WH Her ald Witzenberg
Volume 28 no. 10
R 10
Friday, 21 March 2025
CERES (023) 312-2144
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 20 Maart
Vrydag 21 Maart
Saterdag 22 Maart
Sondag 23 Maart
17° 29°
17° 26°
17° 26°
15° 28°
CERES KOEKEDOUW DAM
67,5% TULBAGH DAM
51%
WAVERENSKROON TULBAGH
83%
Lesings geneem: 2025/03/19
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Daar is nou 284 huiswinkels in die Witzenbergstreek
DIE Air Mercy Services (AMS) helikopter was verlede naweek twee keer op Ceres. Die helikopter het Saterdagoggend en Sondagmiddag by Ceres provinsiale hospitaal geland om twee pasiënte vir gespesialiseerde dienste na Tygerberg hospitaal oor te plaas.
DIE Witzenberg munisipaliteit moet nog ‘n hoop huiswinkel-aansoeke verwerk. Alle spaza-winkels of huiswinkels binne munisipale grense, moes voor einde Februarie hul winkels geregistreer het. Spaza-winkels en geriewe waar voedsel hanteer word, is einde verlede jaar drie maande kans gegee om by hul plaaslike munisipaliteit te registreer. Die ongewone stap kom nadat die regering 'n diepe bekommernis en hartseer uitgespreek het oor voorvalle van besmette voedsel, verwante siektes en sterftes nadat kinders dit by dié winkels gekoop het. Die Witzenberg munisipaliteit het vanaf November 2024 ‘n totaal van 178 nuwe aansoeke ontvang waarvan 36 goedgekeur is. Daar is 284 huiswinkels in die munisipale-gebied. Hiervan is 59 beveel om te sluit en 181 moet nog goedgekeur word. Die munisipaliteit het begin optree teen onwettige huiswinkels en dringende hofaansoeke teen eienaars en okkupeerders van sulke onwettige winkels het al begin. Wetstoepassers monitor die situasie asook gevalle waar buitelanders, wat die winkels onwettig oopmaak of oorkoop, die huiseienaars forseer om namens hulle vir permitte by die munisipaliteit aansoek te doen.
Twee mans sterf
GERRIT Mars (24).
TWEE jong mans van die omgewing het verlede week in twee afsonderlike gevalle gesterf. In die eerste voorval is Morné van Rooyen (31) van Bella Vista dood nadat hy weens kopbeserings en ‘n meswond gesterf het. Saterdag 8 Maart omstreeks 22:00 was daar blykbaar ‘n bakleiery in Astersingel, Bella Vista. Die polisie is na die toneel ontbied waarna drie broers, Andrew Stoffels (30), Justin Stoffels (33) en Ruben Stoffels (22), gearresteer is. ‘n Erg beseerde Van Rooyen is na na die aanranding na Ceres hospitaal geneem waar hy op 10 Maart aan sy beserings beswyk het. Die saak is tot 8 April uitgestel. Roudiens ‘n Roudiens word op 20 Maart gehou en die
begrafnis vind plaas op 22 Maart vanuit Bella Vista gemeenskapsaal. Jongman sterf In ‘n tweede voorval is Gerrit Mars (24) dood aan kopbeserings na ‘n aanrandingsvoorval op die plaas Bergvliet buite Ceres. Die voorval het Saterdag 15 Maart omstreeks 05:10 na ‘n stryery plaasgevind. Mars is na bewering met ‘n klip teen die kop gegooi. Cheslin Slingers (20) is beseer en na behandeling uit Ceres hospitaal ontslaan. Stiaan Lietjies (22) van Klein Pruise is gearresteer en het Maandag 17 Maart vlugtig in Ceres landdroshof verskyn. Die saak is na 28 Mei uitgestel. Lietjies bly in aanhouding. ‘n Roudiens is Woensdag 19 Maart op die plaas Ideaal gehou.
MORNÉ van Rooyen (31).