WH Her ald Witzenberg
Volume 27 no. 26
R 10
Friday, 5 July 2024
Janine Duckworth Area representative +27 (0)60 528 0683 janine@rubberroofs.co.za rubberroofs.co.za RESIDENTIAL, COMMERCIAL & INDUSTRIAL SERVICES INDOOR & OUTDOOR EXPERT APPLICATION
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 4 Julie
Vrydag 5 Julie
Saterdag 6 Julie
Sondag 7 Julie
-1° 14°
1° 13°
1° 19°
-4° 10°
• Onafhanklike finansiële advies • Kostes en swak prestasie vreet aan jou neseier • Laat dit onafhanklik hersien.
CERES KOEKEDOUW DAM
76,4% TULBAGH DAM
95%
WAVERENSKROON TULBAGH
Martin Behm 082-734-4549
26%
Lesings geneem: 2024/07/03
(023) 316-2959 martinb@27four.com
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Polisielede en twee inwoners weer in Bellville-hof
CERES Model vliegklub het die naweek van 28-30 Junie hul sesde jaarlikse vliegnaweek aangebied. Veertig model vlieëniers van verskeie vliegklubs van regoor die Wes-Kaap en Suid-Kaap is uitgenooi om hulle vernuf met radiobeheerde vliegtuie en helikopters te wys. * Die Greatplanes WW1 Stick was ook in aksie tydens die naweek se byeenkoms. * Lees ook artikel op bladsy 5. FOTO: Tommy Weideman
The trusted name in commercial and residential
Waterproofing.
087 094 8092
www.rubberroofs.co.za
DIE verhoor van drie Wolseley SAPD-lede en twee inwoners van die dorp, is verlede Vrydag in die Bellville handelsmisdaadhof voortgesit. Die vyf verskyn op klagtes van korrupsie en regsverydeling. Die drie polisielede, sers. Mxolisi Sigila (45), kst. Johannes Fransman (42) en kst.(v) Melzandré Pieters (35), en oudpolisieman Daniël Davids (45) en ‘n buurtwaglid, Anita Fransman (43), se deelsverhoor gaan weer voort op 10 Oktober. Agtergrond Die vyf se hofverskyning spruit voort uit ‘n ondersoek van die Wes-Kaap SAPD antikorrupsie-eenheid na ‘n voorval meer as drie jaar gelede op 21 April 2021 in die Wolseley-omgewing. Die drie polisielede is meer as twee jaar gelede op 7 Januarie 2022 by die polisiestasie inhegtenis geneem kort nadat hulle aan diens gekom het. Die twee inwoners is by hul onderskeie huise gearresteer. Volgens die ondersoekspan het die verdagtes na bewering dwelms (mandrax en tik) in Masiphelelostraat gekonfiskeer maar nooit ‘n kriminele klag by die polisiestasie geregistreer nie. Die dwelms is later verkoop en die opbrengs daarvan is tussen die verdagtes verdeel. Die vyf is steeds uit op borgtog van R2 000 elk.
Aangekla KLOKSGEWYS: sers. Mxolisi Sigila (45), kst. Johannes Fransman (42), kst. (v) Melzandré Pieters, Anita Fransman (43) en Daniël Davids (45).