Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.26 no.15 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 26 no. 15

R 8.50

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 20 April

Vrydag 21 April

Saterdag 22 April

Sondag 23 April

1° 16°

-1° 17°

3° 17°

5° 20°

Ceres Koekedouw dam

37,2% Tulbagh dam

20%

Friday, 21 April 2023

Hope the holy month of Ramadan will bring about much joy, peace, prosperity and love to all. Ramadan Mubarak to everyone!

Lesings geneem: 2023/04/19

CERES (023) 312-2144

(023) 004-1338 l www.mastheadfp.co.za A representative of MASTHEAD Financial Planning (Pty) Ltd, a licensed Financial Services Provider

MASTHEAD Financial Planning Neels Boshoff (Financial Planner) 082-335-8331 l nboshoff@mastheadfp.co.za Anna-Marié Boshoff (Financial Planner) 082-376-6498 l aboshoff@mastheadfp.co.za

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Skoolseun (15) sterf skielik ‘n GESIN van Tulbagh is geskok na die skielike afsterwe van hul 15-jarige seun. Pieter-Jan Groenenberg, ‘n graad 10 leerder van Charlie Hofmeyr, is Dinsdagoggend in die Ceres hospitaal oorlede. Hy het blykbaar verlede week tydens ‘n saalbyeenkoms flou geword en van sy stoel afgeval. Hy het Saterdag begin kla hy is kortasem en Maandagaand het sy ouers hom hospitaal toe geneem waar hy later oorlede is. ‘n Geregtelike doodsondersoek sal gedoen word om die oorsaak van sy dood te bepaal. Meegevoel Die skool en WKOD het hul meegevoel uitgespreek teenoor die familie, vriende en leerders. Pieter-Jan word oorleef deur sy ouers, Johan en Elrina asook ‘n ouer broer, Gerrit. Geen begrafnisreëlings is nog gefinaliseer nie.

CERES se wetstoepassers in samewerking met die polisie en Ceres Haven, moet voor die winter aanbreek begin om haweloses wat op straat of rondom die poskantoor slaap, te verskuif na die nagskuiling. Die haweloses slaap ook aan die agterkant van die poskantoor en op die dak van die poskantoor. Wetstoepassers moet ook optree en toesig hou dat haweloses slaapplekke, soos by die poskantoor, self moet skoonmaak.

Drie verdagtes bly agter tralies DIE drie mans wat verdink word van die moord op ‘n bejaarde vrou in die Ceres-Karoo bly in aanhouding nadat hul borgaansoek die week misluk het. Willem Olivier (48), het Dinsdag 18 April saam met Kelvin Vlok (22) en ‘n 17-jarige in die Ceres landdroshof verskyn. Die borgaansoek is nie toegestaan nie en die saak is na 15 Mei uitgestel. Olivier en Vlok bly in aanhouding. Die minderjarige verdagte word by ‘n plek van veiligheid in Kaapstad aangehou totdat hy oor ‘n maand 18 jaar oud word. Daarna sal hy saam met ander twee verdagtes aangehou word. Moord Die drie mans, waarvan een ‘n gewese plaaswerker op die plaas Papekuil, is na ‘n uitgebreide soektog deur die polisie vasgetrek na die moord op Christina Johanna Walters (74). Die moord is Vrydagaand 3 Maart tussen 18:00 en 24:00 gepleeg. Walters se liggaam is ongeveer 30 meter van die plaashuis, met ‘n skietwond in die kop aangetref. Haar arms en hande was met ‘n belt en draad voor om haar lyf vasgemaak. ‘n Bebloede baksteen, waarmee sy vermoedelik geslaan en aangerand is, is ook op die toneel gekry. ‘n Ou haelgeweer het langs haar lyk gelê. ‘n Malawiër wat op die plaas woon en werk, het gesien hoe drie verdagtes vroeër op die plaas aankom. Na 18:00 het hy skote gehoor en bang geraak en gaan wegkruip. ‘n Ruk later hy weggehardloop en na ‘n plaashuis ongeveer 20 kilometer daarvandaan, geloop om hulp te ontbied. Omstreeks 24:00 het hy by die huiseienaar aangeklop en van die skote en die verdagtes vertel. Die polisie is ontbied en omliggende plase is van die voorval in kennis gestel. Olivier is Saterdag 4 Maart ongeveer 3 kilometer verder op die buurplaas Klein Papekuil, waar hy saam met sy vrou woon, gearresteer. Vlok en ‘n 17-jarige familielid wat by Olivier op die plaas gekuier het, is Sondag 5 Maart by hul ouma op die plaas Nwardouw naby die Tankwa

padstal gearresteer nadat hulle hulself aan die polisie oorgegee het. Die plaas is meer as 40 km van die moordtoneel. Vuurwapens gesteel Die mans het tydens die moord met ‘n .38 rewolwer en 9mm pistool en ‘n .303-jaggeweer geroof asook kruideniersware en drank gesteel. Die wapens is op 8 Maart op twee plekke in die Karoo gevind. Die .303-jaggeweer is op die plaas Witwalle weggesteek en later gekry. Die handwapens is ‘n ent daarvandaan naby Netvlakte gekry. Die los ammunisie is op 4 Maart gevind. Klagtes Die polisie het die drie mans van moord en huisroof aangekla. Nog klagtes sal later bygevoeg word. Die DOV het ook die dossier aangevra waarna die saak moontlik na die hooggeregshof oorgeplaas sal word.

Christina Walters (74).


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.26 no.15 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu