Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.25 no.50 (Slegs 'n aanlyn-weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 25 no. 49

Friday, December 23, 2022

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 22 Desember

Vrydag 23 Desember

17° 32°

15° 25°

Saterdag 24 Desember

13° 27°

CERES (023) 312-2144

DIE ekstra aanlynweergawe kan vanaf 20 Desember op Witzenberg Herald se Facebook-blad of by ISSUU gratis afgelaai word.

Sondag 25 Desember

12° 28°

Ceres Koekedouw dam

59,2% Tulbagh dam

60%

Lesings geneem: 2022/12/14 Telephone: (023) 316-2021

Fax: 086-211-5774

WA: 066-316-3003

www.witzenbergherald.com

Jain-moord Gratis aanlyn-weergawe

Polisielid in hof vir borg ‘n POLISIELID wat begin Desember op Piketberg gearresteer is, gaan Vrydag 23 Desember ‘n borgaansoek bring.

Huisbewoners verloor alles in brand ‘n BRAND het Dinsdag 13 Desember omstreeks 02:00 ‘n huis op Tulbagh in puin gelê. Witzenberg Brand en Redding is 02:38 ontbied maar die huis kon nie gered word nie. Die Braum-egpaar asook ‘n ander bewoner het alles, insluitende hule selfone, in die brand verloor. Niemand is beseer nie maar twee van hulle troeteldiere is in die brand dood.

Die ondersoekspan wat die Jain-moord in Maart 2021 buite Wolseley ondersoek, het begin Desember ‘n polisielid, a.o. Maurice Arries (43),by sy huis gearresteer. Hy het verlede Maandag vlugtig in die landdroshof op Porterville verskyn op klagtes van ondermeer moord, bedrog, korrupsie, vervalsing en regsverydeling. Die saak is tot Vrydag 23 Desember uitgestel vir ‘n borgaansoek. Arries bly in aanhouding in Malmesbury. Arries se verskyning hou verband met ‘n beweerde voorval waar hy ‘n gevangene by die Voorberg korrektiewe sentrum op Donderdag 25 Maart 2021 gaan haal en onder vals voorwendsels uitgeboek het om in die hof te verskyn. Die gevangene is blykbaar nie onmiddellik teruggeneem na die gevangenis nie en was moontlik betrokke by die moord op die 51-jarige Reneé Jain (foto regs). Volgens inligting het die tronkowerhede op Saterdag 27 Maart 2021 vir Arries gevra waar die gevangene is waarna Arries die gevangene later die middag inderhaas na Voorberg teruggeneem het.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.25 no.50 (Slegs 'n aanlyn-weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu