Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.27 no.19 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 27 no. 19

R 10

Friday, 17 May 2024

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 16 Mei

Vrydag 17 Mei

Saterdag 18 Mei

Sondag 19 Mei

1° 20°

2° 22°

4° 24°

8° 29°

CERES KOEKEDOUW DAM

58%

(023) 004-1338 l www.mastheadfp.co.za A representative of MASTHEAD Financial Planning (Pty) Ltd, a licensed Financial Services Provider

MASTHEAD Financial Planning

TULBAGH DAM

Neels Boshoff (Financial Planner) 082-335-8331 l nboshoff@mastheadfp.co.za Anna-Marié Boshoff (Financial Planner) 082-376-6498 l aboshoff@mastheadfp.co.za

86%

WAVERENSKROON TULBAGH

25%

Lesings geneem: 2024/05/15

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Stiefpa en ma van 3-jarige gevonnis ‘n MAN wat sy stiefkind talle kere aangerand en mishandel het voordat die driejarige dood is, is weens dié dade swaar gevonnis. Die kind se biologiese ma is ook aan kindermishandeling skuldig bevind en gevonnis. Die saak is aangehoor in die Rondgaande Hooggeregshof in Worcester voor adjunkhoofregter Le Grange en spruit uit ‘n tragiese voorval op 6 Januarie 2021. Die 3-jarige Franco Booysen is deur sy stiefpa, Denvir Goeieman (28) van Fase 5, P.A. Hamlet, oor ‘n tydperk aangerand terwyl hy in die sorg was van Goeieman se ma, Katriena Goeieman (59). Simone Booysen (26), klein Franco se biologiese ma, was ten tye van die voorval in ‘n verhouding met Denvir. Booysen was die betrokke dag by die werk. Goeieman het die aand die seuntjie gaan bad waarna hy blykbaar kwaad geraak het omdat die kind homself natgemaak het. Hy het toe herhaaldelik vir klein Franco aangerand. Die kind het na die aanranding gesterf terwyl daar vir die ambulans gewag is. In verklarings aan die polisie het Goeieman beweer dat die kind vroeër die dag buite die huis met maatjies gespeel en met sy kop teen ‘n klip geval het.

Die nadoodse ondersoek het egter getoon dat Franco Booysen weens die impak van ‘n stomp voorwerp gesterf het. ‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen en nadat die ondersoek voltooi is, is die dossier na die direkteur van openbare vervolging gestuur vir ‘n beslissing. Daar was ook bewerings dat Franco Booysen gereeld deur Goeieman aangerand en mishandel was, maar dat sy ma en die kind se biologiese ma niks daaraan gedoen het nie. Moord Die DOV het beslis dat Denvir Goeieman weens moord op Franco moet teregstaan. Verder is opdrag gegee dat Katriena Goeieman en Simone Booysen van kindermishandeling aangekla moet word. Vonnis Op 15 April het Denvir Goeieman skuld beken op ‘n klag van moord en is hy op 16 April tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis. Drie jaar van die gevangenisstraf is opgeskort vir 5 jaar wat beteken hy moet 12 jaar effektief daarvan uitdien. Simone Booysen het skuld beken op ‘n klag van kindermishandeling en is tot 18 maande gevangenisstraf gevonnis. Dit is ingeheel opgeskort vir drie jaar. Die saak teen Katriena Goeieman is teruggetrek.

* Die saak is ondersoek deur s/sers. AJ van Rooy van Ceres SAPD se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (GKS).

Man (29) sterf toe bakkie boom tref INWONERS in Vosstraat het Sondag 12 Mei van ‘n harde slag wakker geskrik toe ‘n wit Ford Ranger dubbelkajuit bakkie teen ‘n boom op die sypaadjie by Dutoit Groep se hoofkantoor vasgejaag het. Volgens die polisie het die ongeluk omstreeks 01:15 plaasgevind toe ‘n Chinese burger en werknemer van Harvest Trays buite Ceres, Hoa Peng He (29), teen die boom gebots het. Met die polisie en EMS se aankoms op die ongelukstoneel het hulle die bakkie teen die boom aangetref en die bestuurder wat alleen in die bakkie was, was reeds dood.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.27 no.19 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu