Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.27 no.37 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 27 no. 37

R 10

Friday, 20 September 2024

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag Vrydag Saterdag Sondag 19 September 20 September 21 September 22 September

3° 16°

2° 19°

4° 23°

8° 28°

CERES KOEKEDOUW DAM

100 % TULBAGH DAM

100 % WAVERENSKROON TULBAGH

83 %

Lesings geneem: 2024/09/18

(023) 004-1338 l www.mastheadfp.co.za A representative of MASTHEAD Financial Planning (Pty) Ltd, a licensed Financial Services Provider

MASTHEAD Financial Planning Neels Boshoff (Financial Planner) 082-335-8331 l nboshoff@mastheadfp.co.za Anna-Marié Boshoff (Financial Planner) 082-376-6498 l aboshoff@mastheadfp.co.za

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Manslagsaak uitgestel vir verhoor DIE saak teen die bestuurder van ‘n Ford Bantam bakkie wat meer as ‘n jaar gelede, passasiers vanaf Op-die-Berg na Kaapstad vervoer het, is uitgestel vir verhoor. Die 40-jarige bestuurder, Adriaan (Rian) Hanse het Maandag 16 September weer in die Bluedowns streekhof verskyn op aanklagte wat wissel van strafbare manslag en dronkbestuur. Vyf kinders is dood toe Hanse op Sondag 9 Julie 2023 omstreeks 23:30 beheer oor die bakkie verloor en ‘n sperreling op die R300 getref het. Hanse, sy vrou Nolisa, en haar twee susters, Clarine Kyba en Jolene Kyba, het die betrokke naweek saam by die oorlede kinders se ouma op ‘n plaas in die Koue Bokkeveld-omgewing gekuier. Al die kinders was saam met die twee susters agterop die bakkie en almal is met die slag van die voertuig afgegooi. Hanse, wat blykbaar werksaam is as ‘n vragmotorbestuurder, moet weer op 17 Oktober in die Bluedowns streekhof verskyn. Sy borgtog van R5 000 is verleng.

Bestuurder hardloop weg van ongelukstoneel WITZENBERG verkeersdienste sal dringend aandag moet gee aan die groot getal botsings en ongelukke waarby Lesotho-geregistreede motors betrokke is. Baie van die voertuie word ook as taxis gebruik. Sondag 15 September omstreeks 16:30 het dié bestuurder van ‘n Honda Fit beheer verloor en oor die kruising van Bo-Swaarmoed en die nuwe pad vanaf P.A. Hamlet, gery. Die voertuig het teen ‘n draadheining tot stilstand gekom. Die bestuuder het weggehardloop van die toneel.

Polisie waarsku voertuigeienaars INWONERS word gevra om versigtig te wees aangesien diefstal uit motorvoertuie die afgelope tyd baie toegeneem het in die Witzenbergstreek. Die polisie het ook ouers en kinders gewaarsku om versigtig te wees wat hulle op sosiale media en TikTok deel en in baie gevalle, kwytraak. Bedrieërs en inbrekers is deesdae volop en slaan onverwags toe op naïewe inwoners. Die polisie vra dat geen waardevolle items soos selfone en rekenaars, in voertuie gelos moet word nie. Maak ook seker dat die voertuie gesluit is aangesien skelms deesdae rondstaan by winkels met hul eie afstandbeheer om die sluit van motors te neutraliseer en sodoende maklik toegang te kry om waardevolle items uit die motors te steel. Onthou ook om huisalarms te aktiveer as jy jou huis of besigheid verlaat.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.27 no.37 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu