WH Her ald Witzenberg
Volume 27 no. 31
R 10
Friday, 9 August 2024
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 8 Augustus
Vrydag 9 Augustus
3° 15°
4° 13°
Saterdag 10 Augustus
Sondag 11 Augustus
2° 16°
3° 14°
CERES KOEKEDOUW DAM
100% TULBAGH DAM
100% WAVERENSKROON TULBAGH
Ongeluk buite Ceres - 3
50,5%
Lesings geneem: 2024/08/07
(023) 316-2463 For T&C’s visit www.steers.co.za
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Adriaan maak Ceres trots
NA verlede Vrydagaand se 10 000 meter wedloop by die Parys Olimpiese Spele is dit nou amptelik. Adriaan Wildschutt is die tiende beste mansatleet oor 10 000 meter in die wêreld en die nuwe S.A.rekordhouer in die item. Alle oë was verlede Vrydagaand op Adriaan gerig wat aangetree het vir die finaal van die 10 000 meter by die Olimpiese Spele.
Soektog lewer niks op nie
BERIHU Aregawi van Etihopië, wat tweede in die 10 000 meter wedloop geëindig het, hou vir Adriaan soos ‘n valk dop tydens die wedloop.
Hy het ‘n uitstekende wedloop gehardloop en met minder as ‘n 1000 meter oor was hy nog in die voorste bondel atlete. Hy het in die tiende plek klaargemaak in 26:50:64, skaars 7 sekondes na die wenner Joshua Cheptegei van Uganda. Dit is ‘n nuwe S.A. rekord en verbeter sy eie rekord met 5 sekondes. Adriaan het die vorige rekord in Maart by ‘n byeenkoms in Amerika opgestel.
Toyota Hilux D4D brake parts special
Taxi Special service Minor service that includes check over and report
R1 400 (VAT incl) Service includes: • Oil filter • Engine oil • Labour • Report • Sump plug washer
Front brake pads for low suspension starting from ...................R 70335 Front brake pads for raised body starting from ...................R 79950 Rear brake shoes for low suspension starting from ...................R 91080 Rear brake shoes for raised body starting from ...................R1 09545 Brake part special prices are model and year dependant and prices may differ according to your vehicle specification. All prices are VAT incl.
Voortrekkerstr. 112, CERES l (023) 312-1057
Cheptegei het ‘n nuwe Olimpiese rekord opgestel met sy wentyd van 26:43:14. Berihu Aregawi van Etihopië was tweede met Grant Fisher van Amerika in die derde plek. Die eerste 13 atlete het almal vinniger as 27 minute gehardloop. Rekords bly in slag Adriaan het vroeër vanjaar twee van sy SArekords in Oslo en Stockholm tydens die Diamantliga kampioenskappe, verbeter. Eers het hy ‘n nuwe SA-rekord in die 5 000 meter opgestel en toe ‘n paar dae later het hy sy eie 3 000 meter rekord met 2.48 sekondes verbeter na 7:36:77. Adriaan was ook die eerste Suid-Afrikaanse atleet wat deur die grens van 27 minute in die 10 000 meter gebars het met ‘n tyd van 26:55:54. Dankie Adriaan het op Facebook gesê hy het almal se boodskappe van ondersteuning gesien en waardeer dit baie.
BYNA ‘n maand nadat ‘n kind in ‘n sterk vloeiende rivier geval en vermoedelik verdrink het, is daar nog geen teken van hom nie. Die polisie se duikeenheid, lede van misdaadvoorkoming en die gemeenskap soek sedert 14 Julie onverpoos na die vermiste Geraldo van Wyk (10). Hommeltuie en rubberbote is ook ingespan maar het niks opgelewer nie. Die soektog is later rivier-af van Dankbaar verskuif tot waar die Titusrivier agter die Eiland in die Dwarsrivier vloei. Volgens inligting het Geraldo op Sondag 14 Julie saam met ‘n groepie vriende in die reën langs die rivier gaan speel. Hulle het blykbaar oor ‘n bruggie probeer stap waarna Geraldo gegly en in die rivier geval en stroomaf meegesleur is.Die polisie het Woensdag 7 Augustus bevestig dat die kind nog nie gevind is nie.
Twee vas na afpersing TWEE verdagtes wat Spaza winkels in Nduli afpers, is die naweek vasgetrek. Die twee mans se arrestasie volg kort op die hakke van drie mans wat twee maande gelede deur Ceres speurders vasgetrek was en wat ook verdink word van afpersing. Die polisie het ook ‘n ongelisensieerde vuurwapen asook ander gesteelde eiendom teruggevind. Die twee verdagtes het die naweek eers ‘n Spaza-winkel beroof en toe ‘n dreigbrief gelos waarin hulle beskermingsgeld eis. Die ondersoek is deur die Wes-Kaap taakspan oorgeneem om verder te ondersoek. Later verskyn Die drie mans, Mbulelo Hlalukana van Mfuleni, Sindile Olifant en Mayosi Bam van Nduli verskyn weer op 14 Augustus in die hof.