Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.26 no.18 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 26 no. 18

R 8.50

Friday, 12 May 2023

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 11 Mei

Vrydag 12 Mei

Saterdag 13 Mei

Sondag 14 Mei

3° 19°

1° 13°

3° 13°

4° 14°

Bespaar water!

Ceres Koekedouw dam

38,7% Tulbagh dam

25%

(023) 312-1916

For orders of R80 + more, within a 3km radius from Ceres C E R E S

Lesings geneem: 2023/05/10

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Moord stuur skokgolwe deur gemeenskap Twee verdagtes vasgetrek DIE nuus dat ‘n sendeling en inwoner van Ceres vermoor en sy bakkie gesteel is, het die naweek skokgolwe deur die gemeenskap gestuur. Die Worcester polisie wou teen Maandag min inligting rakende die moord op proponent Herman Nieuwoudt (59) bekendmaak en gesê dat verdere inligting opgevolg word. Nieuwoudt was voor sy dood werksaam by die Patmos Arbeidsbediening waar hy geestelike werk op plase in die Bo-Swaarmoedomgewing, die Sandveld en Tankwa Karoo gedoen het. Hy was ook tot 2018 ‘n hulpleraar by Ceres VGK gewees. Twee 19-jarige verdagtes van die Worcester-omgewing, Banele Moya en Bongani Banda, is die naweek gearresteer en het Dinsdag 9 Mei vlugtig in die Worcester landdroshof verskyn op klagtes van moord, diefstal van voertuig en die besit van 'n gesteelde voertuig. Die saak is tot Dinsdag 16 Mei vir verdere ondersoek uitgestel. Polisie-ondersoek Die Worcester polisie het in ‘n verklaring gesê Herman Nieuwoudt het verlede Vrydag 5 Mei na 17:00, sy huis in sy Toyota dubbelkajuit bakkie verlaat om kruideniersware in die dorp te gaan koop. Die bakkie is omstreeks 18:00 op veiligheidskameras opgemerk waar dit uit Ceres in die rigting van Michellpas ry. Saterdag 6 Mei omstreeks 08:30 het ‘n voetganger, lede van die Worcester SAPD gestop en meegedeel dat hy ‘n man se liggaam langs die pad opgemerk het. Met nadere ondersoek het die polisie ‘n liggaam ongeveer 1 kilometer van die Wolseley/Worcester kruising by die N1 aangetref waar dit in die bosse langs ‘n rivier gelos is. Die polisie het langs die liggaam ‘n sak met kruideniersware en ‘n kasregisterstrokie van ‘n winkel op Ceres gevind. Ceres polisie is gevra om die inligting op te volg waarna dit hulle na die oorledene

se vrou op Ceres gelei het. Nieuwoudt het gesterf weens beserings aan sy gesig asook steekwonde in sy nek en rug. Sy bakkie was nie op die toneel nie en is later op die Eureka-plaas in die De Wet-omgewing buite Worcester gevind. Huldeblyke Huldeblyke op sosiale media het ingestroom sedert die nuus bekend geword het van die moord op die vredeliewende inwoner. Herman se suster Wilna Groenewald het in ‘n Facebook-inskrywing gesê: My liewe boetie, jy is op ‘n wrede manier van ons af weggeneem. Tog laat jy ons met onskatbare herinneringe. Jy het alles vir mense gegee. Letterlik en figuurlik. Jou opdrag as dominee maar ook jou liefdestaak aan jou familie en vriende het jy ten volle uitgeleef. Jy het by almal ‘n blywende gedagte gelaat. Ons eer jou nalatenskap en sal mooi na Martha, Adriaan en Hendrik kyk. Ons weet jy was baie lief vir hulle. Lekker tuin maak daarbo en moenie vergeet om jou sangstem en fluitery van daar bo af laat hoor nie. Cordré Smith van Matroosberg onthou Herman as ‘n toegewyde persoon wie se doel dit was om altyd siele vir die Koningryk te wen. Sy kennis van plante was ook uitstekend en hy het baie plante gekweek. Hy was ook ‘n baie vrygewige persoon. In 1996 met die stigting van die Patmos Arbeidsbediening, was Herman die eerste geestelike werker van Patmos en het hy in die Bo-Swaarmoed-omgewing begin werk. Hy was ‘n mentor vir die ander geestelike werkers. Pierre Jacobs, oudskriba van die Ceres VGK het op Facebook geskryf: Ai, hoe sê ‘n mens totsiens aan so ‘n merkwaardige Godsman, oudkollega en vriend. Dit is baie seer en ek is stukkend! Ek eer jou nagedagtenis en sal leiding en leringe uit die Woord wat jy aan my en duisende ander verkondig het, vir altyd saam met my dra en koester. Jou afsterwe is onwerklik en ‘n groot verlies. Baie sterkte aan sy vrou, Martha, die kinders en breë familie. Herman word oorleef deur sy vrou, Martha, en kinders Adriaan (29) en Hendrik (26), ‘n oudleerder van Charlie Hofmeyr en akteur wat die afgelope tyd in talle Afrikaanse produksies op KykNet te sien was.

VITZ FOR VICTORY From R2 899 p/m From that first car feeling to the graduation celebration, victory comes in many forms. So, celebrate them all, big or small, in the all-new Toyota Vitz! Effortlessly chic and stylish, with a 1.0L three-cylinder petrol engine and 295L boot space, the Toyota Vitz is more affordable than you can imagine. Say, “Vitz for Victory” and celebrate life in the all-new Toyota Vitz. Toyota Financial Services (South Africa) Ltd is an Authorised Financial Services (FSP No:7454) and Registered Credit Provider (NCRCP62) Ts & Cs Apply

(023) 312-1057 Voortrekkerstraat 112, CERES Arno, Pierre, Andre of Giepie

HERMAN Nieuwoudt (59).

Bakkie verlaat dorp


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.26 no.18 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu