WH Her ald Witzenberg
Volume 26 no. 6
R 8.50
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 16 Februarie
14° 27°
Vrydag 17 Februarie
14° 26°
Saterdag 18 Februarie
13° 29°
Sondag 19 Februarie
13° 30°
Ceres Koekedouw dam
45%
Tulbagh dam
36%
Lesings geneem: 2023/02/15
Friday, 17 February 2023
EEN skoolkind is Maandag 13 Februarie lig beseer nadat die skoolbus waarin hulle vervoer is teen die agterkant van ‘n Hyundai gebots het. Die voorval het 07:45 plaasgevind op die pad tussen Nduli en Ceres. Blykbaar wou ‘n bakkie by die paaieafdeling indraai waarna die Hyundai skielik moes stop.
CERES (023) 312-2144
(023) 004-1338 l www.mastheadfp.co.za A representative of MASTHEAD Financial Planning (Pty) Ltd, a licensed Financial Services Provider
MASTHEAD Financial Planning Neels Boshoff (Financial Planner) 082-335-8331 l nboshoff@mastheadfp.co.za Anna-Marié Boshoff (Financial Planner) 082-376-6498 l aboshoff@mastheadfp.co.za
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Vragmotor met skape slaan om in pas ‘n VRAGMOTOR wat meer as 800 skape van ‘n veilingskraal vervoer het, het Maandagmiddag net na 15:20 in Michellspas omgeslaan nadat die bestuurder beheer verloor het. Die vragmotor het twee bakkies getref voordat ‘n gedeel-
te van die vragmotor saam met een van die bakkies - ‘n Toyota bakkie - teen die berghang af is. Die oorsaak van die ongeluk vorm deel van ‘n polisieondersoek. Berig op bladsy 3
MOOS Ruiters van Wolseley was die bestuurder van die groenkleurige Ford bakkie (onder) en het in die kajuit vasgesit. Hy was alleen in die bakkie. Die bestuurder van die Toyota bakkie van Worcester (inlas bo), was ook vasgekeer maar was baie gelukkig om lewendig uit die wrak te kom. Die bestuurder was tot 18:30 in die wrak vasgekeer voordat hy uitgehaal en met ‘n draagbaar na die padoppervlakte gebring is.