DIE afgelope drie weke het talle ongelukke in die Witzenbergstreek plaasgevind. Geen sterfgevalle is aangemeld nie maar talle insittendes is beseer. Die afgelope drie weke is 21 bestuurders vasgetrek weens klagtes van dronkbestuur. ‘n Man is ernstig beseer nadat hy op 5 Januarie beheer oor die Chevrolet bakkie (foto) verloor en teen ‘n skuinste afgerol het. Die ongeluk het op ‘n plaaspad naby Wakkerstroom plaasgevind. Hy is met kopbeserings na Ceres hospitaal geneem. Die ongeluk was nie by P.A. Hamlet SAPD aangemeld nie en geen verdere inligting was beskikbaar nie. Nog fotos op bladsy 3
Bestuurder kry borg
VIER familielede wat Maandagoggend langs ‘n pad buite Tulbagh gestap het, is dood toe plukkratte van ‘n vragmotor afgegly en op hulle geval het.
‘n Ouma, haar dogter en twee kleinkinders het omstreeks 10:00 van die plaas Vooruitsig na Tulbagh gestap.
‘n Platbak vragmotor van die plaas Vrolikheid was met 20 plukkratte pruime onderweg na ‘n nabygeleë pakhuis toe die kratte in ‘n draai naby Drostdy kelder afgeval het. Die plastiek-kratte wat meer as 500 kg elk weeg, het die Marthinus-familie langs die pad getref.
Elsabé Marthinus (58) en haar dogter, Ingrid Marthinus (25), het op die toneel gesterf nadat die kratte op hulle geval en tot in ‘n sloot saamgesleep het. Die twee kleinkinders, Jesniece Marthinus (8) en haar boetie, Justin Lee-John Marthinus (9 maande), is ernstig beseer en na die hospitaal gehaas. Jesniece, wat skaars vier dae vantevore haar 8ste verjaarsdag gevier het en Woensdag met graad 2 sou begin het, is in die Ceres hospitaal oorlede. Justin Lee-John het ‘n paar uur later in die Tygerberg hospitaal aan sy beserings gesterf.
Bestuurder gearresteer
Nadat plaaslike owerhede die vragmotor geïnspekteer het, is die vragmotorbestuurder, die 31-jarige Philippus Hauptfleisch, op die toneel gearresteer en in die Tulbagh polisieselle aangehou.
Hy het Dinsdag 14 Januarie in die Wolseley landdroshof verskyn op vier klagtes van strafbare manslag. Hy is op borg van R5 000 vrygelaat.
Die saak is deur landdros Naik tot 27 Maart uitgestel vir verdere ondersoek, verslae, fotos en ooggetuie-verklarings.
Beweringe dat die vragmotor te vinnig gery het en dat die vrag nie vasgemaak was op die platbakvragmotor sonder relings nie, vorm deel van die polisie se ondersoek.
Huldeblyke
Huldeblyke en boodskappe van bemoediging het op sosiale mediaplatvorms ingestroom vir die Marthinus-familie.
Mont Rouge primêr waar Jesniece verlede jaar in graad een was, het gesê dit is met groot hartseer dat hulle leerders moet meedeel dat Jesniece in ‘n tragiese ongeluk gesterf het.
“Ons dink aan die Marthinus-familie. Rus in vrede liefste dogtertjie met die sagste glimlag. Jesniece was ‘n baie stil, netjies kind en ‘n goeie leerder van die skool.”
Geen begrafnisreëlings was teen druktyd beskikbaar nie.
Vier sterf tragies na kratte op hulle val
VIER familielede wat Maandagoggend langs ‘n pad buite Tulbagh gestap het, is dood toe plukkratte van ‘n vragmotor afgegly en op hulle geval het. INLAS: Jesniece Marthinus (8), ‘n leerder van Mont Rouge primêr, het in die hospitaal gesterf.
DIE Saronsberg kompetisiewenner is einde verlede jaar aangewys. Heinie van Rooi van Ceres het Vrydag 20 Desember sy lekker prys in ontvangs gaan neem by dié wynkelder.
PATMOS deel jaarliks tydens kerstyd geskenkpakkies uit aan plaaskinders wat in hulle bedieningsarea woon. Patmos kon vanjaar as gevolg van mense met omgeeharte die getal pakkies verdubbel. 600 plaaskinders het einde verlede jaar geskenkpakkies ontvang. * Die Patmos bestuur en werkers wil graag die volgende donateurs bedank: Coroseal, Casper de Bruin, Arbeidvreugd Vrugtepakkers, APL kartonne, Hermanus van der Merwe, Bertelo Visser, Mega Health & Safety, Johan Slabbert en Basie Winterbach. Dankie ook aan Marize de Kock wat die aankope gedoen het en aan almal wat gehelp het om die pakkies op te maak en uitgedeel het.
Ceres is gasvry en vriendelik
ENNIS Kleinschmidt van Kaapstad skryf:
MENSE kla altyd oor slegte diens maar sê niks van goeie diens nie.
Met dié skrywe wil ek Ceres as dorp vir hul gasvryheid bedank. Die dorp is altyd skoon en oral ervaar jy die vriendelikheid.
In die besonder wil ek vir Vilko bedank vir hul vriendelike en goeie diens. Ook die plaaslike vulstasie waar ek brandstof ingegooi en ys gekoop het.
Dit is lekker om die dorp te besoek.
Patmos oorhandig sertifikaat van verdienstelikheid aan hul werkers
Die Patmosbestuur het tydens hulle 2024 afsluitingsvergadering sertifikate van verdienstelikheid aan 6 van hulle werkers oorhandig.
V.L.N.R.: Callie Steenkamp (19 jaar), Cecil de Kock (10 jaar) en Anne Gxumisa (8 jaar). Afwesig tydens fotosessie: Allen Nicholas (9 jaar), Clarence Uren (7 jaar) en Lofty Baadjies (9 jaar)
Die Patmosbestuur wil ook hul dank uitspreek teenoor die werkers se harde werk om ‘n verskil te maak in ons gemeenskap. Baie dankie.
Gedig vir my Ma, Eileen
NOOIT afgebreek, net gesnoei. Die gebuig en geknak. Kop bo stormwater, soos ‘n riet Vrees G-D. Kies lewe.
Hoekom wil jy sterf as jy kan lewe my kind?
ETTIENNE van Wyk saam met sy suster, Clinton en sy ma, Eileen. Ettienne het die gedig vir sy ma geskryf. Eileen vier haar 65ste verjaarsdag op Donderdag 16 Januarie. PATMOS se bestuur en werkers wil vir Cecil de Kock gelukwens met die twee Teologie grade wat hy verwerf het. Cecil studeer sedert 2019 aan die Universiteit van Stellenbosch as ‘n buitemuurse student. In 2022 behaal Cecil sy BA graad in Teologie. In 2023 studeer hy verder en begin hy met sy Honeursgraad in Teologie. Die graad is praktiese Teologie en Missionologie en op 13 Desember 2024 ontvang hy sy graad. Cecil sit vanjaar sy studies voort en wil hy binne die volgende twee jaar, sy Meestersgraad verwerf. Cecil sê dat sy studies vir hom rigting gegee het in die bedieningsveld. Hy bedank ook Patmosbestuur vir die geleentheid om te kan verder studeer.
Werksgeleentheid beskikbaar by Ceres Landbou Midas HIDROLIESE TEGNIKUS
• Met ondervinding in “house & fittings en hydraulic cylinders” asook;
• 5 Jaar ondervinding in die werkveld.
Stuur asb. u CV na: petro@landbouonderdele.co.za
Aansoeke sluit: 24 Januarie 2025
Indien u teen 31 Januarie 2025 geen terugvoering ontvang het nie, neem asb. aan dat u aansoek onsuksesvol was.
‘n GROOT deel van die sandfilters sal teen Maandag 20 Januarie vervang wees en watergehalte behoort dan na normaal terug te keer.
Herstelkoste R1 miljoen
Water op Tulbagh ondrinkbaar
ONDRINKBARE en vuil water het Tulbagh inwoners die afgelope weke, warm onder die kraag gemaak.
Baie inwoners het op sosiale media galgebraak en gesê hulle het siek geword van die water terwyl ander gesê het dit is eenvoudig ondrinkbaar.
Na ‘n oorvloed klagtes het die Witzenberg munisipaliteit ‘n dringende ondersoek geloods om uit te vind wat die oorsaak van die waterprobleem is. Die uitvoerende burgemeester, rdl. Trevor Abrahams, het Tulbagh op 8 Januarie besoek om hom te vergewis van die probleme. Die munisipaliteit het inwoners gevra om geduldig te wees terwyl hulle die probleme oplos. Die munisipaliteit kon eers op 13 Januarie diensverskaffers vir kwotasies bereik nadat die meeste eers Maandag begin werk het.
Die afgelope weke is sandfilters by die watersuiweringswerke skoongemaak, ‘n reservoir is uitgepomp en skoongemaak en ‘n tydelike reservoir is vol water gemaak. Later is pype in Hoog- en Oosstraat asook Kerk- en Van der Stelstraat skoongeblaas om die watergehalte te verbeter. Die water was later drinkbaar maar was steeds bruin.
Opvolgbesoek
Rdl. Abrahams het Woensdag 15 Januarie saam met raadslede Karriem Adams en Elizabeth Sidego, ‘n opvolgbesoek by die Tulbagh watersuiweringswerke afgelê.
In ‘n kort videoboodskap op Facebook het hy inwoners van die dorp bedank vir hul geduld en gesê dat na ‘n ondersoek is daar gevind dat daar groter herstelwerk benodig word en dat sandfilters vervang moet word. Die koste van die herstelwerk beloop nagenoeg R1 miljoen.
Watertenkers word steeds daagliks op Ceres hervul en na Tulbagh gestuur.
Inwoners kan steeds water kry op die hoek van Hoog- en Oosstraat, die hoek van Eerstelaan en Obiquasingel en by die Lingomso primêre skool naby Chris Hani woonbuurt.
Rdl. Abrahams het afgesluit en gesê ‘n groot deel van die sandfilters sal teen Maandag 20 Januarie vervang wees en watergehalte behoort dan na normaal terug te keer.
Klipgooier by hof gearresteer na hy teisteringsbevel ignoreer
‘n KLIPGOOIER wat verlede jaar inwoners se huise agter Ceres hospitaal en naby die Koekedouwdam se ingang met klippe gegooi en hulle teister en vloek, is Maandag by Ceres landdroshof gearresteer. Christopher van Schalkwyk (36) van Klein Pruise moes Maandag 13 Januarie in die hof verskyn op talle klagtes wat teen hom ondersoek word. Hy het hom egter in die polisie vasgeloop wat hom gearresteer het. Hy het Woensdag 15 Januarie in die hof verskyn omrede hy ‘n teisteringsbevel vir die tweede keer oortree het. Die saak is na volgende week uitgestel. Hy bly in aanhouding.
Van Schalkwyk is in die verlede ook deur Ceres speurders gearresteer vir die aanranding van ‘n sekuriteitswag op Klein Pruise en die oortreding van ‘n teisteringsbevel van een van die huisbewoners waar hy al meer as R20 000 se skade aangerig het. Van Schalkwyk staan ook op talle ander klagtes tereg in die Ceres landdroshof. Hy is in Junie 2022 aangekla van kabeldiefstal, in Augustus 2023 vir die besit van dwelms en diefstal (ander klag), in Oktober 2023 vir teistering en in Januarie 2024 vir die aanranding van ‘n sekuriteitswag en die oortreding van ‘n teisteringsbevel.
OP Saterdag 11 Januarie omstreeks 11:00 het dié minibus taxi in ‘n sandgat langs die pad tot stilstand gekom nadat hy ‘n voertuig wou verbysteek. Die ongeluk het by die stop-en-ry punt naby Remhoogte in die Koue Bokkeveld plaasgevind. Die minibus was vol passasiers waarvan talle lig beseer is.
OP 26 Desember omstreeks 17:12 het ‘n minibus taxi met 12 passasiers in, aan die voet van Gydopas gerol. Twee mans en twee vroue asook ‘n kind van vier maande is in die ongeluk beseer. Beseerdes is na Ceres hospitaal geneem vir behandeling.
Ouers ongelukkig oor kinders wat nie mag bus ry nie
LEERDERS op Ceres wat nie van busvervoer mag gebruik maak nie, het einde 2024 onder die vergrootglas gekom.
Dit is GOOD wat in die Wes-Kaap provinsiale parlement opgehaal het dat ouers van 378 leerders tussen 7 en 13 jaar oud, briewe ontvang het dat hulle nie vanjaar kwalifiseer vir gratis leerdervervoer nie. Die rede: die kinders woon op Vredebes buite Ceres en bly binne ‘n 5 kilometer radius van hul skool.
Die nasionale leerdervervoer-beleid bepaal dat kinders in landelike gebiede uitgesluit word, wat binne die 5 kilometer radius van hul skool woon.
Met die nuwe skooljaar wat Woensdag begin het, het gerugte dat dié busroete gekanselleer is begin kop uitsteek. Die gerug is onwaar!
Die WKOD het verlede jaar in ‘n verklaring gesê dat 48 leerders van Vredebes wat by Morrisdale primêr skoolgaan en tussen 3.7 en 4 kilometer van die skool woon, se aansoek afgekeur is. Die skool en ouers is reeds in Mei 2024 hiervan in kennis gestel. Die roete is nie gestop of verwyder nie. Daar was wel ‘n aansoek vir ekstra leerders wat op die roete vervoer moes word. Nie almal is afgekeur nie.
Ouers ontevrede
Ontevrede ouers van Vredebes het Dinsdag by Morrisdale primêr saamgedrom om hul ontevredenheid uit te spreek oor leerders van die woonbuurt wat nie meer met busvervoer na Morrisdale primêr (61 kinders) en Ceres primêr (31 kinders) mag ry nie. ‘n Klein optog is ook Woensdag gehou.
EXCITING CAREER OPPORTUNITIES
CERES, WESTERN CAPE
Ceres Fruit Growers (Pty) Ltd, one of the leading fruit packing and marketing companies in SA, requires energetic and professional people for the following positions at its Ceres plant:
REFRIGERATION TECHNICIAN
The cold storage of fruit forms an important part of our operations and we have extensive cooling facilities that include normal as well as controlled atmosphere cold storage.
QUALIFICATIONS: • Suitably qualified Artisan • Minimum of N3 or equivalent qualification • Successful completion of trade test • CAT B - Safe handling of Ammonia.
EXPERIENCE: • Experience of ammonia cooling installations is a requirement • Controlled Atmosphere (CA) experience with strict adherence to fruit protocols • DCA experience • Practical operation of a SCADA system - specifically developed for a cooling plant.
SKILLS: • Computer literate (MS Excel, MS Word, MS Powerpoint) • Good communication skills in both English and Afrikaans, with the ability to communicate effectively and professionally at all levels • Must be able to function well under pressure • Attentive with good problem solving skills.
RESPONSIBILITIES : • Maintenance, repair and fault finding on all ammonia refrigeration equipment (mechanical and electrical) • Inspections and record keeping of maintenance and safety systems • Knowledge of fruit industry will strengthen application • The successful candidate will also be expected to provide standby during after hours.
FITTER AND TURNER
RESPONSIBILITIES: • Maintenance of carton erecting machinery • Assisting production department with setup of carton erecting machinery •General maintenance / modification of pack house machinery, including conveyors, hydraulic machines, pumps, graders and general mechanical items • Welding and sheet metalwork • Fitting and turning • Supervision of apprentices and general workers •Willingness to perform after-hour standby duties and night shift on a rotational basis during the peak season.
QUALIFICATIONS: • Completed apprenticeship with appropriate N3 qualification • Minimum of 3 years’ appropriate experience • Proven supervisory skills • Appropriate experience in a fruit packing plant and carton erecting machinery will be advantageous.
Please apply online stating clearly the position being applied for at www.m3online.co.za before 09:00 on 7 February 2025.
For general enquiries, contact the team at M3 Human Capital Management on (021) 863-1444
IF YOU HAVE NOT BEEN CONTACTED WITHIN THREE WEEKS OF THE CLOSING DATE, PLEASE ACCEPT THAT YOUR APPLICATION WAS UNSUCCESSFUL. In line with our Employment Equity policy and requirements, preference will be given to suitably qualified persons from the designated groups
WETSTOEPASSERS het einde Desembermaand op ‘n groot hoeveelheid vuurwerke beslag gelê. Vyftien persone is beboet weens die onwettige verkoop en afvuur van vuurwerke.
DIE bekende Hauptfleisch van der Merwe (80) van Bronaar Plase, is einde Desember oorlede.
Familie neem afskeid
“MET hartseer deel ons die afsterwe van Johann Hauptfleisch van der Merwe (80), ‘n man van visie, liefde en toewyding, wat sy merk gemaak het in die Witzenberg gemeenskap en sy familie”.
Hauptfleisch sal onthou word vir sy onwrikbare passie om ander te help en sy diep liefde vir sy gesin en die plaas. Hy was ‘n inspirasie vir almal wat hom geken het en ‘n spilpunt in die gemeenskap wat hy so graag gedien het.
Hy laat sy vyf kinders, 13 kleinkinders en talle geliefdes agter met kosbare herinneringe wat hulle vir altyd sal koester.
“Pa se insig, wysheid en liefde sal ons opbou van nageslag tot nageslag. Rus in vrede Pa. Pa se nalatenskap sal voortleef in die harte van diegene wat Pa liefhet”. Die familie bedank almal vir hul medelye en ondersteuning. Van Fanie, Hendrien, Laetitia, Elsabé, Reet, familie en kleinkinders.
Witzenberg Rekenaardienste (Edms) Bpk , ‘n diensverskaffer uitsluitlik aan sy aandeelhouers, Laastedrif Agri en Morestêr Landgoed, Ceres beskik tans oor die volgende vakante betrekking:
REKENAARTEGNIKUS
Hierdie is ‘n permanente aanstelling, onderhewig aan die suksesvolle aflegging van ‘n drie maande proeftydperk.
Die posbekleër sal aan die IT Bestuurder rapporteer, terwyl hy/sy verantwoordelikheid sal aanvaar vir: • Rekenaarhardeware en -sagteware installasie • Instandhouding van netwerk installasie en kamerastelsels • Gebruikersondersteuning • Na-ure bystand op IT toerusting • Telefoonstelsel ondersteuning • “Wireless” tegnologie (Ubiquiti en Mikrotik) instandhouding.
Die suksesvolle posbekleër sal aan die volgende minimum vereistes voldoen: • Graad 12 sertifikaat • A+ en/of N+ sertifisering • Twee jaar toepaslike ondervinding in bogenoemde veranwoordelikhede sal voorkeur geniet • Moet onder druk kan funksioneer • Goeie menseverhoudinge handhaaf • Goeie kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels • Geldige bestuurderslisensie • Bereid wees om ‘n praktiese toets af te lê.
Ons bied ‘n markverwante vergoedingspakket wat aangevul word deur die voordele en aangename werksomstandighede wat met ‘n vooruitstrewende maatskappy vereenselwig word.
Vir enige navrae en aansoeke, stuur asseblief ‘n volledige CV, met vermelding van u huidige vergoedingspakket, ‘n afskrif van u ID en drie ver wysings aan: Innis Nagel by e-pos innis@cillie.co.za
Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Januarie 2025
Indien u nie binne 2 weke na die sluitingsdatum van ons verneem het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
DIE kennisgewing wat WKOD vroeër die week versprei het na die gerugte.
Iingcinga Zethu en Bella Vista maak beste vordering
CHARLIE Hofmeyr se top 3 matrikulante. VLNR: Jo-Marie du Toit (96.3%), Annie de Wet (92.8%) en Yoléon Davids (90.3%). Jo-Marie het nege A’s verwerf waarvan gevorderde wiskunde-program een vak was wat sy met 82% geslaag het. Sy gaan later vanjaar datawetenskap by Universiteit Stellenbosch studeer. * Charlies het 24 leerders opgelewer met ‘n gemiddeld van 75% en meer.
Charlies het 'n 100% slaagsyfer
DIE nasionale seniorsertifikaat-eksamen uitslae is Dinsdagoggend amptelik bekend gemaak.
Duisende matrieks in die provinsie het Dinsdag 14 Januarie hul uitslae by die skole gaan afhaal.
Charlie Hofmeyr het weer ‘n 100% slaagsyfer behaal met Wolseley Sekondêr in die tweede plek met 88.2%. Iingcinga Zethu Secondary skool in Nduli het die meeste verbeter met ‘n slaagsyfer van 83.6%. Dit is ‘n 33.3% verbetering van 2023 se 50.3%.
Die verbetering is ‘n bewys van die harde werk wat onderwysers en leerders die afgelope jaar ingesit het.
Ander slaagsyfers is: Ceres Sekondêr met 83%, Bella Vista Hoërskool met 82.7%, Tulbagh Hoërskool met 76.8% en Skurweberg Sekondêr met 66.7%.
Ander statistieke
Die Wes-Kaap se slaagsyfer was vanjaar 86.6% teenoor die nasionale slaagsyfer van 87.3%.
Die Wes-Kaap het 7 keer die top leerder opgelewer oor die laaste 8 jaar. In 2020 was die top leerder van die Oos-Kaap.
Die Kaapse Wynlandstreek het ‘n slaagsyfer van 83.44% behaal.
Skole met ‘n slaagsyfer onder 60% het van 29 skole in 2023 afgeneem na 5 skole in 2024.
* Teen druktyd is net Charlie Hofmeyr en Bella Vista se inligting ontvang.
HERSKEDULERING VAN RAADSVERGADERING
VANAF 22 JANUARIE 2025
NA 27 JANUARIE 2025
Kennis word hiermee gegee ingevolge Artikel 19 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) dat die Raadsvergadering van 22 Januarie 2025 herskeduleer is na Maandag, 27 Januarie 2025 om 10:00 in die Stadsaal, Voortrekkerstraat, Ceres
Notice is hereby given in terms of Section 19 of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) that the Council meeting of 22 January 2025 has been rescheduled to Monday, 27 January 2025 at 10:00 in the Town Hall, Voortrekker Street, Ceres
BELLA Vista Hoërskool se slaagsyfer was vanjaar 82,7%. Dit is ‘n verbetering van 25,5% van 2023 se 57,2%. Die verbetering is ‘n bewys van die harde werk wat onderwysers en leerders die afgelope jaar ingesit het. AGTER: Anchen Nasson (skoolhoof), Mario Baartman (67,2%), Kelly-Lee Wessels(65,7%) en Jesreel Manuel (adjunkhoof). VOOR: Corné Sass (72,8%), Mckayra Willemse (74%) en Rethan Cedras (63,5%).
Congratulations to the Class of 2024!
On behalf of the Witzenberg Municipality, I would like to congratulate the Class of 2024 on their exceptional achievement in the final exams!
We wish you great success with the next chapter and all you set out to do in future.
Reach for your dreams and follow your passion. The sky is the limit!
All the best to the learners, teaching staff and parents with the new academic year.
Baie geluk aan die klas van 2024!
Namens die Witzenberg Munisipaliteit wil ek die Klas van 2024 gelukwens met hul besonderse prestasie in die eindeksamen! Ons wens julle alle sukses toe met die volgende hoofstuk en al jul toekomsplanne.
Volg altyd jul drome en leef jul passie uit. Die geleenthede is eindeloos!
Alle sterkte aan die leerders, onderwysers en ouers vir die nuwe akademiese jaar.
Trevor Abrahams Uitvoerende Burgemeester Executive Mayor
DUISENDE matrieks vanoor die provinsie het Dinsdag 14 Januarie hul uitslae by die skole gaan afhaal. Charlie Hofmeyr het ‘n 100% slaagsyfer behaal.
Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.
PLANT AND PLANT AND PLANT AND PLANT AND TOOL HIRE HIRE TOOL
skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎☎ (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83
Peres & Williams Transport (Pty) Ltd EC BUSDRYWER
VEREISTES:
• Lisensie Kode 14
• 1 - 2 Jaar ondervinding as busdrywer Skakel: 072-469-7517
Tulbagh Lions
SAVE THE DATES for our upcoming events
SES weke voor Oujaarsdag het ‘n paar wonderwerke op Ceres plaasgevind. Eers het ‘n polisieman in ‘n polisievoertuig (foto onder) op 20 November op dié parkeerplek vir gestremde persone gestop. Hy het self uitgeklim en in die winkel gestap om sy privaat inkopies te gaan doen terwyl hy aan diens was. Kort daarna het ambulanspersoneel op die parkering gestop en gaan inkopies doen. Die derde wonderwerk (miskien is dit die spesifieke parkeerplek), het plaasgevind op 23 Desember om 16:37 toe twee jong manne daar gestop en gaan inkopies doen het. * Dit is hoogtyd dat die skuldigdes begin om gestremde persone te respekteer. Julle gaan niks oorkom as julle in die gewone parkeerplekke soos ons ander inwoners stop nie.
OP 29 Desember omstreeks 09:30 het ‘n bakkie by Tulbagh kruising in die hoofpad ingedraai waarna die swart Ford bakkie hom van agter gestamp het. Niemand is beseer nie. Die EMS nooddienste en polisie was op die toneel.
DIE Gouda Windplaas het ‘n ruk gelede besluit om hul ondersteuning aan sopkombuise te stop en eerder daardie befondsing in opleiding te belê. Hulle het vyf jongmense van Porterville, Saron en Gouda geneem en opgelei as tuisversorgers. Die groep het op 4 Desember hul sertifikate ontvang.
Twee jong mans in hof na hul seun aan die brand steek
‘n KIND (16) veg steeds om sy lewe nadat hy met ernstige brandwonde in die Tygerberg hospitaal opgeneem.
Die kind van die plaas Kweperfontein buite Ceres, het brandwonde opgedoen nadat twee jong mans petrol oor hom uitgegooi en hom aan die brand gesteek het. Die gru-voorval het Maandag 25 November op die plaas Eselfontein plaasgevind. Die slagoffer word vir meer as 35% brandwonde behandel.
Ondersoek
Die polisie het na die voorval gesê dit het omstreeks 03:00 plaasgevind. Wat die rede was vir die aanval, vorm deel van die polisie se ondersoek. Die slagoffer en een verdagte, is familie van mekaar.
Hofverskyning
Chriszain Malan (21) moet weer saam met Jedi Sias (20) op 21 Januarie in die Ceres landdroshof verskyn op ‘n klag van poging tot moord. Sias is Dinsdag 3 Desember op die plaas Eselfontein gearresteer en Malan kort na die aanval. Malan en Sias bly in aanhouding.
Verdagte in hof na inbrake op plase
WOLSELEY speurders ondersoek ‘n moontlike verbintenis tussen drie onlangse voorvalle waartydens bejaarde inwoners in hul plaaswonings oorval en beroof is.
Vyf mans tussen 28 en 48 jaar oud is Saterdag 11 Januarie buite Tulbagh gearresteer waarvan een Dinsdag 14 Januarie in die Wolseley landdroshof verskyn het.
Die polisie het gesteelde juweliersware wat op 9 Desember gesteel is op ‘n plaas, in die verdagte se besit gekry. Die verdagte sal weer op 21 Januarie in die hof verskyn. Agtergrond
Twee vroue van 77 en 81 jaar oud, is ongedeerd nadat 3-4 onbekende mans met klapmusse op, toegang tot die huise gekry en ondermeer juwele, ‘n skootrekenaar en ‘n telefoon gesteel het.
Die eerste voorval het verlede jaar op 29 Oktober omstreeks 21:00 op ‘n plaas buite Wolseley plaasgevind toe drie mans die 77jarige inwoner oorval het kort nadat sy die deur vir haar hond oopgemaak het. Hulle het haar teruggedruk in die huis en in die badkamer vasgebind en die deur toegemaak. Die verdagtes het gevlug met die gesteelde
AS the new year begins, the Western Cape Blood Service extends its heartfelt gratitude to all blood donors for their remarkable contributions throughout 2024. Thanks to your generosity, an outstanding 148,664 of blood units were collected, and we welcomed 13,957 new donors. Every donation has made a profound impact on patients and their families. A special thank you to everyone who donated blood during the December holidays. A busy period filled with festivities and personal commitments, yet donors took the time to donate blood.
nuusbrokkies
CERES tennisklub bied Saterdag 18 Januarie die jaarlikse Pietman Basson gemengde tennistoernooi aan. Alle spelers (gemengde pare) is welkom om te speel in verskillende afdelings nl: A,B of C. Vir inligting en navrae skakel vir Victor by 083-3016-941 of Alma by 083-4430-881
CERES tennisklub bedank hul borge Ceres Fruit Growers en Tru-Cape vir hul volgehoue ondersteuning van hul junior tennistoernooi. Die borgskap en ondersteuning maak dit vir Ceres tennisklub moontlik om hul geriewe instand te hou en te bemark.
LIGSTRAALTJIES bied op 15 Maart 2025 hul 6de ses-aan-’n-kant kriekettoernooi en familiedag aan. Die spanne van 2023 en
2024 sal voorkeur kry tot 15 Januarie om in te skryf. Vir inskrywings stuur ‘n e-pos na Marlene Slabbert skool@ligstraaltjies .com
CERES gholfklub het Saterdag 11 Januarie weer ‘n kompetisie aangebied. Wincen Abrahams het die individuele stableford kompetisie met 43 punte gewen. AJ Minnaar was tweede met 41 punte gevolg deur Carel Matthee met 40 punte. Robert Matthee was in die vierde plek met 39 punte. Januariemaand se klubkompetisies: Op 18 Januarie word ‘n enkel syfer plus kompetisie aangebied. Die baan is gesluit op 25 en 26 Januarie wanneer die jaarlikse Ceres Ope en Ceres Junior Ope plaasvind.
DIE Togryers museum se konferensiefasiliteit is oor naweke beskikbaar vir verhuring vir klein funksies.
Charlie Hofmeyr se eerste krieketfees 'n groot sukses
CHARLIE Hofmeyr hoërskool het op 9 en 10 Januarie hulle eerste krieketfees by die skool aangebied. Die tweedespanne van Hoërskool Durbanville, Hoërskool Bellville en Hoërskool Stellenberg het aan die fees deelgeneem. Charlies se eerstespan het op die eerste dag van die toernooi vir Hoërskool Durbanville met 161 lopies geklop. Dewald Scholtz het 94 lopies aangeteken en Keahan Alexander het vier paaltjies laat kantel. Op die tweede dag van die toernooi klop Charlies vir Hoërskool Bellville met 194 lopies. Reagan Davids (foto links) teken 101 lopies aan van slegs 103 balle en Keahan Alexander neem weer vier paaltjies.
goedere. In die tweede voorval op 9 Desember omstreeks 22:30, is ‘n 81-jarige oorval. Sy het TV gekyk en aan die slaap geraak. Sy het wakker geskrik toe een van vier verdagtes ‘n lig in haar gesig geskyn het. Twee mans was met messe gewapen.
Die verdagtes het die vrou in die motorhuis toegesluit voordat hulle in die huis rondgekrap het na iets waardevol om te steel.
Die derde voorval het die afgelope twee weke in dieselfde omgewing plaasgevind maar teen druktyd het die Wolseley SAPD nog geen inligting aangestuur nie.
Building a healthier future for you in 2025
THEWestern Cape Department of Health and Wellness can confirm that emergency centres across the province managed 2549 trauma cases and 5365 non-trauma cases over the New Year’s festive period (between 00:00 on 31 December 2024 and 08:00 on 2 January 2025), with a combined total of 8,194 incidents.
These figures remain relatively in line with previous years, reflecting the consistent demand on healthcare services during this busy time.
While the numbers show some stability, the department acknowledges the public’s ongoing efforts to prioritise safety and act responsibly. Every thoughtful choice contributes to reducing the strain on emergency services and creating a safer and healthier environment for everyone.
“We extend heartfelt gratitude to the dedicated individuals who worked tirelessly over the holiday period. To the countless emergency centre staff, EMS teams, law enforcement officers, lifeguards, and volunteers, your unwavering professionalism and compassion ensured that all our patients received the care they needed”.
“As we look ahead, the department remains committed to fostering healthier communities. We thank the public for their cooperation and encourage everyone to continue working together to make 2025 a year of care, safety, health and wellness for all”.
PERISHABLES MERCHANDISER
The following requirements are needed:
•Must be able to handle and work under pressure
•Excellent people’s skills
•Must have customer service ethics
•Must be willing to work weekends and shifts
•Must be fully bilingual
•Preferably reside in Ceres / Wolseley
•Previous experience in this profession will be advantageous
•Must have matric
•Must have knowledge of cold chain merchandising and storage of perishable products and continuous monitoring of stock.
Salary negotiable.
Should you meet all the requirements, please e-mail your full CV (ID included) to: ceres3@retail.spar.co.za and ceres.superspar2@gmail.com
For attention: Human Resources
Closing date for applications: Friday 24 January 2025
Availability: Willing to join as soon as possible
Should you not receive any feedback by Wednesday 29 January 2025 please consider your application unsuccessful.
Please do not apply via Facebook, please e-mail all CV’s
Exciting opportunity at Ceres Superspar
CHRISZAIN Malan (21).
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Witzenberg Herald
Sport
TWEE rolbalspelers van die Kaapse Wynlandstreek, Fred Botha van Robertson en Stoffel Lambrechts van Ceres (regs), het aan ‘n internasionale binneshuise rolbaltoernooi in Engeland deelgeneem.
Ceres rolbalklub word op internasionale vlak verteenwoordig
TWEE rolbalspelers van die Kaapse Wynlandstreek, Stoffel Lambrechts (president van Ceres rolbalklub) en sy speelmaat, Fred Botha van Robertson rolbalklub, het die afgelope week aan die World Bowls Tour se World Indoor Bowls Championship Open Pairs in Yarnmouth, Engeland, deelgeneem.
Stoffel en Fred is beide lede van die Professional Bowls Association van Suid Afrika (PBA SA) en het gekwalifiseer deur die Ope Pare-kompetisie wat die PBA aangebied het oor 2024 Paasnaweek in Durbanville, te wen. Daar het hulle 32 kwalifiserende pare geklop.
Stoffel Lambrechts is ‘n legende in rolbalkringe in Suid-Afrika en het onder andere die SA Meesters (14 keer) en die SA Veterane Meesters gewen, het 34 jaar in die Ope A-Afdeling eers vir Cape Country Districts en later vir Boland op Interdistrikte vlak verteenwoordig.
“Ceres rolbalklub is baie trots op Stoffel se prestasies en baie dankbaar vir dit wat hy vir Ceres rolbalklub doen maar ook sy bydraes as mentor en administrateur van rolbal in die Wynland en Boland, asook op Nasionale vlak op die bestuur van Bowls South Africa (BSA)”.
Nuwe lede
Ceres rolbalklub nooi inwoners wat wil kom rolbal speel uit om ‘n draai te kom maak en ‘n paar balle te rol. Daar is afrigters beskikbaar wat op afspraak met graagte enige persoon sal help om die sport te bemeester.
FOR the twelfth edition of the Momentum Medical Scheme Tankwa Trek, presented by Biogen, South Africa’s premier four-day Union Cycliste Internationale (UCI) stage race will be awarded Stage Hors Classe (SHC), the highest status possible for mountain bike stage races. This should boost the race’s status internationally, though the focus is delivering an exceptional experience to all participants - across the elite and amateur categories - on and off the bike from the 6-9 February 2025.
DIE gewilde Ceres Junior tennistoernooi, wat vanjaar deur Ceres Fruit Growers en Trucape geborg is, het in Desember plaasgevind. Die toernooi word jaarliks deur Ceres tennisklub aangebied. 110 spelers tussen 9 en 16 jaar vanoor die Boland en Westelike Provinsie het aan die toernooi deelgeneem. Spelers van die Witzenbergstreek het goeie welslae behaal. Hier is die seuns en meisie o/10 groep afgeneem.
CERES Junior tennistoernooi se o/10 seuns dubbelseindstryd. VLNR: Cassie du Toit (Koue Bokkeveld) en Adriaan Walters van Ceres was die naaswenners met L. Forrester en L. Esterhuizen (wenners).
Tennistoernooi
'n groot sukses
CERES Junior tennistoernooi se o/12 meisie enkelspeleindstryd is deur N. Davies (links) gewen. Mienka du Toit van Ceres was die naaswenner. * Mienka was saam met Katrien Visser van Ceres, die o/12 dubbelspelkampioene.
CERES Junior tennistoernooi se o/9 seuns enkelspeleindstryd is deur H. Smuts (regs) gewen. John du Toit van Ceres, was die naaswenner.