WH Her ald Witzenberg
Volume 26 no. 2
R 8.50
Friday, 20 January 2023
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 19 Januarie
Vrydag 20 Januarie
15° 31°
14° 32°
Saterdag 21 Januarie
14° 32°
Sondag 22 Januarie
13° 32°
Ceres Koekedouw dam
52,6% Tulbagh dam
51%
Lesings geneem: 2023/01/18
CERES (023) 312-2144
Beurtkrag wurg streek BEURTKRAG het die land tans in ‘n wurggreep en beter kraglewering in die toekoms lyk glad nie rooskleurig nie. In die Witzenbergstreek gaan klein, medium en groot besighede tans gebuk onder fase 6-beurtkrag. Dit is veral die vier uur tydgleuf wat die grootste impak het op bedrywighede. Lees berig op bladsy 3
(023) 004-1338 l www.mastheadfp.co.za A representative of MASTHEAD Financial Planning (Pty) Ltd, a licensed Financial Services Provider
MASTHEAD Financial Planning Neels Boshoff (Financial Planner) 082-335-8331 l nboshoff@mastheadfp.co.za Anna-Marié Boshoff (Financial Planner) 082-376-6498 l aboshoff@mastheadfp.co.za
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Giftige gas oorval mans EEN persoon is dood en ‘n sakeman van Ceres is in die hospitaal opgeneem nadat hulle Maandag 16 Januarie tydens ‘n inspeksie van ‘n mangat op ‘n fabrieksperseel, deur ‘n toksiese gas oorval is. Volgens voorlopige inligting het ‘n kontrakteur ‘n dam op Ceres Fruit Processors (CFP) se perseel gebou. ‘n Ingenieur van CFP, Dirk Jacobus (DJ) Hagen, het Maandag omstreeks 11:15 in ‘n mangat op die terrein afgeklim om inspeksie te doen van ‘n dreineringspyp en om te kyk waarheen die damwater vloei. Hagen is deur ‘n toksiese gas, vermoedelik metaangas, oorval en op die toneel dood. Casper de Bruin (‘n plaaslike kontrakteur) het hom probeer help maar is ook deur die toksiese gas oorval. Personeel van CFP het De Bruin uitgehaal en EMS noodwerkers na die toneel ontbied. Hy is bygebring en na die Worcester Mediclinic geneem vir behandeling. De Bruin was tot Dinsdag aan ‘n suurstof-ventilator gekoppel terwyl hy in die intensiewesorgeenheid behandel is. Hy het goed gereageer op behandeling en was reeds Woensdag by die huis om verder aan te sterk. Ondersoek Die polisie is na 13:00 na die toneel en sal nou ‘n geregtelike doodsondersoek en lykskouing doen. Die departement van arbeid ondersoek ook die voorval. Kommentaar Ceres Fruit Processors het in ‘n verklaring bevestig dat die voorval Maandag 16 Januarie op hul terrein plaasgevind het. “Dit is met hartseer dat CFP bekend maak dat ingenieur Dirk Jacobus Hagen in ‘n tragiese ongeluk op die maatskappy se perseel oorlede is. Die maatskappy dra hul medelye oor aan sy familie, vriende en kollegas. Ceres Fruit Processors (Edms.) Bpk. gee hul volle samewerking aan die owerhede wat die nodige ondersoeke geloods het. ‘n Interne ondersoek is tans aan die gang.
EEN persoon is dood en ‘n sakeman van Ceres is in die hospitaal opgeneem nadat hulle Maandag 16 Januarie tydens ‘n inspeksie van ‘n mangat op ‘n fabrieksperseel, deur ‘n toksiese gas oorval is.
METAANGAS is ‘n gas wat negatief bydra tot klimaatsverandering, aangesien dit die vermoë het om hitte in die atmosfeer te behou. Van die kenmerke daarvan is dat dit ‘n baie vlambare gas is en nie baie wateroplosbaar is nie. Dit is een van die gasse wat verantwoordelik is vir die kweekhuiseffek op die aarde, met meer hitte as koolstofdioksied. Dit is ‘n gas wat reukloos is en geen kleur het nie. Alhoewel dit die gevolg is van die verrotting van organiese elemente soos plante. As metaangas ingeasem word, kan dit sekere kwale by mense veroorsaak, soos floute, versmoring of hartstilstand. Dit ‘n gas wat natuurlik voorkom tydens ‘n anaërobiese ontbindingsproses, sonder die teenwoordigheid van suurstof, van organiese materiaal.- Wikipedia.