WH Her ald Witzenberg
Volume 26 no. 22
R 8.50
Friday, 9 June 2023
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 8 Junie
Vrydag 9 Junie
Saterdag 10 Junie
Sondag 11 Junie
7° 14°
6° 15°
4° 18°
6° 17°
Spesiale uitgawe DIT is ‘n groot eer en voorreg om die 100ste bestaansjaar van Ceres Fruit Growers te vier. CFG is al ‘n eeu lank ‘n belangrike rolspeler in die vrugtebedryf en verskaf vars produkte van hoë gehalte aan mense regoor die wêreld. In vandag se uitgawe verskyn 'n spesiale 100 jaar promosieblad oor dié maatskappy.
Ceres Koekedouw dam
49,2% Tulbagh dam
42%
Lesings geneem: 2023/06/07
We are open during LOADSHEDDING
(023) 316-2463 For T&C’s visit www.steers.co.za
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Voetganger sterf na taxi hom tref
Ceres kry meer as 80mm reën TUSSEN 80 en 95mm reën is van Saterdag 3 Junie tot Sondag 4 Junie op Ceres gemeet. Nog reën word vir later die week voorspel. Die dam was Woensdag 49.2% vol teenoor die 59.4% in die ooreenstemmende week in 2022. Tulbaghdam is 42% vol. In die Warm Bokkeveld is 84.2 mm gemeet, in die Koue Bokkeveld (Sterkwater omgewing) is 43.4 mm gemeet en naby Bronaar 38.6 mm en Romansrivier buite Wolseley 69.1 mm. Op die Ceres gholfbaan is byna 100mm gemeet. FOTO: Francois Snyman
‘n VOETGANGER het die naweek gesterf nadat ‘n taxi hom getref het. Volgens die Ceres polisie het die voorval Saterdagaand net voor 18:00 in erge reënweer plaasgevind. Gert van Wyk (in sy sestigs) van die plaas Molensvlei het na bewering voor ‘n minibus taxi ingeloop. Van Wyk is na die hospitaal geneem waar hy later aan sy beserings beswyk het. Tussen 29 Mei en 4 Junie was daar 22 botsings op Wes-Kaap se paaie waarin 27 mense gesterf het. Hiervan was 15 voetgangers. Indien daar daar dalk nog mense is wat die voorval gesien het, kan hulle die speurderskantore by (023) 316-8500 skakel. Selfdood In ‘n tragiese selfdood-voorval, is ‘n 21-jarige man die naweek oorlede. Die polisie is omstreeks 17:55 uit na ‘n huis in Bella Vista waar hulle die liggaam van die jongman onder ‘n afdak aangetref het. Hy was ten tye van die voorval alleen by die huis. Geen nota is agtergelaat nie.
Polisie maak deurbraak TWEE weke nadat ‘n vrou op pad na die Koekedouwdamwal aangeval is, het die polisie ‘n deurbraak gemaak en ‘n verdagte gearresteer. Die polisie het eers hul ondersoek afgehandel voordat hulle vir LeeIrvin Geldenhuys op 31 Mei vasgetrek het. Geldenhuys het op 1 Junie vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn op klagtes van poging tot verkragting en aanranding om ernstig te beseer. Die saak is na Donderdag 8 Junie uitgestel vir ‘n borgaansoek. ‘n Vrou van in haar dertigs, is Saterdag 20 Mei omstreeks 10:00 aangeval en aangerand terwyl sy na die damwal gestap het. Die verdagte het haar aangeval en probeer verkrag. Terwyl sy histeries geskreeu het, het hy haar verskeie kere met ‘n klip teen die kop gegooi. Geldenhuys het na die aanval weggehardloop.
The Toyota Vitz 1.0 MT
R2 999
12 Months, 1 500km p/m Total Contract Mileage 18 000km Terms & conditions apply
(023) 312-1057 Voortrekkerstraat 112, CERES Arno, Pierre, Andre of Giepie
p/m