WH Her ald Witzenberg
Volume 27 no. 43
R 10
Friday, 1 November 2024
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 31 Oktober
Vrydag 1 November
Saterdag 2 November
Sondag 3 November
12° 31°
14° 32°
13° 28°
9° 25°
CERES KOEKEDOUW DAM
100% TULBAGH DAM
98%
WAVERENSKROON TULBAGH
100%
Lesings geneem: 2024/01/11
Sien volledige program op bl. 8
• Onafhanklike finansiële advies • Kostes en swak prestasie vreet aan jou neseier • Laat dit onafhanklik hersien. Martin Behm 082-734-4549
(023) 316-2959 martinb@27four.com
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
DOW betaal uitstaande munisipale rekeninge DIE Departement van Openbare Werke (DOW) het verlede week die munisipale spertyd gehaal en die speurderskantore se uitstaande munisipale rekeninge vereffen. Die dringende betaling volg nadat die Witzenberg munisipaliteit se elektrisiteitsafdeling verlede Maandag 21 Oktober, die kragtoevoer na die twee huise wat die speurderskantore asook menslike hulpbronne en intelligensie se kantore in Voortrekkerstraat huisves, afgesny het. Die krag is later weer aangeskakel en daar is ooreengekom dat die betalings sal voor Vrydag 25 Oktober gedoen word. Twee persele wat die polisie se barakke op Tulbagh en Wolseley huisves, het ook uitstaande rekeninge maar is nie afgesny nie. Uitstaande rekeninge Betroubaar word verneem dat die uitstaande skuld ver meer as R250 000 beloop het. Verlede week het die Wes-Kaap minister van polisie in ‘n navraag gesê hulle is nie verantwoordelik vir die rekening nie en dat betalings van munisipale dienste, die DOW se verantwoordelikheid is. Die DOW het weer op hul beurt gesê dat eenmalige betalings gemaak word aan munisipaliteite en landdroshowe en dat dit moontlik nie na die regte rekening geallokeer is nie. Dit is egter foutief - munisipaliteite kan nie besluit hoe die allokasie gemaak moet word nie.
Vermiste inwoner na twee weke veilig gevind ‘n INWONER (68) van Ceres wat twee weke gelede as vermis gerapporteer is en sedertdien deur die Ceres polisie gesoek is, is veilig. Die polisie het Woensdag bevestig dat Danie van Eck (68) die week met sy seun in verbinding getree het en dat die seun aan die Mosselbaai polisie bevestig het dat sy pa veilig is. Hy bevind hom iewers in die George/Mosselbaai omgewing. Agtergrond Van Eck het op 17 Oktober verdwyn voordat hy sy vrou by haar werk moes gaan haal het. Sy het hom as vermis by die polisiestasie aangemeld. Vrydag 18 Oktober het Van Eck self met die polisie geskakel om te sê hy is veilig en dat daar nie na hom gesoek moet word nie. Hy het die afgelope twee weke geweier om te sê waar hy hom bevind. CCTV materiaal het gewys dat ‘n Toyota Avanza met ‘n CA registrasienommer hom die betrokke dag by sy huis opgelaai het. Die saak van vermiste persoon kan nou deur die polisie afgesluit word.
Motorfietsryer dankbaar vir AMS se hulp na ongeluk
‘n MOTORFIETSRYER wat saam met haar man deur die Tankwa Karoo gery het, is Woensdag 2 Oktober deur AMS noodhelikopter se personeel gered nadat sy geval het. Twee ervare motorfietsryers, Nicky Heyburgh en haar man Neil Dallas, was aan die begin van ‘n 30 dae toer deur die Karoo en Oos-Kaap toe sy omstreeks 12:00 op die R355 grondpad naby Da Doer padstal in die Tankwa Karoo, ‘n sandderige gedeelte getref en geval het. Sy het ondermeer haar arm gebreek. Die noodhelikopter is met hul Garmin InReach satellietfoon ontbied aangesien daar geen selfoonopvangs is nie. Na twee ure het die helikopter geland, haar gestabiliseer en na die Vincent Palloti hospitaal vervoer. Nicky Heyburgh kan nie veel van die ongeluk en die noodvlug onthou nie. Sy is egter baie dankbaar dat AMS noodpersoneel haar lewe gered het. Sy het die week die geleentheid gebruik om die Wes-Kaap gesondheids departement te bedank asook ‘n besoek aan die AMS-span gebring om hulle te bedank vir die diens wat hulle gelewer het. Die egpaar beplan om in April 2025 weer die toer aan te pak.
Porterstraat (023) 312-3411 Besigheidsure: Ma. - Vr.: 08:00 - 17:00 Sat.: 08:00 - 11:30
NICKY Heyburgh en haar man Neil Dallas het onlangs ‘n besoek aan die AMS-span gebring om hulle te bedank vir die diens wat hulle gelewer het. FOTOS: AMS en Facebook