WH Her ald Witzenberg
Volume 27 no. 24
R 10
Friday, 21 June 2024
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 20 Junie
Vrydag 21 Junie
Saterdag 22 Junie
Sondag 23 Junie
0° 20°
2° 17°
3° 22°
5° 21°
CERES KOEKEDOUW DAM
77%
TULBAGH DAM
95%
WAVERENSKROON TULBAGH
25%
Lesings geneem: 2024/06/19
(023) 004-1338 l www.mastheadfp.co.za A representative of MASTHEAD Financial Planning (Pty) Ltd, a licensed Financial Services Provider
MASTHEAD Financial Planning Neels Boshoff (Financial Planner) 082-335-8331 l nboshoff@mastheadfp.co.za Anna-Marié Boshoff (Financial Planner) 082-376-6498 l aboshoff@mastheadfp.co.za
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Polisie kry vermiste man in Dwarsrivier DIE Ceres polisie het die naweek die liggaam van ‘n vermiste man opgespoor. Die ontdekking kom nadat ‘n hawelose man van iets in die 30’s, Lwazi Magadla, op 6 Junie as vermis aangemeld is. Die polisie en ander rolspelers het tot die naweek na hom gesoek. Saterdag 15 Junie omstreeks 08:35 was die polisie se K9 hondeeenheid asook polisieduikers hier om met die soektog te help nadat hulle inligting opgevolg het dat ‘n man vroeër in die Dwarsrivier, tussen die Pretorius laagwaterbruggie en die Rooibrug, ingespring het. Die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek (GDO) geopen om te bepaal of hy aan natuurlike of onnatuurlike oorsake gesterf het. Indien daar enige ooggetuies is, kan hulle vir s/sers. Seroot skakel by (023) 316-8500 of 316-8525.
Polisieman in hof vir moord ‘n POLISIEMAN van Tulbagh wat ‘n man op Gouda doodgeskiet het, het verlede week vlugtig in die Tulbagh landdroshof verskyn. Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (OPOD) het ‘n geregtelike nadoodse ondersoek die afgelope maand gedoen nadat ‘n man van Gouda doodgeskiet is. Sers. Jonathan Waterboer (47) van die Tulbagh misdaadvoorkomingseenheid, is verlede Donderdag in hegtenis geneem en het Vrydag 14 Junie in die Tulbagh landdroshof verskyn op aanklag van moord. Die saak is na Woensdag 19 Junie uitgestel vir ‘n borgaansoek. Borg van R1000 is toegestaan. Die saak is tot 9 September uitgestel. Voorval ‘n 40-Jarige man van Gouda is Donderdag 23 Mei omstreeks 10:30 dood kort nadat inwoners en die polisie in ‘n onderonsie betrokke geraak het. Dit is nie bekend wat het tot dié konfrontasie tussen die twee groepe gelei nie. Die polisie was blykbaar opsoek na twee verdagtes. Die broer van een van die mans het toe tussenbeide probeer tree. In die harwar naby die Bakerville primêre skool, is die man noodlottig getref.
CERES SAPD, lede van die immigrasie-eenheid, wetstoepassers van die munisipaliteit en verkeersdienste het Dinsdag 18 Junie tussen 10:00 en 15:00 op 15 Spaza (informele huiswinkels) in Ceres woonbuurte toegeslaan. Tydens die operasie is boetes van meer as R100 000 uitgereik en twee immigrante met geen dokumentasie, is gearresteer.