WH Her ald
TRADING HOURS: Mon - Fri: 07:30 - 17:30 Saturday: 08:00 - 13:00 49 Lyell Street, Ceres Tel: (023) 312-3578 49 Lyell Street, Ceres
Witzenberg
Volume 26 no. 4
R 8.50
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 2 Februarie
Vrydag 3 Februarie
15° 31°
15° 34°
Saterdag 4 Februarie
18° 38°
Sondag 5 Februarie
15° 33°
Ceres Koekedouw dam
48,8% Tulbagh dam
45%
Lesings geneem: 2023/02/01
Friday, 3 February 2023
MINI SERVICE R370 + FREE GU ENERGY GEL
UPCOMING 2023 EVENTS: Momentum Tankwa Trek 9 - 12 Feb. Karoo Burn mtb 25 Feb. Imbuko five 18 Feb. Valid until 28 February 2023
Moord verdagte (20) skielik vrygelaat DRIE vermeende moordenaars gaan Maartmaand in die Worcester rondgaande hooggeregshof verskyn weens die moord op ‘n dokter van Tulbagh. Die drie verdagtes, Aiden Abels (29), Andrew Gouws (33) en Justin Adonis (33) en het Vrydag 27 Januarie in die Kaapstad hooggeregshof verskyn. ‘n Vierde verdagte (regs), Desiree Goeieman (20), is verlede week vrygelaat nadat die staat alle klagtes teen haar teruggetrek het. Die saak is tot 3 Maart uitgestel. Lees berig op bladsy 3.
• Onafhanklike finansiële advies • Kostes en swak prestasie vreet aan jou neseier • Laat dit onafhanklik hersien Martin Behm 082-734-4549
(023) 316-2959 martinb@27four.com
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Hondjie langs Bo-Swaarmoedpad afgelaai, bestuurder ry weg IEMAND in ‘n wit Toyota Tazz het Sondag 29 Januarie omstreeks 11:30 ‘n hondjie langs die Bo-Swaarmoedpad afgelaai en weggery. Die hondjie is op die Bo-Swaarmoedpad, naby die Bestewens-afdraai, gelos voordat die bestuurder weggery het. “Julle behoort julle te skaam! Die hondjie sonder naam het vir ‘n lang ruk agter julle voertuig aangehardloop. Hy het later omgedraai en op die presiese plek gaan wag
waar julle hom gelos het. Mense soos julle moenie enige diere hê nie” sê ‘n ontstoke Hanneke Bester. “Ons het die hondjie opgelaai en versorg hy was dood van die honger en dors en baie maer. Nou soek ons vir hom ‘n goeie huis waar hy net liefde, kos en aandag sal kry. Hy kom baie goed met katte oor die weg en is vreeslik spelerig - noudat hy weet hy is veilig”. Navrae Indien enige iemand weet wie die bestuur-
der van die Tazz is, of die hondjie herken en weet wie die persone was wat hom langs die pad afgelaai het, kan hulle dit aanmeld by die Ceres SAPD se stasiebevelvoerder by (023) 316-8600 of vir Hanneke Bester skakel. Aanneem Indien daar iemand is wat vir die hondjie ‘n liefdevolle veilige huis kan bied en belangstel om hom aan te neem, kan hulle Hanneke skakel by 072-904-8089.
DIE hondjie met ‘n goeie geaardheid soek nou na ‘n liefdevolle huis waar hy net liefde, kos en aandag sal kry.
Barnard-saak
Voertuigdiewe in hof
DIE afgelope naweek was daar vier motorongelukke in die Witzenbergstreek. In twee van die ongelukke is die bestuurders ernstig beseer. In twee ongelukke moes EMS werkers noodtoerusting gebruik om die bestuurders uit die motorwrakke te haal. ‘n Beroep word weer op motoriste gedoen om by die spoedgrens te hou en nie te drink en te bestuur nie. * Die bestuurder van die Toyota Avanza is Saterdag 28 Januarie ernstig beseer nadat hy beheer oor die voertuig verloor en dit gerol het. Hy is uitgeslinger en het byna 15 meter van die voertuig gelê. EMS personeel was op die toneel en het hom gestabiliseer voordat hy na die Ceres hospitaal vervoer is. Hy is later in ‘n kritieke toestand na die Paarl Mediclinic oorgeplaas. Die ongeluk het omstreeks 18:30 op die Theronsbergpas naby die afdraai na Skaaprivier plaasgevind.
‘n WOLSELEY inwoner wat verlede jaar twee keer op borgtog vrygelaat en twee keer daarna gearresteer is, moet nou op 23 Februarie weer in die Ceres landdroshof verskyn. Hy bly tot dan in aanhouding. Riaan Barnard (41) het sedert Julie 2022 op talle aanklagte wat wissel dat hy sy borgvoorwaardes verbreek het, ‘n beskermingsbevel geïgnoreer en tydens ‘n arrestasie gevlug het, in die hof verskyn. Barnard sou einde Januarie 2023 weer op dié aanklagte in die Ceres landdroshof verskyn het maar die landdros het ‘n nuwe datum gegee en sal hy nou op 23 Februarie verskyn. Inbraak Asof sy optredes nie genoeg trauma vir sy familie veroorsaak het nie, is daar einde verlede jaar by ‘n woning op Wolseley ingebreek waar diewe twee trekklaviere en Barnard se Toyota Fortuner gesteel het. Die Paarl SAPD ondersoek ‘n voertuig diefstalsaak en Wolseley polisie ondersoek klagtes van huisbraak en diefstal. Die polisie se ondersoekwerk het hulle eers na Worcester en Rawsonville gelei voordat twee mans met dié Toyota voertuig en die gesteelde items, naby Paarl vasgetrek is. Hofverskyning Die twee verdagtes, Heinrich Fredericks (35) en Solomon Moss (25), het Woensdag 1 Februarie in die Paarl landdroshof verskyn. Die voertuig word nog deur die polisie geskut en kan nie aan die familie teruggegee word nie omdat Barnard (eienaar) in aanhouding is. Sodra die polisie die nodige dokumentasie kry sal die voertuig aan die familie oorhandig word.
Get a free quote today
087 094 8092 www.rubberroofs.co.za