Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.26 no.10 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 26 no. 10

R 8.50

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 16 Maart

Vrydag 17 Maart

Saterdag 18 Maart

Sondag 19 Maart

18° 37°

15° 28°

12° 24°

9° 17°

Friday, 17 March 2023

CERES (023) 312-2144

Polisie kry wapens en ammo (023) 004-1338 l www.mastheadfp.co.za A representative of MASTHEAD Financial Planning (Pty) Ltd, a licensed Financial Services Provider

Ceres Koekedouw dam

MASTHEAD Financial Planning

40,6% Tulbagh dam

27%

Lesings geneem: 2023/03/15

Lees artikel op bladsy 3

Neels Boshoff (Financial Planner) 082-335-8331 l nboshoff@mastheadfp.co.za Anna-Marié Boshoff (Financial Planner) 082-376-6498 l aboshoff@mastheadfp.co.za

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Moordsaak uitgestel

Motorfietsryer sterf in pas ‘n MOTORFIETSRYER is Sondag 12 Maart dood in Michellspas nadat hy met sy motorfiets teen die sperreling vasgery het. Die ongeluk het omstreeks 11:00 naby Witbrug plaasgevind. Die slagoffer is later deur sy vriende as Richard Kiche van die Paarl en lid van die Paarl motorfietsklub, geïdentifiseer. Die EMS ambulans is ontbied maar die man was reeds dood met hul aankoms. * Wolseley SAPD ondersoek ‘n strafbare manslagsaak en vra dat enige ooggetuies van dié ongeluk die ondersoekbeampte, s/sers. Heinrich Hendricks moet skakel by (023) 231-8016. ** Die week van 6 - 12 Maart is daar 76 dronkbestuurders gearresteer in die Wes-Kaap. Die provinsiale verkeer het 295 padblokkades en voertuigbeheerpunte beman waar byna 33 000 voertuie gestop en ondersoek is. Meer as 8 050 boetes is uitgereik, 59 voertuie is geskut en 105 is onpadwaardig verklaar. Daar is 14 ongelukke met 14 sterftes aangemeld. Onder die sterftes was vier motorbestuurders, een motorfietsryer (Ceres) en sewe voetgangers.

DIE drie mans wat verdink word van die moord op ‘n bejaarde vrou in die Ceres-Karoo bly in aanhouding tot hul borgaansoek later in April aangehoor kan word. Hofverskyning Willem Olivier (48), het Maandag 13 Maart, saam met Kelvin Vlok (22) en ‘n 17-jarige in die Ceres landdroshof verskyn. Die saak is tot 18 April uitgestel vir ‘n borgaansoek. Die drie mans, waarvan een ‘n gewese plaaswerker op die plaas Papekuil, is na ‘n uitgebreide soektog deur die polisie vasgetrek na die moord op Christina Johanna Walters (74). Volgens inligting het die voorval Vrydagaand 3 Maart tussen 18:00 en 24:00 plaasgevind. Walters se liggaam is ongeveer 30 meter van die plaashuis, met ‘n skietwond in die kop aangetref. Haar arms en hande was met ‘n belt en draad voor om haar lyf vasgemaak. ‘n Bebloede baksteen, waarmee sy vermoedelik geslaan en aangerand is, is ook op die toneel gekry. ‘n Ou haelgeweer het langs haar lyk gelê. Werker ontbied hulp ‘n Malawiër wat op die plaas woon en werk, het gesien hoe drie mans vroeër op die plaas aankom. Na 18:00 het hy skote gehoor en bang geraak en gaan wegkruip.

‘n Ruk later hy weggehardloop en na ‘n plaashuis ongeveer 20km daarvandaan geloop. Omstreeks 24:00 het hy by die eienaar om hulp aangeklop en van die skote en mans vertel. Die polisie is ontbied en omliggende plase is van die voorval in kennis gestel. Drie verdagtes is na ‘n uitgebreide soektog met ‘n polisiehelikopter en polisiehonde, in hegtenis geneem. Olivier is Saterdag 4 Maart ongeveer 3 kilometer verder op die buurplaas Klein Papekuilin hegtenis geneem. Vlok en ‘n 17-jarige familielid wat by Olivier op die plaas gekuier het, is Sondag 5 Maart by hul ouma op die plaas Nwardouw naby die Tankwa padstal gearresteer nadat hulle hulself aan die polisie oorgegee het. Die plaas is meer as 40 km van die moordtoneel. Vuurwapens gesteel Die mans het tydens die moord met ‘n .38 rewolwer en 9mm pistool en ‘n .303-jaggeweer geroof asook kruideniersware en drank gesteel. Die wapens is op 8 Maart op twee plekke in die Karoo gevind. Die .303-jaggeweer is op die plaas Witwalle weggesteek en later gekry. Die handwapens is ‘n ent daarvandaan naby Netvlakte gekry. Die los ammunisie is op 4 Maart gevind.

DRIE verdagtes het na hulle ‘n 74-jarige vrou vermoor het, met twee handwapens en ‘n .303-weer gevlug. Hulle het ook kruideniersware en drank gesteel. Die wapens is verlede week na goeie speurwerk opgespoor.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.26 no.10 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu