Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.26 no.36 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 26 no. 36

R 8.50

Friday, 15 September 2023

CERES (023) 312-2144

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag Vrydag Saterdag Sondag 14 September 15 September 16 September 17 September

5° 16°

4° 14°

2° 11°

1° 20°

CERES KOEKEDOUW DAM

100%

(023) 004-1338 l www.mastheadfp.co.za A representative of MASTHEAD Financial Planning (Pty) Ltd, a licensed Financial Services Provider

MASTHEAD Financial Planning

TULBAGH DAM

Neels Boshoff (Financial Planner) 082-335-8331 l nboshoff@mastheadfp.co.za Anna-Marié Boshoff (Financial Planner) 082-376-6498 l aboshoff@mastheadfp.co.za

100% WAVERENSKROON TULBAGH

46%

Lesings geneem: 2023/09/13

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Twee mans bly in aanhouding SELFOON-REKORDS van teksboodskappe en daaglikse oproepe tussen twee moordverdagtes van Worcester en ‘n proponent van Ceres, maak blykbaar deel uit van ‘n polisieondersoek en hofsaak. Twee mans Banele Moya (19) en Bongani Banda (20), word verdink en aangekla van moord op die 59-jarige Ceres inwoner, Herman Nieuwoudt. Hulle het verlede Donderdag 7 September in die Worcester landdroshof verskyn op ‘n klagte van moord, diefstal van ‘n voertuig en die besit van ‘n gesteelde voertuig. Die saak is tot 18 Oktober uitgestel en sal later na die Kaapstad Hooggeregshof oorgeplaas word.

DIE twee 19-jarige verdagtes, Bongani Banda (links) en Banele Moyo, tydens ‘n vorige verskyning in die Worcester landdroshof.

Die twee mans bly in aanhouding. Agtergrond Dié moord het Meimaand skokgolwe deur die Witzenbergstreek gestuur. Herman Nieuwoudt het op Vrydag 5 Mei na 17:00, sy huis op Ceres in sy Toyota dubbelkajuit bakkie verlaat om kruideniersware in die dorp te gaan koop. Die bakkie is die laaste keer omstreeks 18:00 op veiligheidskameras opgemerk waar dit uit Ceres in die rigting van Michellspas gery het. Saterdag 6 Mei omstreeks 08:30 het ‘n voetganger, lede van die Worcester SAPD gestop en meegedeel dat hy ‘n man se liggaam langs die pad opgemerk het. Met nadere ondersoek het die polisie ‘n liggaam ongeveer 1 kilometer van die Wolseley/Worcester kruising by die N1 aangetref waar dit in die bosse langs ‘n rivier gelos is. Nieuwoudt het gesterf weens beserings aan sy gesig asook steekwonde in sy nek en rug. Sy bakkie is later op die Eureka-plaas in die De Wet-omgewing buite Worcester gevind. Nieuwoudt was voor sy dood werksaam by die Patmos Arbeidsbediening waar hy geestelike werk op plase in die Bo-Swaarmoed-omgewing, die Sandveld en Tankwa Karoo gedoen het.

MEER as 65 mm reën het Sondag en Maandag in die Ceres-omgewing uitgesak. Saam met die reën het Ceresiete ook van die koue gebibber toe twee koue fronte kort na mekaar gevolg het en lekker sneeu op omliggende berge geval het. Temperature tot -4 is aangeteken in die Matroosbergomgewing. Maandagoggend rondom 09:00 het ligte sneeuvlokkies nog op die grond op Matroosberg geval. Dit het later die middag weer weggesmelt. * Van Sondag 3 September tot Maandag 4 September is 65.2 mm in die Warm Bokkeveld gemeet, in die Koue Bokkeveld (Bronaar omgewing) is 29.6 mm gemeet, Bo-Swaarmoed 45.5 mm, by Romansrivier buite Wolseley 29.9 mm en Winterhoek buite Tulbagh is 20.7 mm gemeet. *Reënvalsyfers word goedgunstiglik deur Hortec Ceres en iLeaf verskaf.

Sneeu en reën

BOERE in die Matroosberg- en die BoSwaarmoed-omgewing, spuit water op hul vrugteboorde om rypskade te keer. Die sneeu op die berge en op die grond is altyd mooi, maar die erge koue kan baie skade aan vrugte aanrig. Wingerde in die Nuyvallei het Dinsdag 12 September seergekry van die ryp - dit was vroegoggend -4 grade. Die water word op die bome gespuit om die bloeisels en vruggies te bedek voor dit begin ryp. Dit is die latente smeltingsenergie van water wat vrugteboorde red - of anders gestel, solank daar water is wat nog nie gevries is nie, kan die temperatuur nie onder vriespunt daal nie. Boere hou dus aan om water te spuit totdat dit warmer raak en al die ys gesmelt is. Dinsdagoggend het die waterspuite tot na 10:00 nog gespuit. FOTO: Cordré Smith


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.26 no.36 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu