Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.27 no.25 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 27 no. 25

R 10

Friday, 28 June 2024

Janine Duckworth Area representative +27 (0)60 528 0683 janine@rubberroofs.co.za rubberroofs.co.za RESIDENTIAL, COMMERCIAL & INDUSTRIAL SERVICES INDOOR & OUTDOOR EXPERT APPLICATION

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 27 Junie

Vrydag 28 Junie

Saterdag 29 Junie

Sondag 30 Junie

8° 25°

9° 25°

8° 23°

4° 18°

CERES KOEKEDOUW DAM

78%

TULBAGH DAM

95%

WAVERENSKROON TULBAGH

25,25%

Lesings geneem: 2024/06/26

Save Water

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Inbrekers steel wapens INBREKERS het die naweek by twee woonhuise op Ceres ingebreek en vuurwapens en juweliersware gesteel. Niemand was tuis tydens die inbrake nie aangesien die huiseienaars weg was met vakansie. Die inbrekers het Saterdag 22 Junie omstreeks 18:00 op die eerste huis toegeslaan en deur ‘n badkamervenster toegang tot die huis gekry. Daarna het inbrekers ‘n gat in die plafon geslaan voordat alarmdrade geknip is. Die hele huis is omgekrap soos wat inbrekers na iets waardevols gesoek het. Hulle het later die wapenkluis in die huis gevind en dit oopgebreek. Twee handwapens, ‘n 9mm pistool en ‘n .38 special, is gesteel. Tweede inbraak Omstreeks 22:40 het die rowers by die bure langsaan ingebreek. Hier het hulle ook toegang verkry deur die badkamervenster. Een wapenkluis is uit die muur geruk en ‘n tweede groter kluis, is met moeite by die huis uitgedra en in die tuin gelos. Hierna is die veiligheidshek uit sy spore gelig voordat die kluis in ‘n voertuig gelaai is. Die rowers het met twee handwapens, ‘n .38 special en ‘n .22 pistool, en juweliersware gevlug. Wees versigtig Inwoners word gevra om nie hul alarms wat afgaan, te ignoreer nie en veiligheidsmaatskappye moet nouer saam met die polisie werk om wonings wie se alarms afgaan tydens die vakansietyd, te besoek.

Polisielede vasgetrek

INWONERS van Wolseley se oë het verlede Donderdag 20 Junie behoorlik gerek toe ‘n gekoppelde konvooi abnormale vragvoertuie van Eskom ook bekend as ‘n roadtrain, deur die dorp beweeg het in die rigting van die N1. Verkeer het vir byna ‘n kilometer agter die voertuie opgehoop terwyl dit deur provinsiale verkeer deur die dorp begelei is. Volgens inligting op die internet bestaan ‘n konvooi uit vier TR 8x8 Tractomas en twee swaardiensplatformsleepwaens. Die 8x8-aangedrewe vragmotors is deur Nicolas - ‘n Franse vervaardiger - ontwerp om abnormale vragte te vervoer, soos die Eskom-transformator van ongeveer 270 ton. Die 8x8 is die kleinboet terwyl die 10x10 die grootboet is. Om die vrag te vervoer word al vier vragmotors ingespan wat elk vier aste het. Twee vragmotors word vooraan die vrag gekoppel en twee aan die agterkant. Die vrag word deur twee platformwaens, elk met 13 rye wiele en drabalke van staal, gedra. Ses bestuurders is nodig om die gekoppelde konvooi te bestuur - een elk vir die vragmotors en een elk vir die sleepwaens. Die konvooi is tussen 90 en 170 meter lank en kan op ‘n goeie dag 100 kilometer aflê.

TWEE polisiemanne verbonde aan Wolseley SAPD, is verlede week op die dorp weens dwelmverwante misdrywe gearresteer. Die twee lede, sers. Petshwa en konstabel Lintnaar, is Saterdag 15 Junie deur die Wes-Kaap SAPD se anti-korrupsie-eenheid gearresteer kort nadat hulle aan diens gekom het. Hulle het Dinsdag 18 Junie vlugtig in die hof verskyn waarna die saak tot 22 Julie uitgestel is. Die twee is op borg van R2 000 elk vrygelaat. Hulle word aangekla van diefstal, korrupsie en regsverydeling. Die twee lede het na bewering mandrax tablette by ‘n man afgevat en dit later weer aan ‘n dwelmsmous verkoop. Die twee lede se arrestasie volg op die arrestasies in Januarie 2022 van vyf polisielede van Wolseley, ‘n gewese polisieman van die dorp en ‘n reservis by Wolseley SAPD. Twee van die polisielede is al afgedank. Almal verskyn in die Bellville handelsmisdaadhof op klagtes wat wissel van diefstal, korrupsie en regsverydeling. Nog drie polisielede van Wolseley is in 2023 aangekla maar die sake teen hulle is tydelik deur die staat teruggetrek. Die polisielede wat nog werk, se dissiplinêre sake is ook nog nie afgehandel nie. Een van die drie het ‘n magdom klagtes teen hom.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.27 no.25 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu