Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.26 no.12 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 26 no. 12

R 8.50

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 30 Maart

Vrydag 31 Maart

Saterdag 1 April

Sondag 2 April

9° 24°

11° 27°

14° 31°

14° 26°

Ceres Koekedouw dam

40,4% Tulbagh dam

25%

Lesings geneem: 2023/03/29

Friday, 31 March 2023

Sakelui vergader op Ceres

Gold Medal Carpet Care SKOONMAAK VAN: • Alle matte • Gestoffeerde meubels • Matrasse • Voertuigsitplekke Mari Blom • Was ruite van huise en geboue (slegs buite) 084-212-3020

Awe-inspiring April offer at two of the best family resorts in Mauritius

DIE jaarvergadering van die Ceres Besigheids Inisiatief (CBI) is Dinsdag 28 Maart gehou. Meer as 100 sakelui het die vergadering in die Ceresvallei kerksaal bygewoon.

Save 40-45% on your stay at Victoria Beachcomber & Shandrani Beachcomber resorts when booking SAA set departures this April

Your best holiday yet! This offer is for set departures of 22 and 26 April 2023. For your ideal travel dates, please pop in for a more accurate quote that is free of charge.

Berig op bladsy 3

We are next door to Tremor Coffee Shop.

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Stappers gered

‘n STAPGROEP is die naweek gered nadat hulle deur swaar reën oorval en deur ‘n stygende rivier op die Witels staproete in die Waaihoekberge bokant Michellspas vasgekeer was.

‘n STAPGROEP is die naweek gered nadat hulle deur swaar reën oorval en deur ‘n stygende rivier op ‘n staproete in die Waaihoekberge bokant Michellspas vasgekeer was. Twee Kaapse families was deel van dié stapgroep en het Saterdag 18 Maart die gewilde Witels staproete na Michellspas aangepak. Op die roete moet stappers riviere en bergstrome kruis en oorswem en teen berghange afklim. Die groep moes teen Donderdag 23 Maart die eindpunt in Michellspas bereik het maar swaar reën wat vanaf Laingsburg, die Ceres Karoo tot Ceres uitgesak het, het riviere laat afkom en die stappers in die berg vasgekeer. In ‘n verklaring van WSAR word gemeld dat ‘n lid van die groep familielede via ‘n satellietfoon in kennis gestel dat hulle eers ‘n dag later by hulle eindbestemming sou aankom. Met die rivier wat sterker begin afkom het en die groep hul kampterrein moes verskuif, het die groep teen Donderdag weer ‘n familielid laat weet dat hulle nog langer op die staproete gaan wees. Stappers op die roete moet hul eie kosvoorraad en slaapgoed saamdra. Maar met die ekstra dae op die roete het hul kos begin min raak. Twee vriende van die stappers het later probeer om oor die Breederivier te swem om die vasgekeerde stappers te bereik en vir hulle kos te bring. Reddingspoging geloods Wildernis-soek-en-redding (WSAR) is Saterdag 25 Maart ontbied en ‘n reddingspoging is geloods met 20-30 reddingswerkers van die Wildernis-soek-en-redding (WSAR), die SAPD se duik- en honde-eenheid en lede van EMS. Donkerte, die slegte weer en ‘n rivier invloed het egter verhoed dat die stapgroep bereik kon word. Sondagoggend vroeg het reddingswerkers weer bymekaar gekom en is die groep byge-

staan met ‘n AMS noodhelikopter, ‘n polisie helikopter en rubberbote. ‘n Klein groepie reddingswerkers is met die AMS helikopter na die kloof geneem waar die agt stappers vasgekeer was. ‘n Paar reddingswerkers is met toue laat sak om die stappers te bereik. Die agt stappers is daarna opgehys en na ‘n landingsarea by die naby geleë Winterberg Mountain Inn geneem. Die res van die reddingswerkers wat lede van die SAPD se duikeenheid en hondeeenheid insluit, het die ander twee stappers met rubberbote oor die Breederivier na veiligheid gebring. Wydverspreide reën Van Donderdag 23 Maart tot Sondag 26 Maart is byna 70mm reën in die Ceres omgewing gemeet. In die Koue Bokkeveld is 28.2 mm gemeet en in die Bo-Swaarmoed omgewing ongeveer 53 mm. Bedankings John Davids (leier van die span reddingswerkers) het al die reddingswerkers, vrywilligers en die SAPD en EMS bedank wat in moeilike omstandighede gehelp het met die reddingsoperasie. WSAR het ook Winterberg Mountain Inn bedank wat almal geakkommodeer het en die Witzenberg Guest Farm wat Saterdagaand slaapplek vir die reddingswerkers verskaf het. Noodnommer Die WSAR se noodnommer is (021) 9370300 en is 24-uur beskikbaar.

087 094 8092 www.rubberroofs.co.za

ThermoTech™ Cool Roof Technology Next Generation ThermoTech™ Titanium Liquid Rubber Paint™ effectively reflects up to 80% of IR solar radiation and emits or convex heat instead of allowing it to be transferred into the building.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.26 no.12 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu