Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.25 no.39 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 25 no. 39

R8

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 6 Oktober

2° 19°

Vrydag 7 Oktober

Saterdag 8 Oktober

Sondag 9 Oktober

4° 27°

10° 31°

10° 28°

Friday, October 7, 2022

TRADING HOURS: Monday - Friday 07:30 - 17:30 Saturday 08:00 - 13:00 Tel: (023) 312-3578

MINI SERVICE R350 + FREE HYDRO POWERGEL UPCOMING EVENTS: ESELFONTEIN MTB 14 - 16 OCTOBER 2022 WOLSELEY MTB 29 OCTOBER 2022 Valid until 31 October 2022

Nuwe sperdatum slegs vir die uitgawe van 14 Oktober 2022

Ceres Koekedouw dam

71%

Tulbagh dam

75%

Lesings geneem: 2022/10/05 Telephone: (023) 316-2021

Fax: 086-211-5774

WA: 066-316-3003

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Marx-egpaar nog in hospitaal DIE Marx-egpaar van Ceres wat meer as ‘n week gelede ernstig beseer is in ‘n kopaan-kop botsing buite Durbanville, is steeds in ‘n ernstige toestand in die Cape Gate Mediclinic. Petrus Marx (54) is sedert die ongeluk in die intensiewe-sorgeenheid waar sy toestand tans stabiel is. Petrus word moontlik volgende week weer geopereer, maar is intussentyd van die ventilator afgehaal. Maryke (50) is tans in ‘n gewone saal maar het nog baie rugpyn en sukkel om te beweeg. ‘n MRI en CT skandering is Woensdag gedoen om die oorsaak van die erge rugpyn vas te stel. Oorsaak van ongeluk onbekend Petrus en Maryke Marx was Saterdag 24 September omstreeks 19:50 op pad terug na Ceres toe hulle ernstig beseer is in ‘n kop-aan-kop botsing op die R312 Fisantekraalpad. Maryke se ma, Elthia Kremer (80), het in die ongeluk gesterf. Hul seun, Jeandré (17), het ongedeerd uit die wrak geklim. Die egpaar het hul dogter, Rochelle (21), vroeër die dag op die Kaapstad lughawe gaan aflaai en was op pad na Petra en Henri Bestbier in Wellington, toe die ongeluk gebeur het. Die bestuurder van ‘n Ford Figo, Kassan-

dra Demmer (26), het ook in die kop-aankop botsing gesterf. Dit is nog onbekend wat presies gebeur het.Die Klapmuts-polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag. Enige ooggetuies van die ongeluk word versoek om met die polisie te skakel of die Stop misdaadnommer 08 60-010-111 te skakel. Begrafnisreëlings eers later bekend Begrafnisreëlings sal eers later bekend gemaak word wanneer Maryke en Petrus se toestand verbeter het. Volgens ‘n familielid, Alicia Bestbier, sal die begrafnisdiens dalk eers vroeg in November plaasvind. “Ons waardeer almal se gebede en ondersteuning. My ouers, Henri en Petra, kry nog emosioneel swaar aangesien ouma Elthia vir 27 jaar saam met ons op Ceres gebly het”.

Ouma sterf in ongeluk Elthia Kremer (80).

‘n ONBEKENDE motorbestuurder het Maandagoggend 3 Oktober na bewering vir ‘n rondloper bees uitgeswaai en in ‘n Canolaland van Sakkie Rust buite Tulbagh, tot stilstand gekom. Geen beserings is aangemeld nie.

Wolseley-saak

SAPD-lede kry borg TWEE Wolseley polisielede wat meer as ‘n maand lank in aanhouding was, is verlede Donderdag op borgtog vrygelaat. Sers. Wayne Boer (44) en kst. Cashwinn Visagie (29) is Donderdag 29 September in die Wolseley landdroshof op borgtog van R2 000 elk vrygelaat. Hulle verskyn saam met twee oudkollegas, Byrone Williams (26) en Ricardo Conradie (39) en ‘n speurder van Wolseley, s/ sers. Heinrich Hendricks (36). Die vyf staan tereg op klagtes van huisbraak, korrupsie en intimidasie. Boer en Visagie moet weer op 28 Oktober in die Wolseley landdroshof verskyn. Vasgetrek Speurders in die Boland het Dinsdag 6 September toegeslaan en dié polisielede gearresteer en in die Paarl aangehou.

Boer, Hendriks en Visagie was van diens af ten tye van hul arrestasies en Williams en Conradie, wat vroeër vanjaar uit die polisie ontslaan is en op Wolseley gestasioneer was, is ook gearresteer. Die vyf was vir klagtes van diefstal, intimidasie en aanranding gearresteer en is in Julie vanjaar deur ‘n klaer by die polisie aangemeld. Klagtes Boer verskyn op klagtes van intimidasie en korrupsie en Visagie op ‘n klag van huisbraak met die doel om aan te rand. Hendricks word van regsverydeling aangekla. Hendriks en Williams is op waarskuwing vrygelaat en Conradie op R2 000 borgtog. Boer, Visagie en Conradie het nog ander strafsake in ander howe teen hulle.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.25 no.39 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu