Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.26 no.39 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald

TRADING HOURS: Mon - Fri: 07:30 - 17:30 Saturday: 08:00 - 13:00 (023) 312-3578 076-029-3930 49 Lyell Street, Ceres

Witzenberg

Volume 26 no. 39

R 8.50

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig

Friday, 6 October 2023

WAVERENSKROON TULBAGH

DIE Ceres Koekedouwdam het Dinsdag 3 Oktober steeds oorgeloop. Die Witzenbergstreek het vanjaar meer reën (meer as 60%) ontvang as vir die ooreenstemmende tydperk van Januarie tot September 2022. Die Ceres Koekedouwdam staan tans op 100%, Tulbagh dorpsdam op 100% en die nuwe Waverenskroondam op 55%.

Lesings geneem: 2023/10/04

FOTO: Pierre de Jager

Donderdag 5 Oktober

Vrydag 6 Oktober

Saterdag 7 Oktober

Sondag 8 Oktober

9° 24°

10° 23°

8° 19°

6° 21°

CERES KOEKEDOUW DAM

100% TULBAGH DAM

100% 55%

UPCOMING EVENTS: Eselfontein MTB 13 - 15 October 2023 Gravel & Grape 21 October 2023 Op-die-Berg MTB 25 November 2023

BOOK YOUR SERVICES NOW

• Onafhanklike finansiële advies • Kostes en swak prestasie vreet aan jou neseier • Laat dit onafhanklik hersien. Martin Behm 082-734-4549

(023) 316-2959 martinb@27four.com

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Vandale en kabeldiewe is 'n groot kopseer vir munisipaliteite

Taxi-operateurs versper die pad NAGENOEG 40 ontevrede taxibestuurders en taxieienaars het verlede Donderdag die Agter-Witzenbergpas geblokeer. Die groep was ontevrede omdat seisoenwerkers wat na die OosKaap en Lesotho moet terugkeer, deur ander taxi-organisasies vervoer word. Die plaaslike polisie asook die polisie se eenheid vir openbare orde (POPS) was op die toneel. Na onderhandelinge is die pas oopgestel. Dieselfde groep bestuurders het later die R303 naby Rocklands versper. Die situasie is gou ontlont en almal het die toneel vreedsaam verlaat. * Die ontevredenheid van taxi-operateurs word elke jaar geopper. Die ontevredenheid spruit daaruit dat seisoenwerkers wat na die Oos-Kaap en Lesotho moet terugkeer, met ‘n wettige permit vervoer moet word en dat die plase ooreenkomste het met ander taxi-operateurs.

BEURTKRAG het ‘n reuse impak op munisipaliteite in Suid-Afrika. Nie net ly hulle miljarde rande se skade weens die verlies van kraginkomstes nie, maar dit is ook die tyd dat plaaslike kwaaddoeners en vandale kabels en watermeters steel, veral in Bella Vista. Op Donderdag 28 September het vandale op die Bella Vista watervoorraadtenk (reservoir) toegeslaan en die kragpanele en pompe beskadig. Kontrakteurs van Kaapstad moes ontbied word om die skade te herstel. Die Witzenberg munisipaliteit is tans besig met ‘n ondersoek om die totale skade en kostes van dié vandalisme te bepaal. Die naweek van 29 September tot 1 Oktober het diewe ook by die Ceres waterwerke naby Koekedouwdam (Groenplaatjie) toegeslaan. Alle kabels by Groenplaatjie is gesteel en kostes word nog bepaal. Die toenemende diefstalle en vandalisme is ‘n groot kopseer vir die munisipaliteit. Gelukkig is beide dié voorvalle vinnig deur personeel opgespoor wat verhoed het dat die watervoorsiening aan Ceres, Bella Vista, Nduli, P.A.Hamlet en omliggende industrieë onderbreek is.

Watermeters word gesteel Die ander misdryf wat die afgelope vier maande, vanaf Junie tot September, in die streek posgevat het en duisende rande se skade aanrig, is die groot hoeveelheid watermeters wat gesteel word. Dit was veral Tulbagh en Bella Vista wat die ergste deurloop het. Van Junie tot September is daar 97 watermeters op Tulbagh gesteel en 90 watermeters in Bella Vista. Op Wolseley is 12 watermeters, op P.A. Hamlet 5 en op Ceres 6 gesteel. Die vervangingskostes (materiaal en arbeid) van die watermeters beloop meer as R 770 000. Die gemeenskap se hulp word gevra om hierdie misdrywe vinnig by die munisipaliteit se beheerkamer (023) 316-2328/9 of (023) 316-1997/8 of by Ceres polisie (023) 316-8600 aan te meld. Die gemeenskap weet wie die skuldiges is en met hulle hulp kan hulle verhoed dat almal in die dorpe vir lang tye sonder water sit.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.26 no.39 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu