Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.26 no.17 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald

TRADING HOURS: Mon - Fri: 09:00 - 17:00 Saturday: 08:00 - 13:00 Tel: (023) 312-3578 49 Lyell Street, Ceres

Witzenberg

Volume 26 no. 17

R 8.50

• SERVICES • PARTS • ACCESSORIES • CLOTHING • LAY-BYE

Friday, 5 May 2023

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 4 Mei

Vrydag 5 Mei

Saterdag 6 Mei

Sondag 7 Mei

6° 22°

6° 23°

5° 19°

5° 23°

• Onafhanklike finansiële advies • Kostes en swak prestasie vreet aan jou neseier • Laat dit onafhanklik hersien.

Ceres Koekedouw dam

39,2% Tulbagh dam

Martin Behm 082-734-4549

24%

Lesings geneem: 2023/05/03

(023) 316-2959 martinb@27four.com

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Verhoor word in Augustus voortgesit

Tragiese voorval

Hanteerder sterf na olifant hom aanval ‘n OLIFANTHANTEERDER (41) van ‘n bekende wildplaas buite Ceres, is Maandag tragies dood nadat hy deur ‘n olifantbul aangeval is. Ceres SAPD het ‘n geregtelike doodsondersoek begin na die tragiese dood van Kabelo Botha Mashoa (Mashaba) van Inverdoorn. Die voorval het Maandag 1 Mei omstreeks 14:15 plaasgevind, baie naby aan werkershuise op dié wildsplaas. Inverdoorn, is ‘n private wildsplaas wat ongeveer 65km van Ceres op die Sutherlandpad geleë is. ‘n Olifantbul, een van twee olifante op Inverdoorn, het blykbaar ‘n hek oopgestoot. Kabelo het saam met een van die werknemers gery en probeer om die olifantbul terug in sy kamp te kry. Nadat hy afgeklim het, het die olifant hom aangeval en vertrap. Hy is op die toneel dood. ‘n Veearts was later op die toneel en het seker gemaak dat die olifantbul kalmeer. ‘n Besluit oor die olifantbul se toekoms, sal later geneem word. Meegevoel Inverdoorn het in ‘n verklaring bevestig dat Kabelo Botha Mashoa, een van hul personeel dood is nadat hy deur ‘n olifant aangeval is. Die olifantbul is die afgelope 15 jaar op die plaas. Inverdoorn het hul meegevoel betuig met die familie, vriende en medewerkers van Kabelo. Inverdoorn vra dat die familie en personeel se privaatheid gerespekteer word en dat hulle later kommentaar sal lewer as die ondersoek afgehandel is.

‘n OLIFANTHANTEERDER van Inverdoorn, Kabelo Botha Mashoa (41) is Maandag 1 Mei dood.

EEN van die olifante op Inverdoorn. FOTOS: Facebook

MEER as drie jaar nadat ‘n Ceres vrou weens dronkbestuur en korrupsie aangekla is, is die hofsaak nog ver van klaar. Lulama Ngwane (42), ‘n oudwerknemer van die Witzenberg munisipaliteit, moet weer in Augustusmaand in die Ceres streekhof verskyn op aanklagte van bestuur onder die invloed van alkohol en korrupsie. Volgens die oorspronklike klagte het sy in Februarie 2020 haar Nissan na bewering onder die invloed van 0.2 gram per 100ml in Gydopas bestuur. Dit is vier keer oor die wettige toegelate limiet. Die korrupsie-klag hou verband met die beweerde omkopery van ‘n polisieman om haar nie te arresteer weens dronkbestuur nie. Ngwane pleit onskuldig op beide aanklagte teen haar en beweer in ‘n beëdigde verklaring dat sy nie die Nissan Qashqai bestuur het nie maar ‘n ene Tsepang. Nadat die voertuig gestop is in Gydopas, het Tsepang weggehardloop. Voorval Ngwane is Saterdag 15 Februarie 2020 omstreeks 22:00 in Gydopas deur die polisie voorgekeer. Sy was alleen in haar swart Nissan Qashqai en het die voertuig na bewering roekeloos bestuur. Nadat sy afgetrek is, het ‘n polisiebeampte alkohol geruik en is sy gearresteer en na die polisiestasie op P.A. Hamlet gebring. Sy is aangehou tot die Sondagoggend waar sy aangekla is en later op waarskuwing vrygelaat is. Uitsteldatum Die saak is na 7 Augustus uitgestel vir verdere verhoor.

Porterstraat, Ceres (023) 312-3413 Besigheidsure: Ma. - Vr.: 08:00 - 17:00 Sat.: 08:00 - 11:30 Alle pryse is BTW ing. Geldig vanaf 5 - 31 Mei 2023 Terme en voorwaardes geld. Geen smouse.

Salton fan heater R240 Salton 3 bar heater R480 HAZ 2 bar heater R225

Flexikote 5L Rainkote 5L Fibre tech 5L

R170 R287 R300

Freezers navy S-L R412 Freezers navy XL R453 Freezers navy 2XL R477


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.26 no.17 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu