WH Her ald Witzenberg
Volume 27 no. 41
R 10
Friday, 18 October 2024
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 17 Oktober
Vrydag 18 Oktober
Saterdag 19 Oktober
Sondag 20 Oktober
7° 22°
7° 20°
4° 17°
3° 19°
CERES KOEKEDOUW DAM
100%
(023) 004-1338 l www.mastheadfp.co.za A representative of MASTHEAD Financial Planning (Pty) Ltd, a licensed Financial Services Provider
Skryf nou in
MASTHEAD Financial Planning
TULBAGH DAM
Neels Boshoff (Financial Planner) 082-335-8331 l nboshoff@mastheadfp.co.za Anna-Marié Boshoff (Financial Planner) 082-376-6498 l aboshoff@mastheadfp.co.za
100% WAVERENSKROON TULBAGH
95%
Lesings geneem: 2024/10/16
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Vrou (34) in hof na diefstal by Rustenburg myn DIE Valke in die Noordwes provinsie ondersoek sedert 2019 twee gewese werknemers van Sitona Mining nadat dié personeellede meer as R10 miljoen gesteel het. Een van die vroue, wat aangekla is van die diefstal en bedrog van meer as R1 miljoen, Alicia Gwynathon (Gwynnie) Cunningham (34), het die afgelope tyd op Ceres gewoon en gewerk. Sy het Maandag 14 Oktober weer in die streekhof op Rustenburg verskyn.
Volgens genl.maj. Patrick Mbotho van die Noordwes Valke, is die saak uitgestel na 17 Januarie 2025. Bedrog Cunningham is in Junie 2022 saam met Dinah Dorothea Botes (42) deur die Noordwes Valke se gespesialiseerde handelsmisdaadeenheid gearresteer weens die diefstal van meer as R10 miljoen. Die misdade is tussen 2014 en 2019 by die Sitona mynmaatskappy naby Rustenburg gepleeg waar die twee vroue in die rekeninge-afdeling werksaam was.
Huispryse styg skerp op Ceres UIT ‘n artikel in die Burger, blyk dit dat Ceres se huispryse die afgelope 10 jaar kwaai die hoogte ingeskiet het. Volgens die artikel is mense opsoek na ‘n goeie leefstyl en skole wat huispryse in die Boland en Kaapse Wynland, skerp laat styg het. Data van die eiendomsinligtingsmaatskappy, Lightstone, wys Ceres se eiendomspryse het met 350% gestyg - van R400 000 in 2014 tot R1.8 miljoen in 2024. In ander buurdorpe soos Riebeeck-Kasteel en Malmesbury, het pryse onderskeidelik met 100% en 88% toegeneem. In die artikel sê Pierre Germishuys (Seeff lisensiehouer in die Boland en Kaapse Wynlandstreek) dat die oplewing in die eiendomsmark in 2021-2022 hoofsaaklik deur lae rentekoerse gedryf is. Hy sê dat vooruitsigte vir die volgende dekade positief bly. Die gemiddelde 2024 huisprys op Ceres is R1.8 miljoen teenoor 2019 se R852 000. Dit is ‘n 111% verhoging die afgelope 5 jaar. Tulbagh verskyn ook op lys met ‘n gemiddelde huisprys van R1 miljoen in 2024 teenoor R935 000 in 2019. Dit is slegs ‘n 7% verhoging die afgelope 5 jaar.
Botes is in Februarie vanjaar skuldig bevind en gevonnis op 126 aanklagte van nagenoeg R9.3 miljoen. Sy het die geld in twee persoonlike rekeninge inbetaal. Sy is op 16 Februarie tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis. Cunningham het na bewering dieselfde metodes as Botes gebruik om meer as R1 miljoen na haar persoonlike rekening oor te plaas. Sy is aangekla van diefstal en bedrog asook oortredings van die Paia-wet op die opbrengs van misdaad en die konfiskering van bates wat deur kriminele aktiwiteite verkry is. Sy is tans uit op R15 000 borg.
‘n GEWESE werknemer van ‘n mynmaatskappy op Rustenburg, Alicia Gwynathon (Gwynnie) Cunningham (34), het weer in die hof verskyn. Sy het die afgelope tyd op Ceres gewoon en gewerk.
Planne vorder vir nuwe leefstylsentrum ‘n SAKEMAN van Ceres glo dat die beplande leefstyl-winkelsentrum wat hy tussen Ceres tennisklub en Ceres rolbalklub wil bou, ‘n positiewe impak vir die dorp inhou desondanks ‘n paar besware wat teen die projek ingedien is. Die spertyd vir indien van besware was Vrydag 11 Oktober. Lees meer hieroor op baldsy 3