WH Her ald Witzenberg
Volume 27 no. 8
R 10
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 29 Februarie
Vrydag 1 Maart
Saterdag 2 Maart
Sondag 3 Maart
18° 36°
15° 33°
15° 33°
15° 31°
Friday, 1 March 2024
TULBAGH DAM
53%
WAVERENSKROON TULBAGH
55%
Lesings geneem: 2024/02/28
Waterproofing.
087 094 8092 www.rubberroofs.co.za
Vanaf Donderdag 22 Februarie is die
CERES KOEKEDOUW DAM
74,6%
The trusted name in commercial and residential
te koop by Village Bakkery
• Onafhanklike finansiële advies • Kostes en swak prestasie vreet aan jou neseier • Laat dit onafhanklik hersien. Martin Behm 082-734-4549
(023) 316-2959 martinb@27four.com
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Twee mans wat vrou beroof vra borg
LEERDERS van Charlie Hofmeyr hoërskool en personeel is verlede Vrydag verras met ‘n besoek van die DHL Stormers. Die Stormers het gaan gesig wys tydens die saalbyeenkoms en is deur skreeuende leerders verwelkom. Later is hulle na twee gimnasiums op die dorp om te gaan oefen voordat hulle vir meer as twee ure op Charlies se rugbyveld geoefen het onder die wakende oog van John Dobson. VLNR: Manie Libbok, rdl. Trevor Abrahams (burgemeester), Evan Roos, JJ Kotzé, Neethling Fouché en Attie Heyns.
Verkragtingsaak na streekhof oorgeplaas DIE verkragtingsaak teen ‘n werklose man is die afgelope week na die streekhof oorgeplaas. Die 40-jarige Wolseley inwoner word aangekla van die statutêre verkragting van ‘n 13-jarige meisie. Die voorval het in Oktober 2023 op die dorp plaasgevind. Die man is gearresteer en aangehou voordat borgtog
van R2000 op 13 November 2023 met streng voorwaardes, aan hom toegestaan is. Uitstel Die saak is na 3 April uitgestel. *Volgens die strafproseswet kan die verdagte eers geïdentifiseer word sodra hy gepleit het.
TWEE mans wat ‘n werknemer van Pep van duisende rande beroof het, het in die Ceres landdroshof aansoek gedoen vir borgtog. Ibrahim Dwaba (19) en Kamva Gqalaqha (23), se saak is na 7 Maart uitgestel wanneer die aansoek aangehoor sal word. Hulle bly in aanhouding. Goeie speurwerk Goeie speurwerk het gehelp dat Ceres speurders die verdagtes vasgetrek het. ‘n Vrou was op 20 November 2023 op pad om die geld by Standard Bank Ceres te gaan bank toe deur die verdagtes van nagenoeg R66 000 beroof is. Sy is deur ‘n gewapende man wat later as Kamva Gqalaqha geïdentifiseer is, voorgekeer en beroof. Na dié roof het twee mans in ‘n wit Colt bakkie weggejaag. Op die hoek van Zulch- en Cilliersstraat naby Vilco, het hulle teen ‘n Toyota bakkie gebots. Na die ongeluk het Gqalaqha uitgespring en weggehardloop. Die vrou wat hulle beroof het, se handsak is in die bakkie gekry. Die polisie het die bestuurder van die bakkie, Ibrahim Dwaba (19), wat vrugte smous in Munnikstraat, op die toneel gearresteer. Hy het ook eers probeer weghardloop maar is deur omstanders op die toneel gehou. Gqalaqha is ‘n paar dae later deur speurders gearresteer. Van die gesteelde geld is by hom teruggevind.