WH Her ald Witzenberg
Volume 26 no. 14
R 8.50
Friday, 14 April 2023
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 13 April
Vrydag 14 April
Saterdag 15 April
Sondag 16 April
6° 21°
5° 23°
6° 28°
11° 32°
We are open during
LOADSHEDDING
Ceres Koekedouw dam
38,4% Tulbagh dam
21%
(023) 316-2463
Lesings geneem: 2023/04/12
For T&C’s visit www.steers.co.za
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Borgaansoek uitgestel DIE beplande borgaansoek van ‘n werklose Sedgefield inwoner wat van verkragting aangekla word, is uitgestel sonder dat dit verlede week aangehoor is. Die borgaansoek van die 25-jarige verdagte moes op Dinsdag 11 April aangehoor word maar is uitgestel omrede die aanklaer siek was. Die verdagte word in die Worcester gevangenis aangehou en moet weer op 21 April in die landdroshof verskyn op ‘n verkragtingsklag.
bly agter tralies weens ‘n roofpoging op Ceres. Volgens die polisie het die voorval Maandag 30 Januarie in Voortrekkerstraat voor ‘n kafee plaasgevind. ‘n Vroue werknemer van ‘n kitskosonderneming op die dorp was met nagenoeg R27 000 kontantgeld op pad na Nedbank vir ‘n inbetaling. Die verdagte, Atang Andries (27), het van agter gekom, die geldsak gegryp en na ‘n stoeiery met die vrou, het hy met die sak geld weggehardloop.
Soektog en ondersoek Die man van Sedgefield is na ‘n soektog van 8 maande en goeie speurwerk weens ‘n 2022 verkragtingsvoorval in die Tankwa Karoo, vasgetrek. Speurders van Ceres GKS het die man wat eers later geïdentifiseer kan word as hy gepleit het - op Sedgefield gearresteer en na Ceres gebring weens die verkragting van ‘n 20-jarige vrou van Houtbaai. Die voorval het tussen 1 en 2 Mei 2022 tydens die AfricaBurn geleentheid plaasgevind. Betroubaar word verneem die slagoffer het ‘n senu-ineenstorting na dié fees beleef en is sy in ‘n rehabilitasiekliniek vir behandeling opgeneem waar sy later die voorval by ‘n sielkundige aangemeld en dit onder die polisie se aandag gebring is. Met die hulp van ‘n vriendin wat ‘n foto van die man gekry het en die organiseerders van die AfricaBurn waar feesgangers moet registreer, is die verdagte geïdentifiseer. Een van die speurders het toe sosiale media gebruik om die verdagte, wat ‘n skaatsplank op Facebook te koop aangebied het, te kontak. Kort na die ontmoeting het die polisie hom weens die voorval in hegtenis geneem. Geldsakdief ‘n Geldsakdief wat onwettig in die land is,
Twee wetstoepassers, Zane Farmer en Farren Nel, het vinnig opgetree en kort hierna vir Andries gearresteer en die geld teruggekry en aan die geskokte slagoffer oorhandig. Atang Andries moet weer op 21 April in die Ceres landdroshof verskyn. Hy bly in aanhouding. Die polisie vermoed hy is ‘n Lesotho-burger wat onwettig in die land is. Dwelmsmous Heinrich Olkers (41) van Bella Vista moet weer op 15 Mei in die Tulbagh landdroshof
verskyn weens die besit van meer as 6 000 mandrax tablette. Olkers se borg van R10 000 is verleng. Olkers se voertuig is Maandag 13 Februarie op die R46 pad deur lede van misdaadvoorkoming vir deursoeking voorgekeer. Mandrax pille, toegedraai in swart sakke, is binne die spaarwiel gevind. Die polisie het op sesduisend en agt en negentig (6098) tablette beslag gelê ter waarde van ongeveer R300 000.
Toernooi 'n groot sukses NA maande se harde werk en baie beplanning het Charlie Hofmeyr onlangs ‘n baie geslaagde Hokkiefees aangebied. Daar het 23 hokkiespanne deelgeneem. Hokkiespanne kan nou hul seisoen met hope wedstrydtyd agter die blad, begin. Hokkiespelers het ook afrigting van Elsie Coetzer en haar span van Elite Hockey ECHS ontvang. Nog skoolfotos in die uitgawe
ALLE TOYOTA VOERTUIG EIENAARS
URGENT RECALL CAMPAIGN
ALL RECALL REPAIRS WILL BE PERFORMED FREE OF CHARGE Indien u een van die onderstaande voertuie het, skakel asb. ons diensafdeling om te hoor of u voertuig moet inkom om ‘n recall te doen
2007 - 2009 Corolla en RunX (lugsakke en vensterskakelaar)
Yaris Sedan en Yaris Hatchback (lugsakke en vensterskakelaar)
2007 - 2016 Hilux en Fortuner (lugsakke en spiral cable) Voortrekkerstraat 112 CERES (023) 312-1057
The trusted name in commercial and residential
Waterproofing.
087 094 8092 www.rubberroofs.co.za