WH Her ald Witzenberg
Volume 25 no. 43
R8
Friday, November 4, 2022
TRADING HOURS: Mon - Fri: 07:30 - 17:30 Saturday: 08:00 - 13:00 49 Lyell Street (023) 312-3578
SPEND R450 OR MORE TO STAND A CHANCE TO WIN A HAMPER WORTH R1 000 CLOSING DATE: 30 NOVEMBER 2022
UPCOMING EVENTS: OP-DIE-BERG MTB 26 NOVEMBER 2022
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 3 November
Vrydag 4 November
13° 28°
11° 27°
Saterdag 5 November
Sondag 6 November
11° 29°
12° 29°
Ceres Koekedouw dam
67,5% Tulbagh dam
72%
Leerders kry swemlesse
Lesings geneem: 2022/11/02 Telephone: (023) 316-2021
Fax: 086-211-5774
WA: 066-316-3003
3
nuus@witzenbergherald.com
www.witzenbergherald.co.za
Inwoner sterf in botsing EEN persoon is die naweek dood en meer as ses mense beseer in ‘n ongeluk op die R303 naby die Skoonvlei-afdraai en Vreeland op pad na Bella Vista. Twee voertuie, ‘n rooi Mazda en ‘n wit VW Golf, het Sondag omstreeks 15:00 mekaar kop-aan-kop getref. EEN persoon is die naweek dood en meer as ses mense beseer in ‘n ongeluk op die R303 naby die Skoonvlei-afdraai en Vreeland op pad na Bella Vista. Twee voertuie, ‘n rooi Mazda en ‘n wit VW Golf, het Sondag omstreeks 15:00 mekaar kop-aan-kop getref. Volgens ‘n ooggetuie en die polisie het die bestuurder van die VW Golf, Bradley Seroot (21),beheer oor die motor verloor en die aankomende Mazda aan die bestuurderskant getref voordat die Golf gerol en beide voertuie aan die oorkant van die pad, tot stilstand gekom het. Die bestuurder van die Mazda, Gabriel Denation (61), is op slag dood en drie insittendes, Mason Denation (7), PJ Adams (6) en Gabriel Koopman (32), is beseer. Denation was in Ceres se rigting onderweg om iets in die Kaap te gaan optel.
Die Golf was in Bella Vista se rigting onderweg. Na die ongeluk is die pad vir verkeer gesluit terwyl die nooddienste, die verkeer en die polisie op die toneel besig was en na beseerdes omgesien het. Drie ambulanse van Ceres EMS het die beseerdes na die Ceres hospitaal geneem. Die ander beseerdes wat in die Golf was is: Burton Zimri (19), Emile Hector (25), Marchelle Geldenhuis (25) en Marchall Fredericks (24). Die polisie ondersoek ondermeer ‘n strafbare manslagklag en beweringe dat die bestuurder van die Golf nie ‘n geldige lisensie het nie. Indien daar ooggetuies is, kan hulle s/sers. Zimri, skakel by (023) 316-8500. Begrafnis Denation se begrafnis vind Saterdag 5 November plaas om 12:00 vanuit die St. Matthews gemeente in Bella Vista.