Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.27 no.34 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 27 no. 34

R 10

Friday, 30 August 2024

Gold Medal Carpet Care SKOONMAAK VAN: • Alle matte • Gestoffeerde meubels • Matrasse • Voertuigsitplekke Mari Blom • Was ruite van huise en geboue (slegs buite) 084-212-3020

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 29 Augustus

Vrydag 30 Augustus

-3° 14°

0° 21°

Saterdag 31 Augustus

7° 26°

Sondag 1 September

6° 27°

CERES KOEKEDOUW DAM

100% TULBAGH DAM

100% WAVERENSKROON TULBAGH

69%

Lesings geneem: 2024/08/28

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

OPOD ondersoek beweerde aanranding ‘n INWONER van P.A. Hamlet wat twee weke gelede na bewering deur twee polisiemanne aangerand is, het die afgelope week ‘n klag by die polisie gelê. Die polisie het Dinsdag bevestig dat Terrence Claassen (24) ‘n klag gemaak het nadat hy uit die Worcester hospitaal ont-

slaan is. Die klag is geregistreer en aan die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (OPOD) oorhandig. Die polisie het ook met 'n departementele ondersoek na die voorval wat op Donderdag 15 Augustus in Vosstraat plaasgevind het, begin.

Motorbestuurder sterf EEN persoon is Sondag 25 Augustus opslag dood en ‘n passasier is ernstig beseer toe hulle voertuig naby die Slanghoek- en Waboomsrivierafdraai, onder ‘n vragmotor beland het. Volgens die polisie het die ongeluk omstreeks 17:20 op R43 plaasgevind. ‘n Geel vragmotor was onderweg in Worcester se rigting toe die bestuurder van ‘n rooi Mazda met ‘n CJ-registrasienommer die agterwiel van die sleepwa getref en onder die vragmotor ingery het. Die bestuurder is op die toneel dood en ‘n passasier was ‘n tyd lank in die wrak vasgekeer. EMS-personeel het saam met reddingspersoneel gewerk om die erg beseerde vrou te stabiliseer terwyl gespesialiseerde brandweer- en reddingspersoneel van verskillende instansies gehelp het om haar uit die wrak te bevry. Die pasiënt is in ‘n kritieke toestand na ‘n nabygeleë mediese fasiliteit in Worcester vervoer vir verdere behandeling. Die vragmotorbestuurder het nie enige beserings opgedoen nie. Die SAPD het ‘n strafbare manslag saak geopen. * EMS personeel, ER24, Breedevallei brand- en red-dingsdiens, Metro Redding, Worcester SAPD, G24 en Worcester Breakdown and Recovery Service word bedank vir hul harde werk op die toneel.

Sterk wind rig baie skade aan DIE Witzenbergstreek het Dinsdag 27 Augustus kwaai deurgeloop onder stormsterk winde. Ruk winde het plekplek skade aangerig waar bome in Vierdelaan op Ceres asook in Krigestraat by Laerskool Gericke se sportterrein omgewaai is, dakplate is afgeruk van wonings en geboue en plafonne is beskadig en ‘n trampoline is ook opgelig en in ‘n aangrensende erf gegooi. Boomtakke het ook op Charlie Hofmeyr se heining geval en skade aan die astro-hokkiebaan aangerig. Die twee laagwaterbruggies op Ceres was Woensdagoggend steeds gesluit nadat die Dwarsrivier begin afkom het. ‘n Onverskillige en waaghalsige taxibestuurder wou laat Dinsdagmiddag deur die laagwaterbruggie by Morrisdale ry toe hy met passasiers in die minibus in die water tot stilstand gekom het. Hy is later deur ‘n ander taxi uitgetrek en ‘n video is van die voorval gemaak en op sosiale media versprei. Nog fotos op bladsy 3.

FOTO: Breede Valley Farmwatch (BFW) - Nico Harmse


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.27 no.34 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu