WH Her ald Witzenberg
Volume 26 no. 23
R 8.50
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 15 Junie
Vrydag 16 Junie
Saterdag 17 Junie
Sondag 18 Junie
5° 15°
4° 17°
4° 15°
3° 13°
Ceres Koekedouw dam
69%
Tulbagh dam
53%
Friday, 16 June 2023
CERES (023) 312-2144
Bakkiedief vlug GOEIE samewerking tussen plaaswaglede en die Ceres en Wolseley polisie, het gehelp dat ‘n vermeende bakkiedief die naweek vinnig vasgetrek kon word. ‘n Ford Bantam bakkie is in Worcester gesteel waarna die dief na Ceres uitgewyk het. Lees meer op bladsy 3
Lesings geneem: 2023/06/14
(023) 004-1338 l www.mastheadfp.co.za A representative of MASTHEAD Financial Planning (Pty) Ltd, a licensed Financial Services Provider
MASTHEAD Financial Planning Neels Boshoff (Financial Planner) 082-335-8331 l nboshoff@mastheadfp.co.za Anna-Marié Boshoff (Financial Planner) 082-376-6498 l aboshoff@mastheadfp.co.za
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Meer as 200 mm val in streek
ISUZU skrik nie vir water nie! Die laagwaterbruggie tussen Alheit- en Hugostraat op Ceres is omstreeks 10:00 Woensdagoggend gesluit nadat die Dwarsrivier begin afkom het. * Berig en fotos op bladsy 3.
Dam styg met 20%
DIE afgelope week het die Ceres Koekedouwdam met 20% gestyg. Dit is goeie nuus vir die landbougemeenskap en inwoners. Die dam was verlede Woensdag 49.2% en het Woensdag 14 Junie tot 69% gestyg. Die dam was 58.4% in die ooreenstemmende week in 2022. Meer as 215 mm is sover die maand op Ceres gemeet. Van 3-4 Junie is daar tussen 80 en 95 mm reën op Ceres gemeet. Nog reën het tussen 7 Junie en 14 Junie (09:00) uitgesak. In die tyd is 119.2 mm gemeet. In dieselfde tydperk is byna 75 mm in die Sterkwater-omgewing gemeet en 110.8 mm in die Romansrivier-omgewing. Tulbaghdam het die afgelope week van 42% na 53% gestyg. Dit is beslis ook goeie nuus vir Tulbagh-inwoners wat sedert 21 April gebuk gaan onder vlak 4 waterbeperkings en waterbeurtkrag tussen 09:00 tot 16:00 daagliks. Min skade is teen Woensdagoggend aangemeld.
Munisipale werkers was vroeg reeds druk besig om verstopte stormwater dreine oop te maak. Die laagwaterbruggie tussen Alheit- en Hugostraat op Ceres is omstreeks 10:00 Woensdagoggend gesluit nadat die Dwarsrivier begin afkom het. Die woonstelle en parkeerplek by die Oewer Villas oorkant die Koekedouwdam se ingang was Woensdag ook onder water. Nog reën Nog reën is vir die res van Woensdag en Donderdag 15 Junie voorspel. Die Wes-Kaap se rampbestuursentrum het Dinsdag gesê hulle is op ‘n gereedheidsgrondslag weens swaar reën wat vir die volgende 36 uur voorspel is. Volgens die weerdiens sal ‘n frontale stelsel koue, nat en winderige weer oor die Wes-Kaap teweegbring. Dit kan tot na die langnaweek duur. Rukwinde word voorspel en daar is ook ‘n moontlikheid van sneeu op hoogliggende dele.
Klaasen bedank as raadslid BARNITO Klaasen, raadslid en ‘n voormalige burgemeester van die Witzenberg munisipaliteit, het as raadslid bedank. Die DA in die Wes-Kaap het Dinsdag 12 Junie in ‘n mediaverklaring bevestig dat Klaasen, ‘n proporsionele raadslid van die DA, op 6 Junie as raadslid bedank het en dat die bedanking op 1 Julie in werking sal tree. Die DA het gesê hulle wens hom alle sterkte toe. Na ‘n onstuimige 18 maande met talle ondersoeke teen hom, is Klaasen ook op 14 April van die prokureursrol geskrap en ‘n voorlopige sekwestrasie-aansoek is op 16 Mei by die Meester van die Hooggeregshof teen hom en sy vrou, ingedien. Respondente moet op 27 Junie vir die hooggeregshof aandui waarom die sekwestrasie-aansoek teen die egpaar nie ‘n finale bevel gemaak moet word nie. Verdere siviele klagtes en optrede deur klaers word nie uitgesluit nie. Behalwe vir die SARPR se regskostes, is Klaasen verantwoordelik vir meer as R7.2 miljoen se terugbetalings. Agtergrond Die SARPR-aansoek om Klaasen (47) van die prokureursrol te skrap is op 14 April in die Kaapstad Hooggeregshof toegestaan. Die SARPR-ondersoek en aansoek hou verband met R6.559 miljoen wat Klaasen onregmatig
vanuit sy prokureurs-trustrekening aangewend het, dat hy tydens die ondersoek verbied was om verder as prokureur te praktiseer en dat die trustrekening bevries word. Die prokureurskantoor op Ceres is ook gesluit. Die Kaapstad hooggeregshof het al op 5 Mei 2022 ‘n bevel bekragtig dat Barnito Klaasen aanspreeklik gehou moet word vir gelde van ‘n kliënt wat hy uit sy trustrekening onttrek het. Klein Eikeboom boerdery en Druk my Niet Stud, is die twee applikante wat die aansoek teen Barnito Klaasen gebring het en deur waarnemende regter Carter aangehoor is. Waarnemende regter Carter het verlede jaar beveel dat Klaasen die bedrag van R6.559 miljoen plus rente vanaf 22 Desember 2021 moet terugbetaal aan die twee applikante asook die regskostes van die applikante se regspan. Die Demokratiese Alliansie (DA) het die laaste paar maande soos die graf geswyg en het dié politieke party se Federale raad tot op hede geen tugstappe teen Klaasen geneem nie - nieteenstaande die 2022 Hooggeregshofbevel. Oor die polisie-ondersoek teen Klaasen is daar tans nog min inligting bekend oor behalwe dat die Bellville handelsmisdaadeenheid dit ondersoek.