WH Her ald Witzenberg
Volume 27 no. 28
R 10
Friday, 19 July 2024
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 18 Julie
Vrydag 19 Julie
Saterdag 20 Julie
Sondag 21 Julie
6° 14°
7° 15°
4° 14°
3° 15°
CERES KOEKEDOUW DAM
100% TULBAGH DAM
100% WAVERENSKROON TULBAGH
37%
Lesings geneem: 2024/07/17
(023) 004-1338 l www.mastheadfp.co.za A representative of MASTHEAD Financial Planning (Pty) Ltd, a licensed Financial Services Provider
MASTHEAD Financial Planning Neels Boshoff (Financial Planner) 082-335-8331 l nboshoff@mastheadfp.co.za Anna-Marié Boshoff (Financial Planner) 082-376-6498 l aboshoff@mastheadfp.co.za
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Bedrog van R6.55 milj. ondersoek ‘n NUWE bedrogklag van miljoene rande staar ‘n oudburgemeester van Ceres nou in die gesig - meer as twee jaar nadat dié saak by die Riebeek Wes polisie aangemeld is. Barnito Klaasen (48) van Ceres is op 4 Julie deur die SAPD se handelsmisdaadeenheid gearresteer. Hy het op 5 Julie vlugtig in die Malmesbury landdroshof op klagtes van bedrog en alternatiewelik diefstal, verskyn. Die klagtes hou verband met R6.559 miljoen wat hy tussen April 2017 en Oktober 2021 onregmatig vanuit sy prokureurs-trustrekening aangewend het. Die staat was nie teen borgtog gekant nie. Klaasen is op R10 000 borg vrygelaat en moet weer op 23 Augustus in die Malmesbury landdroshof verskyn. Ander bedrogsaak Klaasen wat in 2023 van die hofrol geskrap is as prokureur en wat verlede Junie, as munisipale raadslid op Ceres bedank het, verskyn ook in ‘n ander bedrogsaak op Tulbagh. Dié saak is in Maart 2023 by die Tulbagh polisie aangemeld. Klaasen is vroeër vanjaar op Maandag 29 Januarie, deur Tulbagh speurders gearresteer waar hy oornag in die polisieselle aangehou is. Sy hofverskyning hou verband met ‘n bedrogklag van meer as R120 000. Hy moet weer op 27 September in die Tulbagh landdroshof verskyn. Hy is tans uit op R1 000 borg. Agtergrond Klaasen het bedank na meer as 18 maande van omstredenheid en talle hofsake. Hy is ook gedurende April 2023 van die prokureursrol geskrap en ‘n sekwestrasie-aansoek by die Meester van die Hooggeregshof is ook teen hom, toegestaan.
Polisie soek al drie dae na kind wat in rivier val DIE polisie se duikeenheid is die naweek ontbied en saam met Ceres SAPD soek hulle sedert Sondag 14 Julie na ‘n 9-jarige seun. Volgens inligting het die seun Sondagmiddag in die Titusrivier geval op die plaas Dankbaar. Polisielede soek onverpoos en teen Woensdag 10:00 kon hulle nog nie die seun - wat moontlik verdrink het - opspoor nie. Troebel rivierwater en die rivier wat vroeër die week nog baie vinnig gevloei het, het die soektog belemmer.