WH Her ald Witzenberg
Volume 26 no. 27
R 8.50
Friday, 14 July 2023
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 13 Julie
Vrydag 14 Julie
Saterdag 15 Julie
7° 23°
7° 22°
5° 19°
Sondag 16 Julie
6° 15°
CERES KOEKEDOUW DAM
100% TULBAGH DAM
95%
WAVERENSKROON TULBAGH
16.5%
18 July
Lesings geneem: 2023/07/12
Sneeu en en reen reën Sneeu
(023) 312-1916 CERES For orders of R80 + more, within a 3km radius from Ceres
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Kinders sterf tragies VYF kinders is Sondagaand naby die R300 afrit na Kuilsrivier dood nadat die Ford Bantam bakkie waarin hulle passasiers was, ‘n sperreling getref het.
Herstelwerk begin HERSTELWERK aan ‘n gedeelte van Michellspas sal teen middel Augustus afgehandel wees. Die herstelwerk kom nadat groot wattermassas ‘n klein gedeelte van Michellspas beskadig het. ‘n Kraak in die padoppervlak naby die tweede uitkykpunt is kort na die Junie-oorstromings opgemerk waar ‘n stuk grond van 15 meter onder die sperreling meegegee het weens baie ondergrondse water. Na ‘n voorlopige inspeksie is daar Maandagaand 19 Junie besluit om die pas vir verkeer te sluit. Ingenieurs en rolspelers van die Wes-Kaap departement van infrastruktuur is die volgende dag na Michellspas om ‘n volledige padinspeksie te doen. Daar is toe besluit om weens veiligheidsredes die pas tot Donderdag 22 Junie te sluit sodat die nodige reëlings vir ‘n veilige 24-uur stop en ry punt met slegs een baan wat oop is vir verkeer, in plek gestel kon word. Die afgelope twee weke het inwoners gewoond geraak aan die kort vertraging in die pas. Herstelwerk aan die pad het verlede week begin en is die WesKaap departement van infrastruktuur besig om die groot gat met groot klippe op te vul. Daarna sal dit met beton opgevul word om die bergwand te stut. Die padoppervlakte wat gekraak het sal ook vervang en oorgeteer word voordat die pad middel Agustus weer oopgestel word vir verkeer.
Volgens voorlopige inligting het die 40-jarige bestuurder van Moorreesburg, Adriaan Hanse, Sondag 9 Julie omstreeks 23:30 beheer oor die bakkie met 11 insittendes verloor, ‘n sperreling getref waarna die bakkie langs die snelweg tot stilstand gekom het. Hanse was op pad na Du Noon om ‘n vrou en kind te gaan aflaai voordat hulle verder na Moorreesburg sou ry. Hulle het vroeër die dag by die kinders se ouma op ‘n plaas in die Koue Bokkeveld-omgewing gekuier. Die kinders wat agterop die bakkie gesit het, is met die slag van die voertuig afgegooi. Een van die kinders wat gesterf het, is ‘n 18-jarige meisie van die Koue Bokkeveld, wat saamgery het. Haar 15-jarige vriendin en dié se 7-jarige sussie het ook in die ongeluk gesterf. Twee van die kinders wat gesterf het, is die bestuurder se eie kinders. ‘n Elfjarige niggie en 16 maande oue nefie van die ander twee slagoffers, is ook in die ongeluk dood. Hanse se vrou en hul 4-jarige kind wat voor in die bakkie gesit het, is nie beseer nie maar is later vir skok behandel. Haar twee susters het agterop die bakkie saam met die kinders gesit. Geen name bekend Dinsdag 11 Julie wou die Wes-Kaap polisie steeds nie die slagoffers se name bekend maak nie behalwe om te sê dat vyf kinders tussen die ouderdomme van 1 en 18 jaar gesterf het. Drie ander insittendes is met ernstige beserings na die Tygerberg hospitaal geneem vir behandeling. Hofverskyning Adriaan Hanse is na die ongeluk in hegtenis geneem vir die bestuur onder die invloed van drank. Vyf klagtes van stafbare manslag is by die Brackenfell SAPD geregistreer. Hanse, wat blykbaar werksaam is as ‘n vragmotorbestuurder, het Dinsdag 11 Junie, vlugtig in die Bluedowns landdroshof verskyn. Borgtog van R5 000 is aan hom toegestaan. Hy moet weer op 18 Augustus in die hof verskyn.
FOTO: Titanium Securitas/Facebook
VITZ FOR VICTORY From R2 899 p/m From that first car feeling to the graduation celebration, victory comes in many forms. So, celebrate them all, big or small, in the all-new Toyota Vitz! Effortlessly chic and stylish, with a 1.0L three-cylinder petrol engine and 295L boot space, the Toyota Vitz is more affordable than you can imagine. Say, “Vitz for Victory” and celebrate life in the all-new Toyota Vitz. Toyota Financial Services (South Africa) Ltd is an Authorised Financial Services (FSP No:7454) and Registered Credit Provider (NCRCP62) Ts & Cs Apply
(023) 312-1057 Voortrekkerstraat 112, CERES Arno, Pierre, Andre of Giepie
The trusted name in commercial and residential
Waterproofing.
087 094 8092
www.rubberroofs.co.za