Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.27 no.22 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 27 no. 22

R 10

Friday, 7 June 2024

Janine Duckworth Area representative +27 (0)60 528 0683 janine@rubberroofs.co.za rubberroofs.co.za RESIDENTIAL, COMMERCIAL & INDUSTRIAL SERVICES INDOOR & OUTDOOR EXPERT APPLICATION

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 6 Junie

Vrydag 7 Junie

Saterdag 8 Junie

Sondag 9 Junie

2° 13°

3° 16°

3° 19°

4° 22°

• Onafhanklike finansiële advies • Kostes en swak prestasie vreet aan jou neseier • Laat dit onafhanklik hersien.

CERES KOEKEDOUW DAM

64,5% TULBAGH DAM

88%

WAVERENSKROON TULBAGH

Martin Behm 082-734-4549

17%

Lesings geneem: 2024/06/05

(023) 316-2959 martinb@27four.com

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Taxi en trok bots ‘n MINIBUS taxi en ‘n vragmotor het Woensdagoggend net voor 07:00 op P.A. Hamlet teen mekaar gebots. Die ongeluk het oorkant die Bossie-huisies en Royal kafee plaasgevind. Nooddienstepersoneel was vinnig op die toneel. Dit is nie bekend of daar enige beseerdes was en wat die ongeluk veroorsaak het nie. * Gedurende die week van 27 Mei tot Sondag 2 Junie was daar 224 padblokkades en kontrolepunte deur verkeersbeamptes in die provinsie beman en meer as 30 900 voertuie is nagegaan. Vier en negentig persone is gearresteer waarvan 70 vir dronkbestuur. Daar was 26 ongelukke waarin 27 mense gesterf het. Hiervan was 19 voetgangers en een persoon wat van ‘n voertuig afgeval het. Voetganger sterftes wek steeds kommer in die Wes-Kaap. Verlede week het 10 voetgangers gesterf, twee daarvan op Ceres.

Man (38) doodgeskiet EEN man is die naweek in Bella Vista doodgeskiet en twee mans gewond na ‘n onbekende skieter op hulle losgebrand het. Die skietvoorval het Sondag 2 Junie omstreeks 19:15 in Vyeboomstraat plaasgevind. Die skieter het na die voorval van die toneel weggejaag. Bongani Mawanda (38) van Groenheuwel naby die Paarl is in die voorval doodgeskiet en twee ander mans, Gerswin Matthys (29) en Martinique Jacobs (28), is gewond. Matthys is in beide bene geskiet en Jacobs is in die rug geskiet.

Dit is nie bekend wat die rede vir die skietery was nie. Al wat die polisie wou sê is dat Mawanda in Bella Vista by vriende kom kuier het en dat beide mans bier by die huis in Vyeboomstraat, gaan koop het. Mawanda het op die toneel gesterf terwyl nooddienstepersoneel die twee mans op die toneel behandel het. Jacobs is later van Ceres hospitaal na ‘n hospitaal in Worcester of Kaapstad oorgeplaas. Indien daar enige ooggetuie is van die skietvoorval, kan hulle die Ceres speurderskantore skakel by (023) 316-8500/3.

Moord ‘n Jongman van die Rooikamp-woonbuurt op Ceres, is die naweek dood nadat hy met ‘n mes in die nek gesteek is. Die voorval het Saterdag 1 Junie omstreeks 23:55 plaasgevind tydens ‘n beweerde stryery tussen Shane Scholts (22) en sy meisie, Ashleigh Fortuin (24). Hy is in die nek gesteek met ‘n mes en later na die hospitaal gehaas waar hy ure later oorlede is. Fortuin het Dinsdag 4 Junie vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn op ‘n aanklag van moord. Die saak is na 24 Julie uitgestel. Sy is op borgtog van R500 vrygelaat.

SHANE Scholts (22).


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.27 no.22 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu