Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.25 no. 32 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 25 no. 32

R8

Friday, August 19, 2022

CERES (023) 312-2144 Next Generation ThermoTech™ Titanium Liquid Rubber Paint™ effectively reflects up to 80% of IR solar radiation and emits or convex heat instead of allowing it to be transferred into the building.

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 18 Augustus

Vrydag 19 Augustus

4° 14°

4° 11°

Saterdag 20 Augustus

Sondag 21 Augustus

3° 13°

2° 18°

Ceres Koekedouw dam

59,2%

087 094 8092

Lesing: 2022/08/16

Telephone: (023) 316-2021

www.rubberroofs.co.za

Fax: 086-211-5774

WA: 066-316-3003

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Miljoene rande se skade vir plase en besighede KABELDIEFSTAL en sabotasie het die week Ceres en omliggende dorpe soos Op-die-Berg, P.A. Hamlet en die Bella Vista woonbuurt vir byna 14 uur sonder krag gelaat. Die dorpe was Dinsdagoggend vanaf 02:30 in donkerte gehul nadat kabeldiewe die kontrole kabels by die Witzenberg substasie (Koue Bokkeveld) deurgeknip het. Eskom het in ‘n verklaring gesê dat tegnici reeds van vroegoggend af op die toneel was om die skade te herstel. Teen middagete het Eskom ‘n opvolgverklaring uitgereik en gesê dat kundiges van Kaapstad moet kom en dat daar vir kabels gewag word. Vandale het 22 kontrolekabels deurgeknip by die substasie wat naby die Witzenbergvallei se afdraai geleë is. Eskom en Witzenberg munisipaliteit personeel het heeldag onverpoos gewerk om die kabels te herstel. Die kragtoevoer is Dinsdagmiddag omstreeks 16:00 herstel. Ondersoek Die Witzenberg munisipaliteit en Eskom werk nou saam met die SAPD om die saak op te los. Die burgemeester, rdl. Hennie Smit, het Dinsdagoggend gesê dat die munisipaliteit en Eskom alles in hulle vermoë doen om die kragtoevoer te herstel. Daar word ook na CCTV-materiaal gekyk om die skuldiges te probeer opspoor. Kabeldiefstal raak ‘n toenemende probleem in die Wes-Kaap. Dinsdag se lang kragonderbreking het die plaaslike landboubedryf en veral die groot boerdery-ondernemings met verkoelingsfasiliteite en BA-beheerkamers, miljoene rande se skade berokken. Die talle beurtkragepisodes benadeel ook kleiner besighede en inwoners. Die landboubedryf wil binnekort met die Ceres SAPD vergader om ‘n plan van aksie op te stel om pro-aktief op te tree wanneer daar sulke onverwagse kragonderbrekings in die streek voorkom en dan toegangspaaie saam met verkeersdienste en ander rolspelers af te sper om die kragdiewe vinnig vas te trek. Groot skade Vandale het Dinsdag 5 April ook die Vredebes substasie gevandaliseer en skade van ongeveer R1.5 miljoen aangerig. Die vandale het baie min koper gesteel. Indien inwoners oor inligting beskik, kan hulle die polisie skakel by (023) 316-8500 of die munisipaliteit by (023) 316-1854.

VANDALE of koperdiewe het Dinsdagoggend 22 kontrolekabels deurgeknip by die Witzenberg substasie bokant Gydopas.

DIE burgemeester, rdl. Hennie Smit, het Dinsdagoggend saam met die onderburgemeester rdl. Felicity Klaasen, die polisie, Eskom en Witzenberg munisipale personeel die substasie besoek.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.25 no. 32 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu