WH Her ald Witzenberg
Volume 25 no. 35
R8
Friday, September 9, 2022
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 8 September
Vrydag 9 September
9° 25°
9° 25°
Saterdag 10 September
Sondag 11 September
7° 22°
5990
5° 19°
Ceres Koekedouw dam
70%
Open during
(023) 316-2463 Lesing: 2022/09/07
Telephone: (023) 316-2021
For T&C’s visit www.steers.co.za
Fax: 086-211-5774
WA: 066-316-3003
nuus@witzenbergherald.com
www.witzenbergherald.co.za
Wolseley polisiestasie
Drie SAPD-lede vasgetrek
DIE El Nino Suidelike ossilasie (Enso) is tans in ‘n La Nina-fase wat hoër gemiddelde reënval in die somerreënvalgebiede en laer reënval in die winterreënvalgebiede (Wes-Kaap) veroorsaak. Die SA Weerdiens het vroeër vanjaar ‘n laer as gemiddeld reënval vir die suide en weste van die land voorspel. Hierdie verskynsel het bygedra dat Julie en Augustus 2022 een van die droogste maande was sedert 2010. Die Koekedouwdamvlak is meer as 26% laer as in 2021 en tans 70% vol. * Van 1-6 September is 57.4 mm reën in die Warm Bokkeveld gemeet, 49.8mm in die Koue Bokkeveld en net 21.8mm in die Bo-Swaarmoed omgewing. * Inligting word goedgunstiglik deur Hortec Ceres en iLeaf verskaf.
DIE Wes-Kaap SAPD se anti-korrupsie-eenheid het Dinsdag weer op Wolseley toegeslaan en nog drie polisielede, waarvan een ‘n speurder is, gearresteer. Tydens dieselfde optrede en deel van dié ondersoek, is twee gewese polisielede van 26 en 39 jaar oud wat vroeër uit die polisie geskop is, ook gearresteer. Die polisie het Woensdag in ‘n verklaring bevestig dat die drie polisielede van 29, 36 en 44 jaar oud gearresteer is na ‘n diefstal-, intimidasie- en aanrandingsklag in Julie vanjaar by die polisie aangemeld is. Die vyf sal Donderdag 8 September in die Wolseley landdroshof verskyn. Ander sake Die arrestasies volg nadat vyf polisielede, ‘n gewese polisieman en ‘n buurtwaglid, in Januarie vanjaar ook gearresteer is. Twee van die verdagtes, Byrone Williams (26) en Ricardo Conradie (39), is vanjaar reeds uit die polisie ontslaan. Almal het reeds in die Bellville handelsmisdaadhof verskyn op klagtes van korrupsie en regsverydeling en is tans uit op borgtog van R2 000 elk. Die ander polisielede is: sers. Mxolisi Sigila (43), kst. Johannes Fransman (41) en kst.(v) Melzandré Pieters (33), oudpolisieman Daniël Davids en ‘n buurtwaglid, Anita Fransman (41). Davids was vir 17 jaar werksaam by Wolseley SAPD en is in Oktober 2021 uit die polisie ontslaan.
Twee bly in aanhouding na moord TWEE mans van Tulbagh wat op klagtes van moord en roof met verswarende omstandighede teregstaan, se saak is die week weer op Wolseley uitgestel. Nolan Visagie (23) ook bekend as Loukie en Anthony Schippers (21) ook bekend onder inwoners as Antaks, is vier maande gelede in hegtenis geneem na ‘n gesamentlike polisie-optrede. Visagie en Schippers bly in aanhouding en moet weer op 2 November in die streekhof verskyn. Agtergrond Die arrestasies is meer as ‘n jaar na die moord gemaak na goeie speurwerk deur speurders van Tulbagh in samewerking met lede van die Wes-Kaap polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad en positiewe DNS-leidrade wat op die
misdaadtoneel buite Wolseley gevind is. Visagie en Schippers was deel van ‘n groep inbrekers wat op 26 Maart 2021 by die Jain-egpaar se naweekhuis in die De Vierde Liefde privaat natuurreservaat buite Wolseley, ingebreek het. Jain, was alleen by die huis toe sy vermoor is. Na die moord is die mans omstreeks 23:45 na ‘n nabygeleë huis van ‘n Nederlandse egpaar in hul sewentigs waar hulle ‘n houtbeeld deur ‘n slaapkamervenster gegooi, die egpaar vasgebind en beroof het, voordat hulle in ‘n Nissan X-trail gevlug het met gesteelde tabletrekenaars, selfone en horlosies. Die voertuig is later verlate in Van der Stelstraat op Tulbagh gevind. Die meeste van die gesteelde items was in die voertuig gelos.
Guaranteed Future Value
Urban Cruiser
Agya
from R3 100 pm*
from R1 999 pm*
Model shown only for illustrative purposes. *T’s & C’s Apply
Model shown only for illustrative purposes. *T’s & C’s Apply
(023) 312-1057 Steyn, Arno, Giepie of Andre Voortrekkerstraat 112, CERES
087 094 8092 www.rubberroofs.co.za
ThermoTech™ Cool Roof Technology Next Generation ThermoTech™ Titanium Liquid Rubber Paint™ effectively reflects up to 80% of IR solar radiation and emits or convex heat instead of allowing it to be transferred into the building.