Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.27 no.40 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 27 no. 40

R 10

Friday, 11 October 2024

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 10 Oktober

Vrydag 11 Oktober

Saterdag 12 Oktober

Sondag 13 Oktober

6° 21°

4° 30°

8° 29°

3° 22°

CERES KOEKEDOUW DAM

100%

MEAL IT!

TULBAGH DAM

100%

Add a 1.5L drink

WAVERENSKROON TULBAGH

95%

20980

R

(023) 312-1916 CERES

Lesings geneem: 2024/10/09

For orders of R80 + more, within a 3km radius from Ceres

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Drie diewe wil aansoek doen vir borg DRIE verdagtes is deur speurders vasgetrek, skaars ‘n week nadat hulle ‘n Troxler-masjien van R250 000 op Erfenisdag uit een van Roadmac se voertuie gesteel het. Die masjien word gebruik om teerdigtheid te meet en bevat radioaktiewe materiaal. Nadat die drie verdagtes dit opgekap het, is ‘n klein stukkie daarvan vir R64 aan ‘n ongeregistreerde skroothandelaar verkoop. Twee verdagtes, Llwellyn Nel (33), ook bekend as Tubby en Justin Charles (33), ook bekend as Jussie Ai, is die naweek van 28-29 September in Fase 6 buite P.A. Hamlet gearresteer. Die polisie het later ‘n derde verdagte, Renaldo van Neel (31), gearresteer nadat hy vroeër weggehardloop het. Nel en Charles het reeds in die Ceres landdroshof verskyn. Op Maandag 7 Oktober is die saak na 28 November uitgestel nadat beide mans aangedui het dat hulle wil aansoek doen om borgtog. Die Troxler, ‘n masjien wat teerdigtheid meet en radio-aktiewe materiaal bevat, is uit een van Roadmac se voertuie gesteel. Roadmac is die kontrakteur wat die P.A. Hamlet/Op-die-Bergpad herseël en teer. Nadat dit aan ‘n ongeregistreerde skroothandelaar op P.A. Hamlet verkoop is, is die skrootmetaal na ‘n geregistreerde handelaar op Paarl voordat dit by ‘n handelaar in Epping beland het waar die polisie dit Maandag 30 September gekry het. Die vraghouer waarin die radio-aktiewe metaal was, moes later gesluit en verseël word. ‘n MOTORFIETSRYER wat saam met haar man deur die Tankwa Karoo gery het, is verlede Woensdag deur AMS noodhelikopter se personeel gered nadat sy geval het. Nicky Heyburgh was saam met Neil Dallas aan die begin van ‘n 30 dae toer deur die Karoo en Oos-Kaap toe sy omstreeks 12:00 op die R355 grondpad naby Da Doer padstal geval het. Sy het haar arm gebreek. Die noodhelikopter is met hul satellietfoon ontbied aangesien daar geen selfoonopvangs is nie. Na twee ure het die helikopter geland, haar gestabiliseer en na die Vincent Palloti hospitaal vervoer. Die egpaar beplan om in April 2025 weer die toer aan te pak.

DRIE verdagtes is deur speurders vasgetrek nadat hulle ‘n Troxlermasjien van R250 000 op Erfenisdag uit een van Roadmac se voertuie gesteel het. VLNR: Llwellyn Nel, Justin Charles en Renaldo van Neel.

Hassen vrygelaat EEN van die huurmoordenaars wat gevangenisstraf vir die moord op Taliep Petersen uitgedien het, is op parool vrygelaat. Waheed Hassen wat in 2006 tot 25 jaar gevangenisstraf gevonnis is en sy vonnis by die Warm Bokkeveld korrektiewe dienste buite Ceres uitgedien het, is nou na 18 jaar op parool vrygelaat. Die ander huurmoordenaar, Abdoer Emjedi, is reeds in 2020 vrygelaat nadat hy 11 jaar uitgedien het vir moord en roof. Najwa Petersen (63) dien steeds haar 28 jaar gevangenisstraf uit nadat haar parool onlangs teruggetrek is nadat familielede nie in die saak geken is nie.

FOTO: Facebook/Netwerk24

FROM R379 900

From R5 799 p/m 48 Months 13.00% R281 795.65 Residual Value

TERMS AND CONDITIONS APPLY l FSP: 28260 l VEHICLE ILLUSTRATION PURPOSE ONLY

Voortrekkerstraat 112 CERES  (023) 312-1057


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.27 no.40 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu