Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.27 no.9 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 27 no. 9

R 10

Friday, 8 March 2024

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig

In die week se uitgawe:

Donderdag 7 Maart

Vrydag 8 Maart

Saterdag 9 Maart

Sondag 10 Maart

13° 26°

14° 27°

15° 33°

17° 35°

CERES KOEKEDOUW DAM

73%

● Leerders presteer ● Eskom doen herstelwerk ● Rugbyseisoen skop af

TULBAGH DAM

54%

WAVERENSKROON TULBAGH

55%

Lesings geneem: 2024/03/06

MEAL IT!

Add a 1.5L drink

20780

R

(023) 312-1916 CERES WE NOW DO BELLA VIST A DELIVERIES VISTA

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Sakeman met ‘n hamer aangeval ‘n SAKEMAN van P.A. Hamlet, is Maandagmiddag by sy werksplek langs Fase 4 woonbuurt, deur ‘n onbekende man aangeval. Tony Kleynhans (60), ‘n tweedehandse handelaar, was omstreeks 17:28 besig om sy perseel te sluit toe hy deur die man aangeval en ses keer met ‘n hamer oor die kop geslaan is. Die man, wat op die stoep gesit het, het sy selfoon asook beursie met kontant in, gegryp en op die vlug geslaan. Die SAPD ondersoek ‘n klag van besigheidsroof. Buurtwaglede asook die polisie soek tans na die verdagte en volg leidrade op. Indien die gemeenskap iets meer weet oor die aanval, kan hulle kapt. Ballack skakel by (023) 313-3133. Ander voorval Dié Kleynhans-aanval volg kort op die hakke van ‘n voorval waar ‘n huurder op dieselfde perseel met ‘n skaapskêr in sy bors gesteek is.

Juan Hanekom (43) is op 31 Januarie met ‘n dubbellem skaapskêr buite sy onderneming, JM Workshop en Service, gesteek. Nkosana Dyasopu (31) ook bekend as Lucky, is gearresteer en het in die Ceres landdroshof verskyn op ‘n klag van poging tot moord. Die saak is vir verdere ondersoek na 3 April uitgestel. Dyoshu bly in aanhouding. Moord ‘n Man (36) is die naweek tydens beurtkrag vermoor. Die voorval het Sondagaand 3 Maart omstreeks 00:20 in Pinevalley buite Wolseley plaasgevind. Volgens die polisie is Sizwe Lelani dood in die plakkerskamp nadat hy deur ‘n onbekende persoon met ‘n mes in die bors gesteek is. Met die polisie se aankoms op die toneel was Lelani reeds dood. Indien daar iemand is wat iets gesien het of weet wie die aanvaller is, kan hulle die polisiestasie skakel by (023) 231-8014.

Vyf beseer in ongelukke TWEE ongelukke het die naweek op Tulbagh plaasgevind. In die eerste ongeluk (foto regs) is drie mense beseer en vir behandeling na Ceres hospitaal geneem nadat ‘n silwerkleurige Hyundai i10 die pad verlaat en gerol het. Die ongeluk het Saterdag 2 Maart omstreeks 16:45 plaasgevind. Die insittendes was van Bloubank se kant na Tulbagh onderweg toe die bestuurder in ‘n skerp draai na Vrolikheid, beheer oor die motor verloor het. Op Sondag 3 Maart omstreeks 20:15 het die bestuurder van ‘n VW beheer verloor by die Stasieweg-kruising. Die vier insittendes van Ceres was van Tulbagh in die rigting van Waterval onderweg toe ‘n band van die voertuig na bewering gebars en dit in die bosse op sy dak te lande gekom het. Twee insittendes is na die hospitaal geneem vir behandeling.

2021 Toyota Hilux 2.8 Raider DC 4x4 AT

2023 Toyota Agya

2016 Toyota Corolla 1.4D Presitge

From R10 599

From R3 500

From R4 300

TERMS AND CONDITIONS APPLY. BALLOON PAYMENT APPLIES TO CERTAIN MODELS. LINKED RATE.

Voortrekkerstraat 112, CERES  (023) 312-1057

Party vervang raadslid JOT Nel van ICOSA (links) is vanaf Desembermaand die nuwe proporsionele raadslid in die plek van Petrus Herandien (regs). ICOSA het einde verlede jaar besluit om Nel in die plek van Herandien te plaas in die Witzenberg munisipale raad. Herandien het hom in Januariemaand na die Hooggeregshof gewend vir ‘n dringende interdik teen dié besluit van ICOSA om hom te vervang en sy partylidmaatskap te beëindig. Herandien het ook ICOSA-leiers, die OVK, die Witzenberg munisipaliteit en die munsipale bestuurder as respondente by die aansoek gevoeg. Die uitspraak is op 12 Februarie deur waarnemende regter Adhikari gelewer waarin hy die dringende interdik aansoek van Herandien van die hand wys.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.27 no.9 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu