Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.27 no.32 (Online Weergawe)

Page 1

Volume 27 no. 32

R 10

Friday, 16 August 2024

Every Friday & Saturday outside

WH Her ald Witzenberg

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 15 Augustus

Vrydag 16 Augustus

5° 23°

8° 24°

Saterdag 17 Augustus

5° 18°

Sondag 18 Augustus

(023) 004-1338 l www.mastheadfp.co.za

7° 18°

A representative of MASTHEAD Financial Planning (Pty) Ltd, a licensed Financial Services Provider

CERES KOEKEDOUW DAM

100%

MASTHEAD Financial Planning

TULBAGH DAM

Neels Boshoff (Financial Planner) 082-335-8331 l nboshoff@mastheadfp.co.za Anna-Marié Boshoff (Financial Planner) 082-376-6498 l aboshoff@mastheadfp.co.za

100% WAVERENSKROON TULBAGH

59%

Lesings geneem: 2024/08/14

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Sakeman getuig na mesaanval “AS jy nie terugbaklei nie, sal dit vinnig oor wees.” Dié woorde het die sakeman, Reint Grobler, laat besef hy sal moet vég vir sy lewe. Dit was van die getuienis wat Dinsdag 13 Augustus in die Paarl streekhof uitgekom het op die eerste dag van die hofsaak teen die 21jarige Zimbabwiër, Lovemore Doriyo. Doriyo het Grobler in April 2022 voor sy besigheid na bewering met ‘n Okapi-mes aangeval. Grobler, mede-eienaar van Winterberg Mountain Inn tussen Ceres en Wolseley, is uiteindelik twaalf keer met ‘n mes gesteek en moes altesaam 13 dae in die Worcester

Mediclinic deurbring. Doriyo, wat meer as twee jaar in aanhouding is, is die seun van ‘n destydse werknemer van die Groblers en het gratis saam met sy ma op die gastehuis se perseel gewoon. Hy staan tereg op klagtes van poging tot moord op Wolseley asook poging tot moord van ‘n 8-jarige meisie van Malmesbury en haar ontvoering. Die voorvalle het op 10 April en 10 Mei 2022 plaasgevind. Grobler, die eerste getuie wat geroep is, het getuig hoe hy kort voor middernag op 10 April vir Doriyo betrap het waar hy besig was om die besigheid se wit Chevrolet-bakkie in die par-

keerarea te probeer steel. “Toe ek hom vertel het dat hy maar uit die voertuig kan klim, want ek het reeds die polisie gebel, het Doriyo uitgeklim en my dadelik met ‘n mes begin steek”, het Grobler getuig. Grobler het voorts getuig dat hy kort hierna op sy rug geval en vir Doriyo met sy bene probeer afweer het terwyl hy vergeefs in die donker na ‘n klip gesoek het om homself mee te verdedig. “Ek het as laaste uitweg histeries begin gil en dit was tóé eers dat Doriyo weggehardloop het.” ‘n Erg bebloede Grobler het hierna etlike meters in die gastehuis se rigting gestrompel

Reënval hoër as in '23

Drie vroue sterf DRIE vroue het die naweek op Ceres in ‘n fratsongeluk gesterf. Die polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek (GDO) geloods om die oorsaak van die vroue se dood vas te stel. Drie vroue van Khayelitsha, Mfuleni en Eersterivier en wat na bewering ook skoonsusters is, het die naweek by ‘n munisipale werknemer Nolubabablo Mbewu (36), in haar huurwoonstel op Ceres kom kuier. Twee van die vroue het saam met Mbewu gesterf toe hulle vermoedelik deur koolstofmonoksied oorval is. Die derde vrou het wonderbaarlik oorleef en Sondagoggend die polisie na die huis ontbied. Die vroue het blykbaar Saterdagaand in Uitsigstraat in die Egoli-woonbuurt gebraai en saamgekuier. In die vroeë oggendure nadat hulle klaar gebraai het, het die vroue weens die erge koue besluit om ‘n braaidrom in die woonstel in te dra voordat hulle gaan slaap het. Daar was blykbaar geen ventilasie en al

die vensters was toe en kon dit tot die vroue se dood bygedra het. Hulle het vermoedelik versmoor. Twee van die oorledenes se name sal bekend gemaak word sodra hulle familie in kennis gestel is van hul dood. Gedenkdiens ‘n Gedenkdiens word Donderdag 15 Augustus om 11:00 vir Nolubabablo Mbewu gehou. Sy het ten tye van haar dood as 'n finansiële-intern by die Witzenberg munisipaliteit gewerk. Babes, soos almal haar geken het, het in April 2021 by die munisipaliteit begin werk en het tussen die verskillende finansiële-afdelings geroteer. Koolstofmonoksied is ‘n kleurlose en reuklose gas. Vergifting gebeur na inaseming van koolstofmonoksied wat deur binnenshuise vure en kragopwekkers in ‘n toe area vrygestel word.

en inmekaar gesak. Hy kon daarin slaag om Karien Grobler te bel voordat hy sy bewussyn verloor het. Met die hulp van plaaswaglede Steven Matthews, Altus Prins en Kobus Kriel is Doriyo kort ná die aanval op die aangrensende White Bridge-plaas aangekeer. Grobler is met die hulp van Mary Kriel van die plaas New Munster, per ambulans na die Ceres hospitaal gehaas waar daar vir vyf ure gespook is om hom te stabiliseer voordat hy na Worcester Mediclinic oorgeplaas is. Uitstel Die saak is Dinsdag uitgestel tot 15 Oktober wanneer Grobler verder sal getuig.

NOLUBABABLO Mbewu (36)

VANJAAR se uitermate hoë reënval in die Witzenbergstreek, het die langnaweek voortgeduur. Van Vrydag 9 Augustus tot vroegoggend op Woensdag 14 Augustus het meer as 73 mm op Ceres uitgesak. By ILeaf en Hortec se weerstasies in die streek is daar van 1-14 Augustus in die Warm Bokkeveld wat Ceres-dorp insluit, 117.2 mm gemeet, in die Bo-Swaarmoed omgewing is 78.5 mm gemeet en in die Koue Bokkeveld (Sterkwater) 58.9 mm. By Romansrivier is 83.5 mm gemeet. Die Ceres Koekedouwdam loop die laaste paar weke oor en is 100% vol, Tulbagh dorpsdam is ook 100% vol en die nuwe Waverenskroondam buite Tulbagh staan tans op 59%. * Die Warm Bokkeveld het van Junie tot einde Julie 591.7 mm reën gekry. In Junie en Julie verlede jaar is 531.9 mm gemeet. In Augustus 2023 is slegs 0.8 mm gemeet. Van 1 Junie tot 14 Augustus 2024 het daar al meer as 177 mm meer reën geval as in die ooreenstemmende tyd in 2023. Gholfbaan statistieke Ceres gholfbaan het in Junie 236 mm ontvang, in Julie 433 mm en van 1-14 Augustus is 159 mm gemeet.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.27 no.32 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu