Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.25 no.41 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 25 no. 41

R8

Friday, October 21, 2022

CERES (023) 312-2144

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 20 Oktober

Vrydag 21 Oktober

Saterdag 22 Oktober

Sondag 23 Oktober

10° 29°

8° 31°

12° 31°

9° 26°

Ceres Koekedouw dam

70,5%

The trusted name in commercial and residential

Waterproofing.

Tulbagh dam

75%

087 094 8092

Lesings geneem: 2022/10/19 Telephone: (023) 316-2021

www.rubberroofs.co.za

Fax: 086-211-5774

WA: 066-316-3003

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

‘n GROEP Harley Davidson motorfietsentoesiaste van Kaapstad se toer het verlede Vrydag 14 Oktober tragies geëindig toe een van die vyf in Theronsbergpas gesterf het.

Motorfietsryer sterf ‘n GROEP Harley Davidson motorfietsentoesiaste van Kaapstad se toer het verlede Vrydag 14 Oktober tragies geëindig toe een van die vyf in Theronsbergpas gesterf het. Volgens inligting was vyf motorfietsryers van die Kaapstad-omgewing op ‘n drie dae toer van Barrydale na Tulbagh onderweg. By die T-aansluiting van die Ceres/Touwsrivierpad, het een lid van die groep, Clive Richards (62), omstreeks 17:40 besluit om vooruit te ry na Tulbagh. Die ander vier het met hulle aankoms besef dat Richards nie by die gastehuis aangekom het nie en na hom begin soek. Nadat hulle hom nie op sy selfoon in die hande kon kry nie is hy as vermis by Tulbagh SAPD aangemeld. Daar is later vasgestel dat Richards die laaste keer op sy selfoon was anderkant Theronsbergpas en nooit die dorp binnegery het nie. Die groep het orals langs die pad begin soek totdat hulle Saterdag 15 Oktober omstreeks 04:30 die motorfiets se wrak in ‘n draai in Theronsberg opgespoor het waar dit ‘n ent van die teerpad gelê het. Richards het blykbaar beheer oor sy motorfiets verloor en van die pad gery. Die motorfiets het bo-op hom geval en is hy aan veelvuldige beserings op die toneel dood. Die Ceres polisie ondersoek ‘n strafbare manslag klagte.

Koerant as naaswenner in landswye kompetisie aangewys VIR die eerste keer sedert die COVID-19 pandemie toegeslaan het, het die Forum vir Gemeenskapskoerante, weer hul jaarlikse toekenningsgeleentheid in Gauteng aangebied. Die Avbob FCJ toekenningsaand is op 14 Oktober gehou waartydens gemeenskapskoerante en joernaliste vereer is vir hulle werk. Samantha Lee-Jacobs van Peoples Post is aangewys as Joernalis van die Jaar en Etienne van Rensburg van Vaalweekblad was die Fotograaf van die Jaar. Die Witzenberg Herald het vanjaar in twee afdelings, Koerant van die jaar (onafhanklik) en Beste voorblad (onafhanklik) meegeding en is in beide afdelings as die naaswenner aangewys. Beide dié afdelings is deur Limpopo Mirror gewen. Reg Rumney en André Gouws was die gassprekers by die FCJ jaarkongres en Jeremy Maggs (bekende TV- en radiopersoonlikheid) was die gasspreker by die toekennings geleentheid buite Boksburg. * Die eienaars van die Witzenberg Herald kon ongelukkig nie die naweek die geleentheid in Gauteng bywoon nie.

Get a free quote today

087 094 8092 www.rubberroofs.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.25 no.41 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu