WH Her ald Witzenberg
Volume 26 no. 21
R 8.50
Vrydag 2 Junie
Saterdag 3 Junie
Sondag 4 Junie
6° 20°
4° 20°
2° 13°
2° 12°
TRADING HOURS: Mon - Fri: 09:00 - 17:00 Saturday: 08:00 - 13:00 Tel: (023) 312-3578
Friday, 2 June 2023
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 1 Junie
PLEASE ENSURE VISIBILITY AT ALL TIMES WHEN CYCLING
Visit Ceres Cycles @ 49 Lyell Street, Ceres to light up your bicycle
In puin gelê SEWE Kaapse vriende se wegbreeknaweek by Matroosberg het Saterdag in vlamme opgegaan toe die ski hut waar hulle oornag het saam met hulle voertuie uitgebrand het.
Ceres Koekedouw dam
41%
Tulbagh dam
34%
Berig op bladsy 3
Lesings geneem: 2023/05/31
• Onafhanklike finansiële advies • Kostes en swak prestasie vreet aan jou neseier • Laat dit onafhanklik hersien. Martin Behm 082-734-4549
(023) 316-2959 martinb@27four.com
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Drie sterf in ongeluk DRIE mense van Waterval Bosdorp buite Tulbagh is Vrydag opslag dood in ‘n ongeluk by die Tulbaghwegkruising. Sewe passasiers is beseer en na Ceres en Tygerberg hospitaal geneem. Volgens die polisie het die ongeluk Vrydag 26 Mei omstreeks 16:00 plaasgevind. Volgens voorlopige inligting het die bestuurder van die wit Toyota Hilux bakkie van Tulbagh-dorp se kant, na bewering oor die stopstraat na Waterval Bosdorp gery sonder om te stop. ‘n Audi SUV met die Goosen-familie van Malmesbury was onderweg in die rigting van Wolseley toe hulle die bakkie op die passasierskant tref. Beide voertuie het die pad verlaat en die Audi het in die veld langs die kruising op sy dak tot stilstand gekom en die bakkie se kappie is deur die slag afgeruk. Gert Goosen (35), sy vrou Melissa (32) asook hul twee dogters van 3 en 6 jaar oud, is in die ongeluk beseer. Hulle is na die Paarl MediClinic geneem vir behandeling. James Adams (41) wat die bakkie bestuur het en Jaque Jacobs (41) wat voor in die bakkie gesit het, is opslag dood. Lena Maans (49) wat agterop die bakkie gesit het, is ook dood in die ongeluk. Lena sou op Donderdag 1 Junie haar 50ste verjaarsdag gevier het. Al drie die oorledenes was werksaam by Lyns Valley, ‘n landbou-onderneming wat indringer bome en plante verwyder. Adams was ‘n toesighouer en Jacobs ‘n saagoperateur. Die beseerdes is Jakob Swanepoel wat sy sleutelbeen gebreek en in die middel voor in die bakkie gesit het. Die ander beseerdes is Estelle Wolhurter en Patroeska Williams wat in Worcester behandel en
later ontslaan is en Daantjie Maans wat sy heup beseer het. Maans het kort voor die ongeluk huistoe gestap en minder as 500 meter voor die ongelukstoneel, ‘n saamrygeleentheid gekry. Sy vrou Lena, is een van die oorledenes. Gert Fortuin is met kopbeserings in
die Tygerberg hospitaal behandel en sou later die week na Ceres oorgeplaas word. ‘n Strafbare manslagsaak word deur die Tulbagh polisie ondersoek. Geen begrafnisreëlings is bekend gemaak nie.
Gesterf BEIDE die Toyota Hilux bakkie en die Audi het die pad verlaat. Die Audi met vier insittendes van Malmesbury het in die veld langs die kruising op sy dak tot stilstand gekom.
James Adams (41) wat die bakkie bestuur het, Jaque Gerald Jacobs (41) en Lena Maans (49).