WH Her ald Witzenberg
Volume 27 no. 10
R 10
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 14 Maart
Vrydag 15 Maart
Saterdag 16 Maart
Sondag 17 Maart
9° 30°
11° 32°
10° 29°
10° 31°
Friday, 15 March 2023
VOTE FOR YOUR FAVOURITE WITZENBERG TOWN (023) 004-1338 l www.mastheadfp.co.za A representative of MASTHEAD Financial Planning (Pty) Ltd, a licensed Financial Services Provider
CERES KOEKEDOUW DAM
70,5% TULBAGH DAM
54%
WAVERENSKROON TULBAGH
55%
Lesings geneem: 2024/03/13
CERES (023) 312-2144
CERES VOTE [NAME OF YOUR TOWN]
TULBAGH
WOLSELEY
TO 33157
Voting closes: 15 March at 12:00 SMS COST R1.50
MASTHEAD Financial Planning Neels Boshoff (Financial Planner) 082-335-8331 l nboshoff@mastheadfp.co.za Anna-Marié Boshoff (Financial Planner) 082-376-6498 l aboshoff@mastheadfp.co.za
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Verdagte (34) wat sakeman aanval, vinnig vasgetrek
VERLEDE Donderdagoggend het ‘n taxi wat skoolkinders van P.A. Hamlet na Fairfield primêr vervoer, blykbaar nie die wagtende ry motors gesien nie en moes hy by JRT vervoer se perseel vinnig uitswaai. Die hoop is uitgespreek dat dié roekelose optrede deur verkeer en die SAPD aangespreek sal word. * ‘n Video is ook op www.witzenberg of Witzenberg Herald se Facebook opgelaai.
Waar is wetstoepassers wat taxis moet vasvat?
MINIBUS taxis wat nie by die stop-en-ry punte buite Ceres wil wag nie en dan sommer op die voetpaadjie tussen P.A. Hamlet en Ceres ry, is tans ‘n groot kopseer vir motoriste. Verlede week was daar vergaderings tussen die padkontrakteurs, die munisipaliteit, verkeer en die landbouvereniging om ondermeer dié probleme met die taxis en die lang tye wat die pad gesluit word, te bespreek. Verlede Donderdagoggend het ‘n taxi wat skoolkinders van P.A. Hamlet na Fairfield pri-
mêr vervoer, blykbaar nie die wagtende ry motors gesien nie en moes hy by JRT vervoer se perseel uitswaai. Hy het met die kinders oor ‘n watersloot gery en teen ‘n boom tot stilstand gekom. Die kinders het na die ongeluk, die paar honderd meter na die skool gestap. Hulle is later deur mediese personeel besoek en vir skok behandel. Die botsing is by P.A. Hamlet polisie aangemeld maar dit lyk in die stadium nie of daar enige ondersoek of aanklag teen die minibusbestuurder gaan wees nie.
Na die voorval is daar ondermeer besluit dat verkeersbeamptes meer sigbaar moet wees by dié padwerke se stoppunte. Minder as ‘n week na die taxi van die pad gery het, doen daar nou weer ‘n video die rondte wat wys hoe ‘n minubus op Dinsdag 12 Maart ongehinderd op die voetpaadjie by Bella Vista ry. Die video is na die verkeersdepartement aangestuur om teen die skuldiges op te tree. Die hoop is deur bekommerde motoriste uitgespreek dat die roekelose optredes gou aangespreek word deur wetstoepassers.
DIE polisie het ‘n verdagte vasgetrek, drie dae nadat hy ‘n sakeman by sy werksplek aangeval en ses keer met ‘n hamer oor die kop geslaan het. Tony Kleynhans (60), ‘n tweedehandse handelaar, was Maandag 4 Maart omstreeks 17:15 besig om sy perseel te sluit toe hy deur Elrico Engelbrecht (34) aangeval en ses keer met ‘n hamer oor die kop geslaan is. Engelbrecht, wat op die stoep gesit het, het Kleynhans se selfoon asook beursie met kontant in, gegryp en op die vlug geslaan. Die SAPD ondersoek ‘n klag van besigheidsroof. Engelbrecht is op 7 Maart in Fase 3 buite P.A. Hamlet gearresteer nadat die polisie onverpoos leidrade opgevolg het. Hy het Maandag 11 Maart vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn. Die saak is vir verdere ondersoek en ‘n borgaansoek na 18 Maart uitgestel. Hy bly in aanhouding. Ander voorval Dié Kleynhans-aanval volg kort op die hakke van ‘n voorval waar ‘n huurder op dieselfde perseel met ‘n skaapskêr in sy bors gesteek is. Juan Hanekom (43) is op 31 Januarie met ‘n dubbellem skaapskêr buite sy onderneming, JM Workshop en Service, gesteek. Nkosana Dyasopu (31) ook bekend as Lucky, is gearresteer en het in die Ceres landdroshof verskyn op ‘n klag van poging tot moord. Die saak is vir verdere ondersoek na 3 April uitgestel. Dyoshu bly in aanhouding.