Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.26 no.32 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 26 no. 32

R 8.50

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 17 Augustus

Vrydag 18 Augustus

0° 14°

2° 16°

CERES KOEKEDOUW DAM

100% TULBAGH DAM

100% WAVERENSKROON TULBAGH

34%

Lesings geneem: 2023/08/16

Saterdag 19 Augustus

3° 19°

Sondag 20 Augustus

1° 18°

Friday, 18 August 2023

Baba vorder goed DIE Air Mercy Services (AMS) helikopter het Vrydag 14 Julie ‘n premature baba by Ceres hospitaal kom haal. Die baba is gestabiliseer en in die helikopter se spesiale broeikas met suurstof geplaas vir die 25 minute vlug na Kaapstad. Lees op bladsy 3 meer oor die Koue Bokkeveld ma en baba Noah se vordering.

CERES (023) 312-2144

(023) 004-1338 l www.mastheadfp.co.za A representative of MASTHEAD Financial Planning (Pty) Ltd, a licensed Financial Services Provider

MASTHEAD Financial Planning Neels Boshoff (Financial Planner) 082-335-8331 l nboshoff@mastheadfp.co.za Anna-Marié Boshoff (Financial Planner) 082-376-6498 l aboshoff@mastheadfp.co.za

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Egpaar in hof OOR en weer klagtes van huishoudelike geweld en ‘n jaarlange vete tussen ‘n Ceres egpaar het verlede week in die Ceres polisieselle geëindig. Die Klazen-egpaar, oudonderburgemeester Felicity Klazen (42) en haar vervreemde man, Christiano (Chrisjan) Klazen (53), is beide verlede week deur die polisie inhegtenis geneem op klagtes van aanranding en die minagting van ‘n beskermingsbevel. Die voorvalle het Maandag 31 Julie omstreeks 17:20 by die egpaar se woning in Rooikamp plaasgevind. Chrisjan het na bewering sy vervreemde vrou besoek om geld te vra. Hy is werkloos en afhanklik van ‘n rolstoel om oor die weg te kom. Felicity Klazen het hom na bewering weggestamp en met die vuis in sy gesig geslaan. Hy het later ‘n klag van aanranding teen haar gaan maak by die Ceres polisiestasie. Mev. Klazen het weer op haar beurt ‘n klag by die polisie gaan maak nadat Chrisjan die voorwaardes van ‘n beskermingsbevel verontagsaam het. Die polisie het die egpaar op verskillende tye op Donderdag 3 Augustus gearresteer en in die polisieselle aangehou. Hulle het beide Vrydag 4 Augustus vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn. Uitstel Die sake is na 5 September uitgestel. Beide is gewaarsku om in die hof te wees. Die polisie word volgens Wet 51/1977 gedeelte 59 verplig om nou strenger op te tree teen enige persoon wat hom of haar skuldig maak aan huishoudelike geweld. Die verandering aan die wet is vroeër vanjaar gemaak en in die Staatskoerant geadverteer.

Vrouedag op Ceres gevier NASIONALE Vrouedag is verlede week ook op Ceres gevier. Die vroue van die St. Andrews Anglikaanse gemeente op Ceres het ook Vrouedag gevier met ‘n funksie in die Ceres stadsaal. VLNR: Katy Kamfer, Hazel de Kock, Francis Manus, Marilyn Weitz en Fiona Hardneck. FOTO: Trevor Felix

CHRISJAN Klazen.

FELICITY Klazen.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.26 no.32 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu