Saterdag 22 Maart die beterbal stableford klubkompetisie met 46 punte gewen.

Lloyd Vercueil en Eduard du Toit was in die tweede plek met 43 punte. Ashley Schroeder en David Cohen was in die derde plek met 38 punte.

Saterdag-kompetisies

Saterdag 29 Maart, word ‘n enkel syfer plus kompetisie aangebied.

Op Saterdag 5 April is dit weer tyd vir die maandelikse enkel houespel kompetisie, op 12 April word ‘n enkel progressiewe stableford kompetisie aangebied, op 19 April ‘n enkel stableford en op 26 April, ‘n beterbal stableford (Standard Bank pare).

Klubspelers moet daarop let dat die klub van 14-16 April die setperke sal hollow tine.

Sosiale gholf

Spelers kan Vrydae vanaf 15:00 deelneem aan ‘n Sundowner kompetisie teen R120 vir 9 putjies. Die kompetisieformaat is individuele stableford. Klublede en besoekers kan ook van Maandag tot Donderdag R60 betaal vir 9 putjies en op Sondae R150 vir 18 putjies.

EVENT COMPLETED

Chloë en Carina eindig vierde

DIE vrouespan van Chloë Bishop (links) en Carina Mohr van Duitsland (Versus Scott) het ‘n skitterende 4de plek in die vroue ope afdeling losgejaag in vanjaar se Absa Cape Epic wat van Sondag 16 Maart tot Sondag 23 Maart plaasgevind het. Hulle was algeheel in die 245ste plek in 39:30:37. * Twee Ceresiete het ook aan die Absa Cape Epic deelgeneem. Hannes Hanekom en Jandri Ferreira (Witzenbergvallei) het in die meestersafdeling meegeding en goed gevaar. Hulle was 16de in mans meestersafdeling en algeheel in die 118de plek in ‘n tyd van 31:39:10.

Tulbagh Lions

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport Witzenberg Herald

Meesters atlete presteer

DIE WP meesters atletiekkampioenskappe het op 20 en 21 Maart in die Groenpunt stadion plaasgevind. Elretha Burger (links bo) het aan 1500 meter en 5000 meter in 35+ ouderdomsgroep deelgeneem en in albei wedlope goud verwerf, Suretha Deetlefs het in die 60 ouderdomsgroep aan verspring, hoogspring en driesprong deelgeneem en in al die items goud verwerf en Pietie Deetlefs (regs bo) het in die 70 ouderdomsgroep aan die 100 meter deelgeneem en goud verwerf. FOTO REGS: Jacob Volmoer (35-40 ouderdomsgroep) het aan sy eerste WP meesters atletiekkampioenskap deelgeneem. Hy het ‘n brons medalje in die 800 meter verwerf en goue medaljes in die 1500 meter, hoogspring en verspring items.

Hamlet klop Bella Vista

HAMLET het die naweek ‘n naelskraapse-oorwinning oor Bella Vista behaal en Ceres het Evergreens Paarl goed afgeransel.

Hamlet het Saterdag na Bella Vista gereis en Bella Vista op hul tuisveld met 22-17 geklop. Dit was Bella Vista se tweede nederlaag van die seisoen.

Hamlet het soos ‘n warrelwind begin en Bella Vista moes hul keer ken. Hamlet het al die speelwerk in die eerste helfte gedoen en rustyd welverdiend met 13-0 voorgeloop.

Na rustyd gaan druk Kenan Wessels na hy ‘n skop van Marlon Baron afstorm. Lorenzo Boer druk Bella Vista se tweede drie met Marvin Fredericks wat die res van die punte met sy skopvoet bydra.

Harde werk lê vir Bella Vista voor indien hulle die seisoen ‘n bedreiging vir ander spanne in die kompetisie wil wees.

Die naweek reis Bella Vista na Wellington om die nuweling in die liga, Villagers Newtown, te pak.

* Hamlet puntemakers was nie beskikbaar nie.

Ander uitslae

Ceres het tuis gespeel en Evergreens Paarl maklik met 74-18 geklop. Wolseley het met 14-31 verloor teen Roses United en Delicious het Young Blues met 33-29 geklop.

Daar was die naweek ook baie aksie in die streekuitdaag-kompetisie. Tulbagh het Red Roses met 75-0 geklop, Lovedale het verras en maklik vir Môrester met 41-12 geklop, Lindeshof het Young Westlyans met 29-13 geklop, Vastrap wen Paardekloof 33-20, Opdie-Berg verloor 12-15 teen La Plaisante en Howbill klop Young Good Hopes met 31-14.

Naweek wedstryde

Saterdag 29 Maart speel Roses United teen Delicious, Hamlet pak Young Blues, Wolseley en Ceres gaan sake uitspook en Villagers Newton speel gasheer vir Bella Vista.

DEMETRI van Rooyen van Ceres (rooi kleure) het Saterdag 22 Maart deelgeneem aan die uitmergelende Pass2Pass Ultra Trail wedloop oor 100km en vierde klaargemaak in ‘n tyd van 14 uur en 23 minute. Dit was ‘n moeilike wedloop met reën en wind wat atlete heeldag geteister het. Die roete met klimme van 5100 meter, het by Doolhof Wines in Wellington begin waarna dit atlete oor die Groenberg Traverse, Du Toitskloof, Kromrivier Dome, die Limietberge en terug na Bainskloof geneem het.
HAMLET het die naweek ‘n naelskraapoorwinning van 22-17 oor Bella Vista behaal.
FOTOS: Trevor Felix

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.28 no.11 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu