Inhoud
Verantwoordelike
Uitgegee deur die Departement Toelating en Studenteadministrasie in Desember 2018. Kommentaar en navrae kan gerig word aan ssc@up.ac.za of tel +27 (0)12 420 3111
Vrywaring: Hierdie publikasie bevat inligting oor reëls, beleide, onderriggelde, kurrikula en programme van die Universiteit soos van toepassing ten tye van die druk daarvan. Wysigings aan of bywerking van die inligting in hierdie publikasie mag van tyd tot tyd sonder vooraf kennisgewing geskied. Die akkuraatheid, betroubaarheid of geldigheid van die inligting vervat in hierdie publikasie word derhalwe nie deur die Universiteit op enige gegewe tydstip gewaarborg nie en is onderhewig aan verifiëring. Die gebruiker word versoek om deurgaans die korrektheid van die gepubliseerde inligting met die Universiteit te bevestig. Versuim om dit te doen, sal nie aanleiding gee tot enige eis of aksie van enige aard teen die Universiteit deur enige party hoegenaamd nie.
Verantwoordelike vakkeuses vir Graad 10 is belangrik
Dit is ʼn groot teleurstelling wanneer Graad 12-leerders en hulle ouers besef dat die vakke wat die leerders geneem het, hulle nie toelaat om vir hulle gekose studierigting aansoek te doen nie. Dit gebeur selfs dat hulle die regte vakke gekies het, maar nie aan die minimum toelatingsvereistes voldoen nie.
Twee redes vir hoë uitsakkings is die volgende:
(a) Leerders kies die verkeerde program.
(b) Leerders maak nie seker dat hul Graad 10vakkeuses met hulle gekose program ooreenstem nie.
Hierdie brosjure stel Graad 9-leerders in staat om goeie vakkeuses vir Graad 10 te maak wat vir hulle toegang tot ʼn verskeidenheid programme bied. Leerders het ʼn belangrike verantwoordelikheid in hierdie opsig omdat oningeligte besluite oor vakkeuses hulle toekomstige loopbaanbeplanning kan benadeel. Leerders hoef nie te bekommer nie, want hulle kan beroepsmoontlikhede saam met hulle
ouers en opvoeders oorweeg om te bepaal watter opwindende loopbaan hulle wil volg en watter vakke hulle in Graad 10 moet neem om daardie droom te bewaarheid.
Hierdie brosjure is ‘n unieke, stap-vir-stap gids wat Graad 9-leerders in staat sal stel om sinvolle vakkeuses vir Graad 10 te maak.
Stappe om te volg
Maak inligting bymekaar oor moontlike beroepsgeleenthede
Hierdie stap is dikwels die moeilikste en die een wat ouers en leerders moedeloos maak, veral as leerders werklik nie weet watter loopbaan hulle eendag wil volg nie. Die doel met hierdie stap moet egter nie noodwendig wees om te besluit op ʼn spesifieke beroep nie, maar eerder op ʼn breë beroepsbelangstellingsveld, bv gesondheidswetenskappe, sosiale wetenskappe, natuurwetenskappe, ingenieurswese, ens.
Dit is daarom nodig dat leerders self soveel as moontlik inligting moet inwin oor moontlike beroepsbelangstellingsvelde wat by hulle eie belangstellings en persoonlikhede pas. Ouers kan hier ʼn groot rol speel en baie help omdat hulle meer weet van die eise wat spesifieke beroepe stel. Dit is belangrik dat leerders met advies ondersteun en begelei moet word om sover as moontlik uiteindelik hul EIE keuse te maak. Sodoende word die leerders se selfbeeld ontwikkel en neem hulle eienaarskap van hul besluite. Daar is verskeie bronne waarin meer inligting oor beroepsbelangstellingsvelde gekry kan word. Een sodanige bron wat aanbeveel word, is die webwerf van PACE Careers.
Leerders kan die volgende stappe volg:
Gaan na www.pacecareers.com.
Klik op ‘Services’.
Beweeg af en klik dan op ‘Take the questionnaire’ en dan op ‘Start the questionnaire’.
Registreer om die vraelys te voltooi. Dit bestaan uit 105 eenvoudige stellings waarop die leerder slegs ‘Ja’ of ‘Nee’ moet antwoord.
Sodra die laaste vraag beantwoord is, word ʼn profiel van die leerder se beroepsbelangstellingsvelde vertoon waar baie duidelik aangedui word watter belangstellingsvelde die sterkste is.
Reg langs elke belangstellingsveld is daar ʼn skakel waarop geklik kan word en wat ʼn lys gee van alle moontlike beroepe binne die betrokke belangstellingsveld.
Indien daar op ʼn spesifieke beroep geklik word, kry die leerder inligting in verband met die beroep, insluitende ʼn opsomming oor wat die beroep behels, vakke wat vereis word en beroepsmoontlikhede.
Daar word verder aanbeveel dat leerders tyd aan skaduwerk moet bestee. Sodoende kan leerders die werksomgewing ervaar wat ʼn kritieke aspek is wanneer ʼn besluit oor ʼn spesifieke beroep geneem moet word.
Die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) en die Onafhanklike Eksamenraad (Independent Examination Board – IEB)-sertifikaat
Die Universiteit van Pretoria aanvaar NSC/ IEB-resultate wat deur Umalusi bekragtig is vir baccalaureusstudies, maar leerders moet ook voldoen aan die minimum toelatingsvereistes wat van toepassing is op voorgraadse programme in ons 9 Fakulteite.
Daar word van Graad 9-leerders verwag om minstens SEWE vakke in hul vakpakket vir Graad 10 in te sluit wat bestaan uit:
Vier verpligte vakke:
Huistaal
Eerste Addisionele Taal
Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid
Lewensoriëntering
Drie NSC 20-krediet keusevakke wat by die skool aangebied word
Maak seker dat jy bewus is van die toelatingsvereistes om aan ʼn tersiêre instansie te studeer
Voorbeelde van tersiêre instansies sluit in universiteite, universiteite van tegnologie, kolleges vir verdere onderwys en opleiding (VOO)- en privaatkolleges. Daar is twee stelle toelatingsvereistes waaraan voornemende studente uiteindelik met hul Graad 11- en/of Graad 12-uitslae sal moet voldoen om aan ‘n tersiêre instansie te studeer:
Toelatingsvereistes van die Departement van Onderwys
Die statutêre minimum vereistes vir graadstudie is ʼn Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) of ʼn
Onafhanklike Eksamenraad (Independent Examination Board – IEB)-sertifikaat met ʼn minimum prestasievlak van 4 (50–59%) in vier erkende NSS 20-kredietvakke.
Toelatingsvereistes van die verskillende tersiêre instansies
Hierdie toelatingsvereistes sluit fakulteitspesifieke toelatingsvereistes in. Let daarop dat die verskillende tersiêre instansies verskillende toelatingsvereistes het. Vir die toelatingsvereistes wat deur die Universiteit van Pretoria gestel word, besoek www.up.ac.za > study.
Word ʼn JuniorTukkie StAp 06
Die JuniorTukkie-program van die Departement Toelating en Studenteadministrasie aan die Universiteit van Pretoria is begin om leerders in Grade 9, 10, 11 en 12 te help om verantwoordelike studie- en loopbaankeuses te maak.
Die JuniorTukkie-inisiatief ontwikkel ook belangrike vaardighede om leerders beter toe te rus vir die uitdagings wat hulle in hul persoonlike en ook professionele hoedanigheid kan teëkom. Die JuniorTukkie-program bied onder meer ʼn groot verskeidenheid dienste vir leerders en studente soos eerstehandse inligting oor studie- en loopbaanopsies, leierskap-, lewensvaardigheid- en studievaardigheidontwikkeling, sowel as betrokkenheid by gemeenskapsprojekte en veel meer. Leerders met ʼn minimum akademiese gemiddeld van 70% kan vir lidmaatskap van die JuniorTukkieklub aansoek doen. Lidmaatskap van die JuniorTukkie-klub is kosteloos.
Kyk net na al die voordele waarin JuniorTukkies kan deel:
Twee aanlyn uitgawes per jaar van die JuniorTukkie-tydskrif propvol kampusinligting en inligting oor die verskillende fakulteite en programme wat ons aanbied.
Toegang tot ons JuniorTukkie-webblad en JT App, waar onder meer ook studiegidse vir ʼn aantal skoolvakke afgelaai kan word, geleenthede lewendig uitgesaai word, en so meer.
Toegang tot nuttige eksamenwenke.
Persoonlike uitnodigings na geleenthede en funksies wat die Universiteit van Pretoria aanbied.
Regstreekse toegang tot die JuniorTukkiekantoor om met jou navrae te help.
Bystand om te verseker dat jou aansoekproses glad verloop wanneer jy in jou Graad 12-jaar aansoek doen vir toelating tot studie aan die Universiteit van Pretoria.
Toegang tot die JuniorTukkie Somer- en Winterskole.
Toegang tot e-leer-verrykingsprogramme in Wiskunde en Fisiese Wetenskap.
Toegang tot die Lectorsaleesontwikkelingsprogram.
Maak ‘n slim Graad 10-vakkeuse op grond van die betrokke programvereistes.
Universiteit van Pretoria toelatingsvereistes vir programme in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe Graad 10-vakpakket
Minimum vereistes vir 2020 Leerders wat in hierdie UP-programme belangstel, MOET die vakke in die kolom hieronder insluit in hulle NSS/IEB Graad 10-vakpakket
programme
Om jou Graad 10-vakpakket vol te maak, kan jy enige addisionele 20-krediet NSC/IEB-vakke wat deur jou skool aangebied word, kies
Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees
Wiskunde
Lewensoriëntering
Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees
Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid
Lewensoriëntering
Universiteit van Pretoria toelatingsvereistes vir programme in die Fakulteit Opvoedkunde Graad 10-vakpakket programme
prestasievlak
Engels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal
Minimum vereistes vir 2020 Leerders wat in hierdie UP-programme belangstel, MOET die vakke in die kolom hieronder insluit in hulle NSS/IEB Graad 10-vakpakket
tpt
NSS/IEB
BEd (Grondslagfase-onderwys)
[Voorskool tot Graad 3] 4
BEd (Intermediêrefase-onderwys)
[Graad 4 tot 6]
BEd (Seniorfase- en Verdere Onderwys en Opleidingonderwys)
[Graad 7 tot 12]
Hoër Sertifikaat in Sportwetenskap Onderwys
BEd (Seniorfase- en Verdere Onderwys en Opleidingonderwys)
[Graad 7 tot 12]
(Natuurwetenskappe opsie)
Additionele vakvereistes:
Fisiese Wetenskap 5 (60-69%)
Wiskunde 5 (60-69%)
BEd (Seniorfase- en Verdere Onderwys en Opleidingonderwys)
[Graad 7 tot 12]
(Ekonomiese- en bestuurswetenskappe opsie)
Additionele vakvereiste:
28 (26–27 toelating op grond van die NBT)

(26–27 admission based on the NBT)
Om jou Graad 10-vakpakket vol te maak, kan jy enige addisionele 20-krediet
NSC/IEB-vakke wat deur jou skool aangebied word, kies
Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees
Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid
Lewensoriëntering
(26–27 toelating op grond van die NBT)
Wiskunde 4 (50-59%) 4 28 (26–27 toelating op grond van die NBT)
Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees
Wiskunde
Fisiese Wetenskap

Universiteit van Pretoria toelatingsvereistes vir programme in die Fakulteit Ingenieurswese, Bou-omgewing en Inligtingtegnologie Graad 10-vakpakket
programme
Minimum vereistes vir 2020
Leerders wat in hierdie UP-programme belangstel, MOET die vakke in die kolom hieronder insluit in hulle NSS/IEB Graad 10-vakpakket
Om jou Graad 10-vakpakket vol te maak, kan jy enige addisionele 20-krediet NSC/IEB-vakke wat deur jou skool aangebied word, kies
Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees
Wiskunde
Fisiese Wetenskap
Lewensoriëntering
Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees
Wiskunde
Fisiese Wetenskap of Rekeningkunde
Lewensoriëntering
BS&S –Baccalaureus
Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees
Wiskunde
Lewensoriëntering
SKOOL VIR
INGENIEURSWESE
(Bedryfsingenieurswese)
Leerders wat in hierdie UP-programme belangstel, MOET die vakke in die kolom hieronder insluit in hulle NSS/IEB Graad 10-vakpakket
Om jou Graad 10-vakpakket vol te maak, kan jy enige addisionele 20-krediet
NSC/IEB-vakke wat deur jou skool aangebied word, kies
Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees
Wiskunde
Lewensoriëntering BIng (Chemiese Ingenieurswese)
(Elektroniese
Fisiese Wetenskap
Leerders wat in hierdie UP-programme belangstel, MOET die vakke in die kolom hieronder insluit in hulle NSS/IEB Graad 10-vakpakket
Om jou Graad 10-vakpakket vol te maak, kan jy enige addisionele 20-krediet
NSC/IEB-vakke wat deur jou skool aangebied word, kies
Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees Wiskunde Lewensoriëntering
SKOOL VIR
INLIGTINGTEGNOLOGIE
Minimum vereistes vir 2020 Graad 10-vakpakket prestasievlak
Engels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal Wiskunde
BIS (Inligtingkunde) 4
BIS (Uitgewerswese) 5
(25–27 toelating op grond van die NBT)
Minimum vereistes vir 2020
Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal
BDiv –
–
Leerders wat in hierdie UP-programme belangstel, MOET die vakke in die kolom hieronder insluit in hulle NSS/IEB Graad 10-vakpakket
Om jou Graad 10-vakpakket vol te maak, kan jy enige addisionele 20-krediet
NSC/IEB-vakke wat deur jou skool aangebied word, kies
Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees
Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid
Lewensoriëntering
Leerders wat in hierdie UP-programme belangstel, MOET die vakke in die kolom hieronder insluit in hulle NSS/IEB Graad 10-vakpakket
Om jou Graad 10-vakpakket vol te maak, kan jy enige addisionele 20-krediet
NSC/IEB-vakke wat deur jou skool aangebied word, kies
Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees
Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid
Lewensoriëntering
Universiteit van Pretoria toelatingsvereistes vir programme in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe Graad 10-vakpakket
Minimum vereistes vir 2020 Leerders wat in hierdie UP-programme belangstel, MOET die vakke in die kolom hieronder insluit in hulle NSS/IEB Graad 10-vakpakket
prestasievlak
programme
Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal
–
Chirurgiae Dentium
Om jou Graad 10-vakpakket vol te maak, kan jy enige addisionele 20-krediet
NSC/IEB-vakke wat deur jou skool aangebied word, kies
Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele
Taalvlak moet wees
Wiskunde
Fisiese Wetenskap (of Lewenswetenskappe slegs vir BSportSci)
Lewensoriëntering
BKMP –
–
Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele
Taalvlak moet wees
Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid
Lewensoriëntering
Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele
Taalvlak moet wees
Wiskunde
Lewensoriëntering
Universiteit van Pretoria toelatingsvereistes vir programme in die Fakulteit Geesteswetenskappe Graad 10-vakpakket programme
prestasievlak
Minimum vereistes vir 2020 Leerders wat in hierdie UP-programme belangstel, MOET die vakke in die kolom hieronder insluit in hulle NSS/IEB Graad 10-vakpakket
Engels Huistaal of Engels Eerste Addisionele
BA (Oudiologie)
Baccalaureus in Maatskaplike Werk (BMW) 5 -
Om jou Graad 10-vakpakket vol te maak, kan jy enige addisionele 20-krediet NSC/IEB-vakke wat deur jou skool aangebied word, kies
Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees
Wiskunde
Lewensoriëntering
Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees
Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid
Lewensoriëntering
BSocSci (Bedryfsosiologie en Arbeidstudies)
BSocSci (Erfenis- en Kultuurtoerisme)
BPolSci (Internasionale Studies)
BPolSci (Politieke Studies)
(Beeldende Kunste)
(Inligtingsontwerp)
(Visuele Studies)
Musiek (BMus)
Baccalaureus in Drama (BDram) 5
BSocSci (Filosofie, Politiek en Ekonomie)
Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele
Taalvlak moet wees
Wiskunde
Lewensoriëntering
Minimum vereistes vir 2020
prestasievlak
Universiteit van Pretoria toelatingsvereistes vir programme in die Fakulteit Regsgeleerdheid Graad 10-vakpakket program
Engels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal
Leerders wat in hierdie UP-programme belangstel, MOET die vakke in die kolom hieronder insluit in hulle NSS/IEB Graad 10-vakpakket
Om jou Graad 10-vakpakket vol te maak, kan jy enige addisionele 20-krediet
NSC/IEB-vakke wat deur jou skool aangebied word, kies
Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele
Taalvlak moet wees
Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid
Lewensoriëntering
Universiteit van Pretoria toelatingsvereistes vir programme in die Fakulteit Veeartsenykunde Graad 10-vakpakket programme
Engels Huistaal of Engels Eerste Addisionele Taal
prestasievlak
Baccalaureus in Veaartsenykunde (BVSc)
Baccalaureus in Veterinêre Verpleegkunde (BVetNurs)
Leerders wat in hierdie UP-programme belangstel, MOET die vakke in die kolom hieronder insluit in hulle NSS/IEB Graad 10-vakpakket
Om jou Graad 10-vakpakket vol te maak, kan jy enige addisionele 20-krediet
NSC/IEB-vakke wat deur jou skool aangebied word, kies
Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees
Wiskunde
Fisiese Wetenskap
Lewensoriëntering
Universiteit van Pretoria toelatingsvereistes vir programme in die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe Graad 10-vakpakket
Minimum vereistes vir 2020
prestasievlak
programme
BSc (Biochemie)
BSc (Biologiese Wetenskappe)
BSc (Dierkunde)
BSc (Entomologie)
BSc (Genetika)
BSc (Mensgenetika)
BSc (Mensfisiologie)
BSc (Mensfisiologie, Genetika en Sielkunde)
BSc (Mediese Wetenskappe)
BSc (Mikrobiologie)
BSc (Plantkunde)
BSc (Chemie)
BSc (Fisika)
BSc (Geografie)
BSc (Geoinformatika)
BSc (Geologie)
BSc (Meteorologie)
BSc (Omgewingswetenskappe)
BSc (Omgewings- en Ingenieursgeologie)
BSc (Kulinêre Wetenskap)
BSc (Voedselwetenskap)
BSc (Voeding)
BScAgric (Landbouekonomie en Agribesigheidsbestuur)
BScAgric (Veekunde)
BScAgric (Plantpatologie)
BScAgric (Toegepaste Plant- en Grondwetenskappe)
Leerders wat in hierdie UP-programme belangstel, MOET die vakke in die kolom hieronder insluit in hulle NSS/IEB Graad 10-vakpakket
Om jou Graad 10-vakpakket vol te maak, kan jy enige addisionele 20-krediet
NSC/IEB-vakke wat deur jou skool aangebied word, kies
Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees
Wiskunde
Fisiese Wetenskap
Lewensoriëntering
(Aktuariële en Finansiële
Engels
Leerders wat in hierdie UP-programme belangstel, MOET die vakke in die kolom hieronder insluit in hulle NSS/IEB Graad 10-vakpakket
Om jou Graad 10-vakpakket vol te maak, kan jy enige addisionele 20-krediet
NSC/IEB-vakke wat deur jou skool aangebied word, kies
Twee tale waarvan Engels een moet wees en waarvan ten minste een op Huistaalvlak en die ander op Eerste Addisionele Taalvlak moet wees
Lewensoriëntering BSc (Wiskunde)

Universiteit van Pretoria kontakinligting
Leerders en ouers is baie welkom om die Departement Toelating en Studenteadministrasie by die Universiteit te kontak vir enige navrae en advies.
Tel +27 (0)12 420 3111 | E-pos ssc@up.ac.za | Webwerf www.up.ac.za
Fisiese adres
Universiteit van Pretoria, hv Lynnwoodweg en Roperstraat, Hatfield
Posadres
Universiteit van Pretoria, Privaatsak X20, Hatfield 0028
JuniorTukkie kontakinligting
Tel +27 (0)12 420 5102/6606 | E-pos junior.tukkie@up.ac.za Webwerf www.up.ac.za/juniortukkie