WH Her ald Witzenberg
Volume 25 no. 36
R8
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 15 September
9° 27°
Vrydag 16 September
5° 24°
Saterdag 17 September
Sondag 18 September
4° 15°
3° 15°
Ceres Koekedouw dam
71%
Tulbagh dam
72%
Friday, September 16, 2022
CERES (023) 312-2144
Koerant se spertyd verander DIE sperdatum van die Witzenberg Herald se uitgawe van 14 Oktober verander. Inwoners en lesers moet nou reeds kennis neem dat inligting en advertensies die kantore voor of op Saterdag 8 Oktober om 14:00 moet bereik. Die koerant moet Maandag 10 Oktober om 12:00 by die drukkers wees. Die uitgawe word eenmalig vroeër klaargemaak vir verskyning op 13 Oktober. Vir enige advertensie navrae, kan Erika geskakel word by (023) 316-2021.
Lesings geneem: 2022/09/14 Telephone: (023) 316-2021
Fax: 086-211-5774
WA: 066-316-3003
nuus@witzenbergherald.com
www.witzenbergherald.co.za
Dronkbestuursaak
Lasbrief uitgereik vir Tsaine ‘n GRU-ONGELUK buite Gouda het die naweek die lewens van vier familielede geëis. Saterdag 10 September is EMS-lede en die polisie ontbied na ‘n kop-aan-kop botsing op die R46 tussen Voëlvleidam en Gouda.
Vier sterf
‘n GRU-ONGELUK buite Gouda het die naweek die lewens van vier familielede geëis. Saterdag 10 September is EMS-lede en die polisie ontbied na ‘n kop-aan-kop botsing op die R46 tussen Voëlvleidam en Gouda. ‘n Blou-kleurige Renault Capture met 4 insittendes het omstreeks 10:40 ander voertuie verbygesteek en teen ‘n aankomende Mercedes vragmotor gebots.
Drie insittendes in die Renault, Albert Billings (47), sy seun Peter-Jacques Billings (26) en ‘n neef, Kéan Alexander (20), is opslag dood in die ongeluk. Albert Billings jr. (19), is na die Paarl hospitaal geneem waar hy later weens sy beserings gesterf het. Billings sr. was woonagtig op Gouda en was ten tye van sy dood die afrigter van Newtons.
Hy was Vrydagaand by ‘n liefdadigheidsgeselligheid in Wellington en was op pad terug na Gouda. Die twee seuns en hul neef was klubrugbyspelers en besig met hul studies by UWK. Inligting Indien daar ooggetuies is van die ongeluk kan hulle die ondersoekbeampte s/sers. Marlon Cupido skakel by 079-894-0192 of (023) 230-8000.
‘n OUDPOLISIEMAN wat verlede jaar van Bloemfontein na Ceres oorgeplaas is, is in September 2021 twee keer vir dronkbestuur en roekelose en/of nalatige bestuur gearresteer. Die eerste voorval het op 11 September in Voortrekkerstraat, Ceres plaasgevind. Lepile Andrew Tsaine (39), wat in Mei vanjaar skielik uit die polisie bedank het en die bestuurder van ‘n KIA Picanto was, het omstreeks 19:50 ‘n U-draai in die hoofstraat gemaak waarna ‘n plaaslike verkeersman hom afgetrek het. Bloedmonsters is geneem en is hy gewaarsku om in Ceres landdroshof te verskyn. Tweede voorval Kort daarna op 24 September is Tsaine weer vir dronkbestuur vasgetrek nadat hy omstreeks 08:55 roekeloos bestuur het. Hy was saam met twee vroue passasiers in Voortrekkerstraat, P.A. Hamlet onderweg in ‘n KIA Picanto toe hy weer deur Ceres verkeerslui afgetrek is. Tsaine het na bewering weggejaag na die polisiekwartiere langs speurderskantore waar hy gebly het. ‘n Dissiplinêreproses is daarna van stapel gestuur maar hy het toe self bedank. Hy moes op Donderdag 1 September 2022 vir die eerste keer in die Ceres landdroshof verskyn het op die klagtes teen hom maar het nie by die hof opgedaag nie. ‘n Lasbrief is nou vir sy inhegtisname uitgereik en hy bevind hom moontlik iewers in die Oos-Kaap.