Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.27 no.17 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 27 no. 17

R 10

Friday, 3 May 2024

Janine Duckworth Area representative +27 (0)60 528 0683 janine@rubberroofs.co.za rubberroofs.co.za RESIDENTIAL, COMMERCIAL & INDUSTRIAL SERVICES INDOOR & OUTDOOR EXPERT APPLICATION

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 2 Mei

Vrydag 3 Mei

Saterdag 4 Mei

Sondag 5 Mei

12° 31°

10° 31°

8° 21°

7° 26°

CERES KOEKEDOUW DAM

59,6% TULBAGH DAM

88%

OK EXPRESS TULBAGH is baie opgewonde oor die opgradering en vergroting van ons winkel.

• Onafhanklike finansiële advies • Kostes en swak prestasie vreet aan jou neseier • Laat dit onafhanklik hersien.

(023) 230-1100 l 083-741-7213

Martin Behm 082-734-4549

Sien ons SPECIALS op bl. 5

WAVERENSKROON TULBAGH

27,5%

Lesings geneem: 2024/05/01

(023) 316-2959 martinb@27four.com

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Geen skade aangemeld

Bergbrand na dae geblus

DIGTE rook het sig so belemmer dat nooddienste en verkeer die pas met tye gesluit het. FOTO: Witzenberg munisipaliteit

DIE Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit se branddienste en CapeNature, is sedert die naweek besig met brandbestrydingstake in die Mostertshoek- en Wolwekloofarea, wat in die Witteberge bokant die R46 geleë is. Die brand, wat Saterdagmiddag laat in die Wolwekloofgebied ontstaan het, is deur aansienlike uitheemse plantegroei, hoofsaaklik Hakia, en wisselende winde aangedryf. Alhoewel die brand Sondagmiddag goed ingeperk was, het verskeie opvlammings weer Maandag en Dinsdag voorgekom. Vars grondspanne van die NCC het Dinsdag 30 April die ander spanne afgelos en voortgegaan met aktiewe brandbestrydings- en eiendomsbeskerming, moniterings en opruimingstake. Woensdag 1 Mei het die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit (KWDM) se branddienste gesê dat daar oornag goeie vordering gemaak is met die uitgebreide vuurlyn wat strek vanaf Wolwekloof buite Ceres tot by Romansrivier. Koeler weer het brandspanne in staat gestel om verdere verspreiding te voorkom. Die gebruik van voorbrand en ander tegnieke, het gehelp om die brandlyn in kleiner dele op te breek. Geen skade Geen skade aan eiendom is aangemeld nie. Die afgelope paar dae se weerstoestande en ongelyke terrein, het brandbestrydingsomstandighede bemoeilik.

Porterstraat, Ceres (023) 312-3413 Besigheidsure: Ma. - Vr.: 08:00 - 17:00 Sat.: 08:00 - 11:30 Terme en voorwaardes geld. Geen smouse. Pryse is BTW ing.

(While stocks last)

Montego Monty & Me Essential Adult 20kg @ R350

Duram Flexikote 5L ................................ R 175 Duram Rainkote 5L ................................ R 285 Duram Rubberflex 5L ............................ R 460 20L .......................... R 1 650 Valid 03/05/24 - 30/05/24 Dromex Soft Shell Jacket (Black) ............... R595 Dromex Puffer Jacket (2 Tone Colour) ........ R630 Dromex Puffer Jacket (Black/Royal Blue) ... R595 Dromex Puffer Bodywarmer (Black) ............ R395 Valid 03/05/24 - 30/05/24

BLACK & WHITE BLITZ DEAL

Spraymate Spraypaint Gloss Black Gloss White Satin Black Matt Black

R119 (While stocks last)

DRIE leerders van Fairfield primêr het onlangs brille van Ceres Lionsklub ontvang. Die skool bedank die Lions vir dié skenking aan drie leerders wie se sig swak is. Beter sig vergemaklik ‘n leerder se akademiese vordering en dra by tot ‘n positiewe selfbeeld.

Munisipaliteit waarsku teen skelmstreek DIE Witzenberg munisipaliteit vra inwoners om ag te slaan op dié waarskuwing! “Dit is met kommer dat ons verneem dat bedrieërs poog om inwoners se eiendom te betree onder die voorwendsel dat hulle deur die Witzenberg munisipaliteit gekontrakteer is om elektrisiteitdienste te staak weens wanbetaling”. Slegs persone, wat hulself positief kan identifiseer met dié identiteiskaartjie en dat hulle deur munisipaliteit aangestel is, moet toegelaat word op die perseel. “Die munisipaliteit stuur nooit WhatsAppboodskappe om inwoners in kennis te stel dat jou elektrisiteitstoevoer afgesny gaan

word nie”. Skakel die Witzenberg munisipaliteit by (023) 316-1854 indien daar enige twyfel bestaan oor ‘n persoon wat jou perseel wil betree. Belangrik om te weet: ● Die konsultante wat tans besig is in die veld, doen vervanging en opgradering van elektrisiteitmeters en hulle het identiteitskaarte om te toon. (Advertensie op bladsy 3) ● Die munisipaliteit se meterlesers lees net watermeters en elektrisiteitmeters en kan uitgeken word aan hul kleredrag met munisipale logo op.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.27 no.17 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu