WH Her ald Witzenberg
Volume 26 no. 1
R 8.50
Friday, 13 January 2023
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 12 Januarie
13° 32°
Vrydag 13 Januarie
11° 32°
Saterdag 14 Januarie
We are open during
LOADSHEDDING
Sondag 15 Januarie
12° 35°
14° 35°
Ceres Koekedouw dam
54%
Tulbagh dam
53%
(023) 316-2463
Lesings geneem: 2023/01/11
For T&C’s visit www.steers.co.za
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Vrou (60) beseer
Twee kapers gou vasgetrek
Helikopter kom haal pasiënt TALLE paaie in die Tankwa Karoo het op 13 Desember verspoel en talle inwoners was vir dae van die buitewêreld afgesny en kon nie bereik word nie. Duisende rande se skade is aan infrastruktuur aangerig en voertuie het orals vasgeval. Dit was die ergste stormskade in die laaste dekade nadat die streek vir jare gebuk gegaan het onder droogtes. Tydens die storm en vloed het een van die Tankwa Karoo se bekendste inwoners, Hein Lange van Tankwa Padstal, skielik siek geword. ‘n Ambulans kon weens verspoelde paaie nie per pad uitgestuur word nie. Weens gure weer in Kaapstad kon die AMS noodhelikopter ook nie uitgestuur word nie. ‘n Ander AMS helikopter is omstreeks 16:30 vanaf Oudtshoorn ontbied om Hein Lange op te tel en na die Milnerton Mediclinic te neem. Na twee en ‘n half weke is Hein ontslaan en weer veilig by die huis. Volgens die Tankwa Karoo Toerisme Facebookblad is Hein op die herstelpad en dit gaan goed met hom. Ander mediese geval Op 23 Desember was die AMS noodhelikopter ook op Ceres om ‘n vroulike pasiënt by Ceres hospitaal te kom oplaai. Sy is na Tygerberg hospitaal oorgeplaas vir behandeling. Geen verdere inligting oor haar toestand is bekendgemaak nie.
FOTOS: Richard Dellbridge en Facebook.
TWEE motorkapers is kort na Nuwejaarsdag vasgetrek nadat hulle drie vroue buite Ceres aangeval en beroof het en daarna met hul voertuig gevlug het. Volgens die polisie was drie vroue van Lephalale (voorheen Ellisras) op Maandag 2 Januarie onderweg na Velddrif vir vakansie. Marie Seegers (60) het saam met Elmien le Roux (70) en Hannie Fourie (63), die vorige aand op Beaufort-Wes oornag en het die Maandagoggend omstreeks 09:15 deur Ceres gery. Marie het die silwerkleurige Mercedes Benz bestuur en besluit om by die derde uitkykpunt in Michellspas te stop om fotos te neem. Kort nadat hulle gestop en uitgeklim het, het twee mans waarvan een gewapen met ‘n Okapi mes, die vroue genader en hulle gevra om die voertuigsleutels vir hom te gee. Nadat Marie Seegers nie die sleutels wou gee nie, het daar ‘n worsteling ontstaan. Sy het sleutels ‘n ent gegooi voordat die een verdagte haar gelos en in die motor geklim het. Sy is drie keer in die been en een keer in haar hand gesteek. Een van die vroue het toe die polisie probeer bel waarna die tweede verdagte haar selfoon gegryp en dit in die motor gegooi het voordat hy ingespring en die mans weggejaag het. Hierna het dinge vinnig in plek geval toe die polisie van die voorval in kennis gestel en hulle die voertuig se besonderhede met ander polisiestasies en die provinsiale verkeersdienste gedeel het. Die een kaper, Mihle Mboma (36), is deur die polisie en verkeersdienste voorgekeer waar die R46 vanaf Ceres aansluit by die N1 buite Worcester. Inligting oor die tweede verdagte is opgevolg en Siyathanda Matyeni (30) is in ‘n taxi opgespoor buite Tulbagh wat op pad was na Bellville. Hy is blykbaar vroeër iewers afgelaai en het na Nduli teruggekeer voordat hy in die taxi na Bellville geklim het. Hofverskyning Beide verdagtes is in aanhouding en het Dinsdag 10 Januarie weer in die Ceres landdroshof verskyn. Die saak is na 25 Januarie uitgestel vir ‘n borgaansoek. Beide verdagtes bly in aanhouding. Betroubaar word verneem dat een van die verdagtes voorheen gevangenisstraf uitgedien het vir motorkaping en dat hy einde verlede jaar ‘n opgeskorte vonnis vir ‘n huisbraak op Ceres gekry het.
Please visit our website www.mainlinetravel.co.za to find your next holiday or activity. Use the site to contact us, book flights, accommodation and packages. Call us on 083-306-2847 or come pop in at 28C Voortrekker Street, Ceres.
(023) 312-1057 Steyn, Arno, Giepie of Andre Voortrekkerstraat 112, CERES