WH Her ald Witzenberg
Volume 27 no. 35
R 10
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 5 September
Vrydag 6 September
0° 15°
-2° 18°
Saterdag 7 September
1° 21°
Sondag 8 September
-1° 16°
CERES KOEKEDOUW DAM
100 % TULBAGH DAM
100 % WAVERENSKROON TULBAGH
74.5 %
Lesings geneem: 2024/09/04
Friday, 6 September 2024
Olimpiese held op Ceres verwelkom
• Onafhanklike finansiële advies • Kostes en swak prestasie vreet aan jou neseier • Laat dit onafhanklik hersien. Martin Behm 082-734-4549
(023) 316-2959 martinb@27four.com
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Moordsaak uitgestel DIE moordsaak teen ‘n vrou wat haar vriend vroeër vanjaar op Ceres vermoor het, is Maandag weer uitgestel. Shane Scholtz (22) van die Rooikamp-woonbuurt op Ceres, is dood nadat hy na bewering deur sy meisie met ‘n mes in die nek gesteek is. Die voorval het Saterdag 1 Junie omstreeks 23:55 plaasgevind tydens ‘n beweerde stryery tussen Scholtz en Ashleigh Fortuin (25). Na die voorval is Scholtz na Ceres hospitaal gehaas waar hy ure later oorlede is. Fortuin het Maandag 2 September weer vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn op ‘n aanklag van moord. Die saak is na 9 Oktober uitgestel. Haar borgtog van R500 is verleng.
SAPD-lede van Ceres en Witzenberg wetstoepassers het die naweek van 16 en 17 Augustus aan ‘n gesamentlike operasie saam met gewapende reaksiebeamptes van ADT, deelgeneem. Die wetstoepassingsoperasies is op Ceres, Nduli, Bella Vista en P.A. Hamlet geloods. Drie verdagtes is gearresteer omdat hulle nie wettige dokumentasie het om in Suid-Afrika te wees nie. Boetes is ook aan verskeie winkeleienaars uitgereik wat nie handelslisensies kon wys nie terwyl twee winkels beveel is om te sluit.
Werkers was op pad na Ceres
Ongeluk eis 10 lewens DIE dodetal in Maandag se ernstige busongeluk in Vanrhynspas, op die grens van die Wes- en Noord-Kaap, het Dinsdag tot 10 gestyg. Die bus met 38 konstruksiewerkers was omstreeks 17:30 van Upington en Keimoes onderweg na Scatec se sonplaas wat in aanbou is op Grootfontein in die Ceres-Karoo, toe die bestuurder beheer oor die bus verloor het. Meer as 20 werkers is beseer waarvan 12 se toestand kritiek is. Van die beseerdes is na die Vredendal hospitaal geneem. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en ‘n ondersoek is geloods. Die polisie on-dersoek ‘n saak van strafbare manslag. In ‘n kort verklaring het Scatec gesê die veiligheid en welstand van die kontrakwerkers wat aan hul projekte werk, insluitend Scatec se kontrakteurs se werknemers, is vir hulle baie belangrik. “Ons is in noue kontak met die twee kontrakteurs en werk saam met plaaslike owerhede en nooddienste om meer inligting in te samel en ondersteuning te bied waar moontlik. Ons gedagtes is in die moeilike tyd by die geaffekteerde individue en hul gesinne. Ons is daartoe verbind om ons kontrakteurs te ondersteun na die tragiese gebeurtenis”. FOTO: Netwerk24