WH Her ald Witzenberg
Volume 26 no. 19
R 8.50
Friday, 19 May 2023
CERES (023) 312-2144
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 18 Mei
Vrydag 19 Mei
Saterdag 20 Mei
Sondag 21 Mei
4° 18°
3° 17°
2° 19°
3° 15°
(023) 004-1338 l www.mastheadfp.co.za A representative of MASTHEAD Financial Planning (Pty) Ltd, a licensed Financial Services Provider
Ceres Koekedouw dam
MASTHEAD Financial Planning
38,4%
Neels Boshoff (Financial Planner) 082-335-8331 l nboshoff@mastheadfp.co.za Anna-Marié Boshoff (Financial Planner) 082-376-6498 l aboshoff@mastheadfp.co.za
Tulbagh dam
25%
Lesings geneem: 2023/05/17
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Polisie soek dié vier rowers DIE Ceres polisie soek steeds na vier verdagtes wat twee weke gelede die Nduli USave winkel beroof het. Vier verdagtes gewapen met pistole het Vrydag 5 Mei omstreeks 14:15 die USave winkel in Nduli beroof. Die mans het van die personeel aangehou voordat hulle die bestuurder gedwing het om ‘n kluis oop te sluit. Die mans het kort daarna met ongeveer R33 000 kontant gevlug. Niemand is beseer nie. Dit is blykbaar die derde keer wat die winkel beroof word. Die polisie het verlede week fotos van die vier verdagtes vrygestel en die Witzenberg gemeenskap gevra om te help om die mans te identifiseer. Iemand met inligting oor die mans, kan die ondersoekbeampte s/sers. Seroot skakel by (023) 316-8500. * Meer as 110 000 mense het die afgelope week op die Witzenberg Herald se Facebook-bladsy hierna gekyk. Daar is iemand wat beweer hy ken die verdagtes. Die persoon word gevra om dringend met die polisie in verbinding te tree.
Moordsaak
Twee verdagtes in die hof
DIE twee mans wat verdink en aangekla word van die moord op ‘n Ceres inwoner en sendeling, het Dinsdag weer in die Worcester landdroshof verskyn. Dié moord en die diefstal van ‘n bakkie, het verlede week skokgolwe deur die Witzenberg gemeenskap gestuur. Die Worcester polisie ondersoek die moord op proponent Herman Nieuwoudt (59) van Ceres.
Twee 19-jarige verdagtes van die Worcester-omgewing, Banele Moya en Bongani Banda, is kort na die moord geareesteer. Hulle het Dinsdag 16 Mei weer vlugtig in die Worcester landdroshof verskyn op klagtes van moord, diefstal van voertuig en die besit van gesteelde voertuig. Die mans het afgesien van hul borgaansoek. Die saak is tot 24 Julie vir verdere ondersoek uitgestel.