Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.27 no.48 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 27 no. 48

R 10

Friday, 6 December 2024

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 5 Desember

Vrydag 6 Desember

Saterdag 7 Desember

Sondag 8 Desember

11° 26°

10° 20°

10° 30°

12° 30°

CERES KOEKEDOUW DAM

98,2% TULBAGH DAM

83%

Friday 20/12/2024 Monday 13/01/2025

WAVERENSKROON TULBAGH

• Onafhanklike finansiële advies • Kostes en swak prestasie vreet aan jou neseier • Laat dit onafhanklik hersien. Martin Behm 082-734-4549

100%

Lesings geneem: 2024/12/04

(023) 316-2959 martinb@27four.com

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Misdaadsyfers skep ‘n somber prentjie DIE misdaadsyfers vir Julie tot einde September, is verlede week vrygestel. Die statistieke is deur die polisiebestuur in Kaapstad bekendgemaak. Die geleentheid is bygewoon deur die Wes-Kaap polisiekommissaris, lt.genl. Patekile en Anroux Marais, Wes-Kaap minister vir polisietoesig en gemeenskapsveiligheid. Die dokument van meer as 135 bladsye skets ‘n somber prentjie van misdaad in Suid-Afrika. Misdaad bly ‘n groot bron van kommer vir inwoners. ‘n Klein ligpunt aan die einde van die misdaadtonnel - die moordsyfer het in Suid-Afrika met 5.8% (400 moorde) afgeneem maar kommer heers oor die groot getal kinders wat in bendegeweld sterf. In die dokument is daar ‘n top 30 saamgestel vir elke misdryfkategorie in Suid-Afrika en die provinsie. Ceres het vyf van die Top 30’s gehaal. Op die lys vir poging tot moord is Ceres in die 21 ste plek en no.109 in die land, vir aanranding is Ceres in die 17de plek en 179ste in die land, vir seksuele aanrandings is Ceres in die 27ste plek en 141ste in die land, vir diefstal en inbrake by besigheidspersele beklee Ceres die 10de plek en 83ste in die land en vir bestuur onder die invloed van drank of dwelms het Ceres die 30ste plek behaal en 187ste in die land. George het die meeste dronkbestuur klagtes in die land. DIE Gydosig-aftreeoord op Prince Alfred Hamlet het die naweek weer hul jaarlikse Liggiefees - ‘n skouspel van lig en feestelike atmosfeer - aangebied. Die 31ste Liggiefees was weer ‘n groot sukses. FOTO Facebook

Polisielid in hof ‘n LID van die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (GKS) op Ceres, bevind hom in die polisieselle nadat hy ‘n vrou die naweek ernstig aangerand het. Volgens die polisie het die voorval op Saterdag 30 November plaasgevind. Konstabel Vuyo Tiwana is sedert die voorval in aanhouding in die Wolseley polisie-

selle en het Dinsdag 3 Desember vlugtig in die Ceres landdroshof op ‘n klag van aanranding, in die hof verskyn. Die saak is na Vrydag 6 Desember uitgestel. Dit is ironies aangesien dié eenheid waaraan die verdagte verbonde is, gesinsgeweld moet ondersoek. Die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders, het op 25 November afgeskop.

Somber prentjie In die afdeling vir geweld teen vroue en kinders blyk dit steeds dat daar nog hopeloos te veel voorvalle plaasvind. Die meeste vroue-slagoffers is tussen 26 en 35 jaar oud. Moorde op vroue het met 6.5% (8 gevalle) toegeneem, poging tot moord met 12.7% (28 gevalle) en aanranding met 1.9% (41 gevalle). Daar is 132 vroue in die kwartaal vermoor in Suid-Afrika, 248 vroue was slagoffers van poging tot moord en 2169 vroue is aanrand. Kindersterftes weens moord het in dié kwartaal dramaties toegeneem met 70%. Die meeste kinder-slagoffers was tussen 15 en 17 jaar oud. Moorde op kinders het met 62.7% (37 gevalle) toegeneem, poging tot moord met 114.9% (131 gevalle) en aanranding met 19.2% (64 gevalle). Daar is 96 kinders in die kwartaal vermoor in Suid-Afrika, 245 kinders was slagoffers van poging tot moord en 398 kinders is aangerand. In 817 gevalle was die oortreders dronk en onder die invloed van drank en in 91 gevalle was die oortreders onder die invloed van dwelms. 55.4% van die moorde is vuurwapens gebruik en argumente en jaloesie was in 228 gevalle die rede vir moorde.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.27 no.48 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu