Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.26 no.5 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 26 no. 5

R 8.50

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 9 Februarie

17° 34°

Vrydag 10 Februarie

Saterdag 11 Februarie

18° 35°

Sondag 12 Februarie

18° 36°

15° 29°

Ceres Koekedouw dam

47%

Tulbagh dam

40%

Lesings geneem: 2023/02/08

Friday, 10 February 2023

Beurtkrag knou landbou BEURTKRAG het die land in ‘n wurggreep en knou voedselsekuriteit. In die Witzenbergstreek gaan klein, medium en groot ondernemings asook landbou reeds vir meer as 100 dae gebuk onder verskillende fases van beurtkrag. Die enigste manier om voedselsekuriteit in Suid-Afrika te waarborg, is om die las van beurtkrag op boere te verlig. Agri SA sê die regering en Eskom sal onmiddellik moet optree om ‘n krisis te vermy.

OPEN DURING

(023) 312-1916 CERES Berig p.3

For orders of R80 + more, within a 3km radius from Ceres

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Brand by kleuterskool vinnig geblus

Willempie kry goeie huis WILLEMPIE het ‘n goeie huis en ‘n nuwe naam gekry! Skaars ‘n week nadat onbekende mense in ‘n wit Toyota Tazz ‘n hondjie langs die Bo-Swaarmoedpad afgelaai en weggery het, het hy nou ‘n nuwe huis en ‘n nuwe naam. Willempie is Sondag 5 Februarie na sy nuwe tuiste. Die huisgesin kyk goed na hom, bederf hom met koekies en hy stap al saam met hulle ander hond. Hy hou ook van hul kat. Langs pad gelos ‘n Week gelede was Willempie dood van die honger, dors en baie maer. Na die berig in die Witzenberg Herald, is Hanneke Bester wat hom verlede Sondag langs die pad opgetel het, oorval met oproepe van mense wat graag die hondjie wou hê. Hanneke het haar tyd geneem om te besluit aan wie sy die hondjie wil gee - ‘n hartseer storie met ‘n gelukkige einde. Nou word Willempie tot in die afgrond bederf deur sy nuwe gesin. Indien enige iemand weet wie die bestuurder of die persone in die Tazz was wat hom langs die pad afgelaai het, kan hulle dit aanmeld by die Ceres SAPD (023) 316-8600. ** Indien jy 'n hondjie wil aanneem, skakel Hazel van Chain Boland by 072-609-1165.

999

R371 200

12,75%

R256 128.31

R5 999

‘n BRAND wat in ‘n Ceres kleuterskool se kombuis begin het, is vinnig geblus. Niemand is in die voorval beseer nie. Dinsdag 24 Januarie het ‘n fratsvoorval daartoe aanleiding gegee dat die kombuis van Ceres Lions pre-primêr in ‘n puin gelê is. Martie Dippenaar (kleuterskoolhoof) was omstreeks 11:50 besig met kosvoorbereiding in die kombuis toe ‘n klein vlammetjie weens ‘n lek by ‘n gaskan se reguleerder, ‘n brand veroorsaak het. Martie se eerste gedagte was om die kinders uit die gebou te kry, voordat die kinders of personeel die vlamme of rook kon sien of ‘n ontploffing kon hoor. Die goedopgeleide personeel het blitsvinnig die skool ontruim en Witzenberg brand en redding geskakel. Martie het ‘n die brandblusser gebruik om te help om vlamme te blus voordat die brandweer later opgedaag het. Skaars 20 minute na die brand begin het, is die brand geblus voordat dit verder na ander dele kon versprei. Hulp Die Maritz-gesin wat langs die skooltjie woon, het hul huis se deure oopgegooi en al die leerders en personeel is daar met liefde en omgee ontvang.

Geldsak-dief bly agter tralies na roof ‘n BUITELANDER wat onwettig in die land is, bly agter tralies nadat hy onlangs betrokke was by ‘n roof op Ceres. Volgens die polisie het die voorval Maandag 30 Januarie in Voortrekkerstraat voor ‘n kafee plaasgevind. ‘n Vroue werknemer van ‘n onderneming op die dorp was met nagenoeg R27 000 kontantgeld op pad na Nedbank om geld by die bank in te betaal, toe ‘n man die sak met geld gryp en weghardloop. Die verdagte, Atang Andries (27), het van agter gekom en die geldsak by die vrou gegryp.

R282 982

*Model shown for illustrative purposes only. While stocks last and subject to change without prior notice. Errors and omissions excepted. Includes R 1207,50 Initiation fee and R69 monthly administration fee. Fees as prescribed as per the National Credit Act. Initiation Fees for juristic entities falling outside of the National Credit Act is 1,2% of the financed amount up to a maximum of R7 500 and will adjust the advertised payment accordingly. The Toyota FutureDrive Guaranteed Future Value offer is based on 20 000kms per annum, 12.75% variable interest rate may change and will adjust the advertised payment accordingly. Toyota Financial Services (South Africa) Limited. An Authorised Financial Services (FSP No. 7454) and Registered Credit Provider (NCRCP62). Ts & Cs Apply.

(023) 312-1057 Arno, Pierre, Andre of Giepie Voortrekkerstraat 112, CERES

Die personeel en beheerliggaam kyk met groot dankbaarheid terug na daardie dag en wil die volgende deurgee: ● Witzenberg brand en redding verdien waarlik groot lof vir hul vinnige reaksie. Die skade kon soveel groter gewees het as dit langer geneem het voordat hulle kon opdaag. ● Die Maritz-gesin het sonder huiwering almal na hul huis genooi. ● Die personeel het die leerders kalm gehou en hul aandag probeer vestig op ander aktiwiteite. ● Dr. Philna Dippenaar het dadelik haar hulp aangebied en het seker gemaak dat almal rustig is. Sy het ook elke ouer persoonlik geskakel om hulle gerus te stel oor hul kinders se welstand. ● Ons Hemelse Vader het alles so mooi in plek laat val. Niemand is getraumatiseer of beseer of het van rookinaseming swaargekry nie. ● Die kleuterskool sien uit na die toekoms wat vir hulle nuwe dinge inhou. Volgens Martie sal dit nog tyd neem om die kombuis weer in volle gebruik te kry. “Ons is geduldig en die personeel is vindingryk om die probleme te oorkom”.

Na ‘n stoeiery met die vrou, het hy met die sak geld weggehardloop. Twee wetstoepassers, Zane Farmer en Farren Nel, het kort hierna vir Andries gearresteer en die geld teruggekry en aan die geskokte slagoffer oorhandig. Hofverskyning Atang Andries het Dinsdag 7 Februarie weer in die die Ceres landdroshof verskyn. Die saak is na 13 Maart uitgestel vir verdere ondersoek. Hy bly in aanhouding tot die volgende hofverskyning. Die polisie het ook vasgestel dat hy ‘n Lesotho-burger is wat onwettig in die land is.

087 094 8092 www.rubberroofs.co.za

ThermoTech™ Cool Roof Technology Next Generation ThermoTech™ Titanium Liquid Rubber Paint™ effectively reflects up to 80% of IR solar radiation and emits or convex heat instead of allowing it to be transferred into the building.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.26 no.5 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu