Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.26 no.26 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald

TRADING HOURS: Mon - Fri: 09:00 - 17:00 Saturday: 08:00 - 13:00

Witzenberg

Volume 26 no. 26

R 8.50

Tel: (023) 312-3578 49 Lyell Street, Ceres

MINI SERVICE + FREE POWER GEL ............ R275 MAJOR SERVICE .... R395 WASH & LUBE ........... R85

Friday, 7 July 2023

Valid until 31 July 2023

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 6 Julie

Vrydag 7 Julie

Saterdag 8 Julie

Sondag 9 Julie

6° 24°

4° 17°

1° 11°

0° 12°

• Onafhanklike finansiële advies • Kostes en swak prestasie vreet aan jou neseier • Laat dit onafhanklik hersien.

CERES KOEKEDOUW DAM

100% TULBAGH DAM

90%

WAVERENSKROON TULBAGH

Martin Behm 082-734-4549

13%

Lesings geneem: 2023/07/05

(023) 316-2959 martinb@27four.com

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Raadslid aangekla ‘n RAADSLID van die Witzenberg munisipaliteit is in die moeilikheid nadat sy verlede naweek gearresteer is na ‘n aanrandingsvoorval. Die raadslid vir Op-die-Berg (wyk 8) is na die beweerde voorval, op waarskuwing vrygelaat en gewaarsku om op Dinsdag 25 Julie in die Ceres landdroshof te verskyn. Voorval Die aanranding het omstreeks 02:00 op 25 Junie plaasgevind toe die raadslid na haar bure se woning gegaan het om te kla oor die harde musiek. Daar was ‘n onderonsie en het sy na bewering vir Kevin Arries (19) met ‘n selfoon deur die gesig geslaan. Die polisie is ontbied waarna hulle die raadslid gearresteer het. *Die raadslid moet op Dinsdag 25 Julie vir die eerste keer in die Ceres landdroshof verskyn. Sodra sy verskyn het, kan haar naam gepubliseer word.

DIE skihut op Matroosberg het Saterdag 27 Mei heeltemal afgebrand. Drie voertuie is ook in die brand verwoes.

Verslag nog nie klaar nie

Brandstigter vasgetrek WES-KAAP speurders het ‘n deurbraak gemaak in die brandstigtingsaak waartydens die Matroosberg skihut in puin gelê is. ‘n Gewoonte misdadiger van die omgewing en ‘n minderjarige medepligtige is Maandag 3 Julie gearresteer weens dié brandstigting. Die 24-jarige verdagte sal Donderdag 6 Julie in die Ceres landdroshof verskyn. Dit is nie bekend of die minderjarige al aangekla is nie. Die Wes-Kaap speurdiens ondersoek die brand wat die Matroosberg skihut op Saterdag 27 Mei in puin gelê het. Die skihut het heeltemal afgebrand en drie voertuie van gaste wat daar oornag het, is ook in die brand verwoes. Dié ondersoek is deur die Wes-Kaap speurdiens oorgeneem en brand deskundiges was kort na die brand op die toneel.

Aanvaller bly agter tralies ‘n MAN wat ‘n vrou aangeval en probeer verkrag het, bly agter

Die forensiese verslag is nog nie beskikbaar nie aangesien die brandeenheid in Pretoria nog besig is daarmee. Agtergrond Sewe Kaapse vriende het die naweek van 26-28 Mei by Matroosberg se skihut oornag. Die groep het Vrydagaand na 21:00 by die skihut aangekom, daar vleis gebraai en oornag. Saterdagoggend omstreeks 07:00 het die groep vriende 15 kilometer gaan stap en met hulle terugkoms omstreeks 18:00 het hulle die uitgebrande hut en drie voertuie aangetref. Die brand het ‘n Renault Clio, Nissan Navara bakkie en ‘n Jeep Commander heeltemal verwoes asook persoonlike besittings in die skihut. *Dit is die tweede keer dat die skihut afbrand. In Januarie 1992 het ‘n bergbrand van De Doorns se kant oorgekom en die hut het toe afgebrand. LEE-IRVIN Geldenhuys.

tralies tot sy volgende hofverskyning. Lee-Irvin Geldenhuys is op 31 Mei vasgetrek nadat hy ‘n vrou op pad na die Koekedouwdamwal aangeval het op Saterdag 20 Mei. Die polisie het eers hul ondersoek afgehandel voordat hulle vir Geldenhuys gearresteer het. Geldenhuys het op 8 Junie in die Ceres landdroshof verskyn op klagtes van poging tot verkragting en aanranding om ernstig te beseer. Die saak is na Dinsdag 18 Julie uitgestel. ‘n Vrou van in haar dertigs, is omstreeks 10:00 aangeval en aangerand terwyl sy na die damwal gestap het. Geldenhuys het haar aangeval en probeer verkrag. Terwyl sy histeries geskreeu het, het hy haar verskeie kere met ‘n klip teen die kop gegooi en gekap. Hy het na die aanval weggehardloop.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.26 no.26 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu